{"id":26768,"date":"2013-05-12T15:29:51","date_gmt":"2013-05-12T15:29:51","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/noord-kaap-in-geskiedkundige-sege-oor-waterkloof\/"},"modified":"2013-05-12T15:29:51","modified_gmt":"2013-05-12T15:29:51","slug":"noord-kaap-in-geskiedkundige-sege-oor-waterkloof","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=26768","title":{"rendered":"Noord-Kaap in geskiedkundige sege oor Waterkloof"},"content":{"rendered":"<p>HO\u00cbRSKOOL NOORD-KAAP se eerste rugbyspan het Saterdag nog \u2018n bladsy in sy trotse geskiedenis geskryf. Die span het \u2018n onwaarskynlike oorwinning van 34-30 oor Ho\u00ebrskool Waterkloof van Pretoria op Pirates in Kimberley behaal.<\/p>\n<p>Die span se dag is versuur deurdat sy flank, Luaan Dowie deur die skeidsregter Francois de Bruin vir vuilspel van die veld gestuur is. Die voorval het slegs na 15 minute se spel in die kragmeting gebeur. Northerns moes ook sonder sy beseerde kaptein en slot, Lehan Muller in die wedstryd ingaan.<\/p>\n<p>Die span se afrigter, Henk Brand het sy span se vertoning as een van die bestes nog sedert hy afrigter van die span is beskryf. Die span se buitesenter, Dimitrio Tieties het laat in die kragmeting die wendrie gaan druk na Northerns vanuit sy eie kwartgebied \u2018n aanval geloods het.<\/p>\n<p>Die span se vleuel, Hillford Clarke het sy goeie spelpeil di\u00e9 seisoen ook voorgesit. Hy het twee keer gaan druk.<\/p>\n<p>Northerns het sedert 2008 op sy tuisveld Pirates in Kimberley nog nie die knie gebuig nie. Sy laaste nederlaag in die<\/p>\n<p>Diamantstad was teen Landboudal van Jacobsdal in hulle ligawedstryd van daardie jaar.<\/p>\n<p>Voorlangs het die stut Doctor Booysen, agtsteman Gerhard Holtzhausen en slot Thulani Njenje goed vir die wenspan vertoon. Die span se kaptein en senter, Luke Mason was egter sy span se beste speler op die dag. Hy was rotsvas op verdediging en het ook die verdediging goed georganiseer.<\/p>\n<p>Diamantveld het Saterdag op die bes moontlike manier sy vertonings op die Wildeklawer-toernooi agter hom gesit. Die span van Kimberley het in Upington vir Ho\u00ebrskool Upington 43-17 verslaan.<\/p>\n<p>Voorlangs was die span se agtsteman, Jacques van Zyl soos gewoontlik op sy stukke. Agterlangs was die senterpaar Ruan Maritz en Jacques Nel verwoestend. Die losskakel Deon van Zyl verdien ook lof vir sy goeie stelskopwerk tydens die wedstryd. Die vleuel Jon-Pierre Abrahams mag ook maar met sy kop omhoog loop.<\/p>\n<p>Landboudal het \u2018n oortuigende sege van 33-8 oor Fichardtpark op Landboupark net buite Jacobsdal behaal. Lanties en Fichies het vroe\u00ebr vanjaar 19-elk gelykop gespeel. Vir die wenspan het die flank Haas Benad\u00e9, losskakel Louwtjie Steenkamp en flank Danie du Toit uitgeblink.<\/p>\n<p>Duineveld het teen Waterkloof se tweede span 20-14 as oorwinnaars van die veld gestap. Die span se agtsteman Junior Burger en stut Jan-Hendrik van Wyk was aan die spits van die sege.<\/p>\n<p>Ho\u00ebrskool Upington het Woensdag teen die toerspan van Ho\u00ebrskool Windhoek 24-elk gelykop gespeel.<\/p>\n<p>Postmasburg het in die doodsnikke van sy ligawedstryd teen Douglas \u2018n strafdoel reg voor die pale oorgeklits om \u2018n naelskraapse sege van 17-16 te behaal.<\/p>\n<p>Puntemakers:&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Noord-Kaap 34 (10) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Hillford Clarke (2), Dimitrio Tieties, Doctor Booysen, Leon Becker. Doelskoppe: Tieties (3). Strafdoel: Tieties. <strong>Waterkloof 30 (9) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Xander van Wyk, JP Snyman, Jeandr\u00e9 Machau. Doelskoppe: Tinus de Beer (3). Strafdoele: De Beer (3).&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Diamantveld 43 (22) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Jacques Nel (2), Ronaldo Abrahams, Jacques van Zyl, Deon van Zyl, Christo Breytenbach. Doelskoppe: Deon van Zyl (5). Strafdoel: Van Zyl. <strong>Ho\u00ebrskool Upington 17 (10) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Jasper Wiese, Louw Scholtz, Elwin Steenkamp.Doelskop: DJ van den Heever.<\/p>\n<p><strong>Landboudal 33 \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Henoux Benad\u00e9, Adriaan Britz, Guillaume Oberholster, Morris Rossouw, JD Mans. Doelskoppe: Rossouw (4). <strong>Fichardtpark 8<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Duineveld 20 (13) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Ryno Nel, Jan-Hendrik van Wyk, Gideon Coetzee. Doelskop: Attie Brits. Strafdoel: Brits. <strong>Waterkloof II 14 (0)<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Upington 24 \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Jasper Wiese, Gert Ruping, Roch\u00e9 Naud\u00e9, Sergio Boer. Doelskoppe: DJ van den Heever (2). <strong>Ho\u00ebrskool Windhoek 24<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Douglas 16 \u2013<\/strong> Drie: Nohan Visser. Doelskop: Morn\u00e9 Morolong. Strafdoele: Morolong (3). <strong>Postmasburg 17<\/strong>.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>HO\u00cbRSKOOL NOORD-KAAP se eerste rugbyspan het Saterdag nog \u2018n bladsy in sy trotse geskiedenis geskryf. Die span het \u2018n onwaarskynlike oorwinning van 34-30 oor Ho\u00ebrskool Waterkloof van Pretoria op Pirates in Kimberley behaal. Die span se dag is versuur deurdat sy flank, Luaan Dowie deur die skeidsregter Francois de Bruin vir vuilspel van die veld [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-26768","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26768","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26768"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26768\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26768"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26768"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26768"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}