{"id":26788,"date":"2013-05-27T08:22:02","date_gmt":"2013-05-27T08:22:02","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/gry-bobaas-teen-hoer-jongenskool-paarl\/"},"modified":"2013-05-27T08:22:02","modified_gmt":"2013-05-27T08:22:02","slug":"gry-bobaas-teen-hoer-jongenskool-paarl","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=26788","title":{"rendered":"Grey bobaas teen Ho\u00ebr Jongenskool Paarl"},"content":{"rendered":"<p>GREY-KOLLEGE se eerste rugbyspan het sy onoorwonne rekord sedert 1983 teen die Ho\u00ebr Jongen-skool Paarl (HJS) op sy tuisveld behou toe hy Saterdag met 35-28 as oorwinnaar van die veld gestap het.<\/p>\n<p>Die wenspan se heelagter, EW Viljoen, het sekerlik sy beste vertoning nog vir sy skoolspan gelewer.<\/p>\n<p>Viljoen het telkens wanneer hy aan die bal gevat het, die besoekers van die Paarl se verdediging aan flarde gehardloop. Hy moes die veld \u2019n paar keer verlaat weens \u2019n kopbesering wat kort-kort gebloei het.<\/p>\n<p>Elke keer as hy van die veld was, het Grey se aanvalle minder gevaar vir die besoekers ingehou.<\/p>\n<p>Grey het vroeg \u2019n voorsprong van 20-0 opgebou met die kaptein en flank Marius Louw en vleuel Henry Immelman wat goeie bewegings afgerond het.<\/p>\n<p>Die buitesenter en stelskopper Stephen Rautenbach het albei drie\u00eb verdoel en ook twee strafdoele deur die pale gejaag.<\/p>\n<p>N\u00e1 Immelman se drie het dit gelyk asof Grey die besoekers \u2019n hewige drag slae sou toedien.<\/p>\n<p>HJS se kaptein en voorryman, Thomas du Toit, het sy span aangevuur en ook gaan druk om sy span se gemoedere te lig.<\/p>\n<p>Die spanne het gaan rus met die telling op 27-12.<\/p>\n<p>In die tweede helfte het Stefan Gouws met sy skopskoen en met die hulp van \u2019n drie deur die slot Hein Kritzinger vir Paarl die telling na 27-25 laat krimp.<\/p>\n<p>Die tuisspan se loskopstut, Andrew du Plessis, het kort voor die einde in die linkerkantse hoek oorgeduik om die wedstryd se uitslag te beklink. Hy en die vaskopstut, Ruan Kramer, het die bal goed in die kragmeting gedra.<\/p>\n<p>Die kaptein, Louw, het ook uitmuntend vertoon. <span id=\"U210434885874N\" style=\"font-family: 'Nasdings';\"><br \/>)\u2009<\/span>Grey het Dinsdag ook teen Fichardtpark met 41-7 koning gekraai. Die wedstryd is egter n\u00e1 slegs 30 minute se spel in die eerste helfte gestaak nadat Grey se agtsteman, Reinhardt Arndt, sy arm gebreek het.<\/p>\n<p>Viljoen het \u2019n driekuns van drie\u00eb behaal, terwyl Rautenbach ook twee keer agter Fichies se doellyn gaan kuier het.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:&nbsp;<\/strong><\/p>\n<p><strong>Grey-kollege 35 (27) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Marius Louw, Henry Immelman, Andrew du Plessis, Carel Durow. Doelskoppe: Stephen Rautenbach (3). Strafdoele: Rautenbach (3). <strong>Ho\u00ebr Jongenskool Paarl 28 (12) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Thomas du Toit, Hein Kritzinger, Charlton Jonas. Doelskop: Stefan Gouws (2). Strafdoele: Gouws (3).<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>GREY-KOLLEGE se eerste rugbyspan het sy onoorwonne rekord sedert 1983 teen die Ho\u00ebr Jongen-skool Paarl (HJS) op sy tuisveld behou toe hy Saterdag met 35-28 as oorwinnaar van die veld gestap het. Die wenspan se heelagter, EW Viljoen, het sekerlik sy beste vertoning nog vir sy skoolspan gelewer. Viljoen het telkens wanneer hy aan die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":240,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-26788","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26788","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26788"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26788\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/240"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26788"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26788"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26788"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}