{"id":26786,"date":"2013-05-27T08:12:34","date_gmt":"2013-05-27T08:12:34","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/landboudal-se-seisoen-begin-ritme-optel\/"},"modified":"2013-05-27T08:12:34","modified_gmt":"2013-05-27T08:12:34","slug":"landboudal-se-seisoen-begin-ritme-optel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=26786","title":{"rendered":"Landboudal se seisoen begin ritme optel"},"content":{"rendered":"<p>DIE eerste rugbyspan van Landboudal net buite Jacobsdal is besig goeie ritme op te bou. Die span het op sy tuisveld, Landboupark vir Ho\u00ebrskool Kathu 73-10 afgeslag. Lanties het ook in sy vorige wedstryd teen Fichardtpark gewys dat sy seisoen besig is om momentum op te bou.<\/p>\n<p>Die span se veelsydige agterspeler, Morris Rossouw het 23 van sy span se punte in die sege aangeteken. Hy het een van sy span se 11 drie\u00eb gedruk en ook nege van die drie\u00eb verdoel. Die blitsige, JD Mans is die enigste speler wat twee keer vir Lanties gaan druk het.<\/p>\n<p>Diamantveld het om net buite Cradock in \u2018n begeesterde Marlow Landbou 5-58 vasgeloop. Die Wolramme het tien drie\u00eb gedruk waarvan sy losskakel Heini Br\u00fcmm slegs vier verdoel het.<\/p>\n<p>Louis Botha se vleuel, Sheldon Fortuin was met \u2018n driekuns drie\u00eb aan die spits van sy span se belangrike liga-oorwinning van 32-28 oor Jim Fouch\u00e9. Louis Botha is met die oorwinning nou die vroe\u00eb gunsteling om as kampioen van die Vrystaatse A1-liga gekroon te word. Di\u00e9 kampioen van di\u00e9 liga verteenwoordig die Vrystaat in die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga (vir mediumskole). Volksblad is \u2018n medeborg. Die wenspan se SA Skole-stut, Ox Nche het weer \u2018n kragtige vertoning gelewer.<\/p>\n<p>Zastron is steeds onoorwonne in die Vrystaatse B1-liga na hy President Steyn 33-9 getroef het. Die wenspan se losskakel, Nakkie Naud\u00e9 het sy skopskoen aan gehad. Hy het al dries y spanne se drie\u00eb verdoel, twee strafdoele en twee skepdoele tussen die pale gejaag vir \u2018n 100% slaagsyfer.<\/p>\n<p>Brandfort het Ho\u00ebrskool Bloemfontein 66-13 in hulle kragmeting ore aangesit. Die span se agtesman, Jan Serfontein behoort een van die Kiewiete se staatmakers op die Reitzweek te wees as hy op sy vertonings voortbou. Hy het heelwat balle by die afbreekpunte afgeneem. Sy kaptein en flank, Niel Terblanch\u00e9 is nie maklik gestuit wanneer hy die bal onder die arm vasgeknyp het nie.<\/p>\n<p>Berto Janse van Rensburg se goeie aangeewerk het ook groot rol in sy span se sege gespeel. Hy het ook die verdedigers besig gehou met sy dartellopies om die losgemaal.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:&nbsp;<\/strong><\/p>\n<p><strong>Landboudal 73 \u2013<\/strong> Drie\u00eb: JD Mans (2), Buks Neethling, Francois Jacobs, Danie du Toit, Erick Reinecke, Kat Mabaleng, Conrad du Toit, Petri Fourie, Guillaume Oberholzer, Morris Rossouw. Doelskoppe: Rossouw (9). <strong>Kathu 10<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Louis Botha 32 (15) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Sheldon Fortuin (3), Olwethu Ndakisa, Victor Maruping. Doelskoppe: Sharwin Cupido (2). Strafdoel: Cupido. <strong>Jim Fouch\u00e9 27 \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Wian Musgrave, JP Steyn, JP van der Merwe, Eduan Wepener. Doelskop: Ruan Wasserman. Strafdoel: Wasserman (2).&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Zastron 33 \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Hendri Roodt, Rikus Smit, Tumi Slabbert. Doelskoppe: Nakkie Naud\u00e9 (3). Strafdoele: Naud\u00e9 (2). Skepdoele: Naud\u00e9 (2). <strong>President Steyn 9 \u2013<\/strong> Strafdoele: Janus Sander.&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Brandfort 66 (33) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Henco de Wet (3), Drikus Rautenbach (2), Berto Janse van Rensburg (2), Henco Pieterse, Pieter Reynecke, Zandr\u00e9 Groenewald. Doelskoppe: JG Kirk (8). <strong>Ho\u00ebrskool Bloemfontein 13 (13)<\/strong>.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>DIE eerste rugbyspan van Landboudal net buite Jacobsdal is besig goeie ritme op te bou. Die span het op sy tuisveld, Landboupark vir Ho\u00ebrskool Kathu 73-10 afgeslag. Lanties het ook in sy vorige wedstryd teen Fichardtpark gewys dat sy seisoen besig is om momentum op te bou. Die span se veelsydige agterspeler, Morris Rossouw het [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-26786","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26786","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26786"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26786\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26786"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26786"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26786"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}