{"id":26784,"date":"2013-05-27T08:08:38","date_gmt":"2013-05-27T08:08:38","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/dowie-vir-80-weke-geskors\/"},"modified":"2013-05-27T08:08:38","modified_gmt":"2013-05-27T08:08:38","slug":"dowie-vir-80-weke-geskors","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=26784","title":{"rendered":"Dowie vir 80 weke geskors"},"content":{"rendered":"<p>\u2019n Skolerugbyspeler is vir 80 weke uit rugby geskors nadat hy \u2019n speler van die Ho\u00ebrskool Waterkloof in Pretoria met die vuis geslaan en daarna met die kop gestamp het.<\/p>\n<p>Luaan Dowie (18), eerstespan-flank van die Ho\u00ebrskool Noord-Kaap, sal eers weer in 2015 kan rugby speel.<\/p>\n<p>Die Griekwaland-Wes-rugbyunie (GWRU) het Dowie eergister gestraf vir die slanery sowat twee weke gelede in die wedstryd tussen die skole se eerste spanne in Kimberley.<\/p>\n<p>Na verneem word, het Dowie vir die Ho\u00ebrskool Garsfontein, buurskool van Waterkloof, gespeel voordat hy deur Noord-Kaap \u201cgekoop\u201d is.<\/p>\n<p>Arni van Rooyen, uitvoerende hoof van die GWRU, s\u00ea dit \u201cis \u2019n baie sterk boodskap na buite dat sulke vuil spel nie geduld sal word nie\u201d.<\/p>\n<p>\u201cDit is iets wat nie op enige rugbyveld tuishoort nie, wat nog te s\u00ea in skolewedstryde,\u201d het Van Rooyen ges\u00ea.<\/p>\n<p>Jeandr\u00e9 de Beer, Waterkloof se slot wat onder Dowie deurgeloop het, het gisteraand ges\u00ea dis \u2019n swaar straf, maar \u201c\u2009\u2019n mens moet maar twee maal dink voordat jy vuil speel\u201d.<\/p>\n<p>Dowie het n\u00e1 slegs 15 minute se spel in die kragmeting \u2019n rooi kaart van die skeidsregter, Francois de Bruin, gekry vir die vuishou op Jeandr\u00e9.<\/p>\n<p>Jeandr\u00e9 vertel: \u201cDie game was nog nie lank aan die gang nie. Daar was \u2019n losgemaal en ek moes die speler (Dowie) uit die gemaal haal.<\/p>\n<p>\u201cEk het net daarna omgedraai, toe pluk hy my terug. Ek het op my rug geval. My hand het hom skrams tydens die val getref.<\/p>\n<p>\u201cToe voel ek \u2019n vuishou in my gesig. Ek het bly l\u00ea. Hy het \u2019n rooi kaart gekry. Toe kom hy weer na my. Ek het hom net uit die hoek van my oog gesien nadat die noodhulppersoneel klaar met my was.<\/p>\n<p>\u201cHy het my met die kop teen my lip geslaan en ek het geval. Daar was nog vuishoue, maar ek het net my kop vasgehou en my o\u00eb toegeknyp. My kop was seer daarna en my lip was stukkend, maar ek het weer gaan speel. \u2019n Mens verwag maar rofheid in \u2019n game.\u201d<\/p>\n<p>Dowie was \u2019n sterk gunsteling om vanjaar in Griekwas se Cravenweek-rugbyspan ingesluit te word.<br \/>Henk Brand, skoolhoof en afrigter van Noord-Kaap se eerste span, het gister ges\u00ea Dowie is intussen terug in die skool.<\/p>\n<p>Hy was ingevolge die bepalings van die Skolewet vir sewe dae nie in die skool nie.<\/p>\n<p>Dowie het beweer hy is net voor die voorval deur Jeandr\u00e9 in die oog gekrap. Terwyl die skeidsregter, Francois de Bruin, die rooi kaart terug in sy kous gedruk het, het Dowie met die kop geslaan.<\/p>\n<p>Toe Dowie uiteindelik die veld verlaat, het Waterkloof se ondersteuners hom uitgejou waarna hy na bewering vir hulle \u2019n lelike handgebaar gewys het.<\/p>\n<p>In Welkom in die Vrystaat is Edrich Lonergan (16) van Welkom-Gimnasium na bewering Saterdag in die gesig geskop tydens \u2019n wedstryd teen HTS Welkom op Gimnasium se veld, berig Tom de Wet.<\/p>\n<p>Volgens ooggetuies was die skop in Edrich se gesig \u201cso hard soos wat jy \u2019n sokkerbal na die doelpale sou skop\u201d.<br \/>Edrich se pa, John Lonergan, het gister \u2019n prokureursbrief aan HTS Welkom en die Noord-Vrystaatse Ho\u00ebrskole-rugbyunie gestuur.<\/p>\n<p>Hy het ges\u00ea hy sal wag met stappe totdat hy sien wat van die rugbytugsaak word.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Skolerugbyspeler is vir 80 weke uit rugby geskors nadat hy \u2019n speler van die Ho\u00ebrskool Waterkloof in Pretoria met die vuis geslaan en daarna met die kop gestamp het. Luaan Dowie (18), eerstespan-flank van die Ho\u00ebrskool Noord-Kaap, sal eers weer in 2015 kan rugby speel. Die Griekwaland-Wes-rugbyunie (GWRU) het Dowie eergister gestraf vir die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-26784","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26784","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26784"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26784\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26784"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26784"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26784"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}