{"id":26805,"date":"2013-05-31T06:09:09","date_gmt":"2013-05-31T06:09:09","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/vrystaat-bied-sy-eie-bondedag-vanjaar-aan\/"},"modified":"2013-05-31T06:09:09","modified_gmt":"2013-05-31T06:09:09","slug":"vrystaat-bied-sy-eie-bondedag-vanjaar-aan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=26805","title":{"rendered":"Vrystaat bied sy eie Bondedag vanjaar aan"},"content":{"rendered":"<p>DIE skolerugbyondersteuners van die Rosestad kry op 15 Junie die geleentheid om nie minder as sewe van vanjaar se 20 Cravenweek-spanne in aksie te sien nie. Die Vrystaatse skolerugby-vereniging (VSRV) bied op di\u00e9 dag op Grey-kollege se velde die eerste Vrystaatse Bondedag aan.<\/p>\n<p>\u201cDaar is \u2018n paar redes hoekom ons besluit het om \u2018n Bondedag te begin. Ons het ervaar dat ons verteenwoordigende spanne op die onderskeie toernooie met dalk te min wedstryd-tyd saam as span opdaag. Ons Cravenweek-span speel byvoorbeeld slegs teen die Griffons en daarna op die Noordelike Bondedag. Ons voel ook ons spanne lewer uitstekende vertonings op die onderskeie toernooi, maar kry min of geen geleentheid om vir voor die ondersteuners by die huis te speel,\u201d het Michael Barker, voorsitter van die VSRV ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die ses Cravenweek-spanne wat op die dag in aksie sal wees is die van Vrystaat, Griekwas, Oostelike Provinsie, Grens-platteland, Oostelike Provinsie-platteland, Griffons en Griekwas-platteland. Die 50ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole vind vanjaar van 8 tot 13 Julie in Polokwane plaas.<\/p>\n<p>Daar sal in totaal 36 verteenwoordigende spanne op die Vrystaatse Bondedag in aksie wees. Die Vrystaat het wel al die Noordelike Bondedag lank terug aangebied, maar die nuwe Vrystaatse Bondedag het gewis die vermo\u00eb om een van die groot dae op die Suid-Afrikaanse skolerugby-program te word.<\/p>\n<p>Die Vrystaat se Cravenweek-span sal in die hoofwedstryd van di\u00e9 dag teen Grens te staan kom. Die Griffons en Griekwas se Cravenweek-spanne sal in die vernaamste voorwedstryd mekaar pak.<\/p>\n<p>Van die Noordelike bonde het ook glo belang gestel om die dag by te woon. Die datum het egter vanjaar met van die Beeld-trofee se wedstryde gebots. Die moontlikheid bestaan dus dat Bloemfonteiners volgende jaar nog meer Cravenweek-spanne in aksie kan sien.<br \/>\nGriekwas en Griekwas-platteland se spanne speel Saterdag teen mekaar. Albei se Cravenweek-spanne sal na di\u00e9 onderskeie kragmetings gefinaliseer word.<\/p>\n<p>Die Vrystaatse Bondedag se bepalings:<\/p>\n<p>Grey se hoofveld \u2013 09:00: Vrystaat Arende t. Griekwas-platteland; 10:20: Griffons Akademie t. Griekwas Akademie; 11:40: Grens-platteland t. Oostelike Provinsie-platteland; 13:00: Vrystaat Akademie t. Grens Akademie; 14:20: Griffons t. Griekwas; 15:40: Vrystaat t. Grens.<\/p>\n<p>Grey Ovaal \u2013 09:00: Griekwas o.16 t. Griffons Flaminke o.16B; 10:20: Vrystaat o.16 t. Vrystaat o.16 XV-tal; 11:40: Griffons Flaminke t. Griekwas o.19; 13:00: Suid-Vrystaat t. Grens-platteland Akademie; 14:20: Vrystaat Kiewiete t. Oostelike Provinsie-platteland Akademie.<\/p>\n<p>GCB \u2013 09:00: Sandveld o.16 t. Griekwas-platteland o.16; 10:20: Vrystaat Kiewiete XV-tal t. Sandveld; 11:40: Griffons o.16 t. Griekwas-platteland o.16; 13:00: Oos-Vrystaat t. Griekwas-platteland; 14:20: Griffons-platteland Akademie t. Griekwas-platteland Akademie.<\/p>\n<p>GCB B-veld \u2013 09:00: Vrystaat LSOB o.16 t. Griffons LSOB o.16; 10:20: Oos-Vrystaat o.16 t. Griekwas o.16B.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>DIE skolerugbyondersteuners van die Rosestad kry op 15 Junie die geleentheid om nie minder as sewe van vanjaar se 20 Cravenweek-spanne in aksie te sien nie. Die Vrystaatse skolerugby-vereniging (VSRV) bied op di\u00e9 dag op Grey-kollege se velde die eerste Vrystaatse Bondedag aan. \u201cDaar is \u2018n paar redes hoekom ons besluit het om \u2018n Bondedag [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":47427,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-26805","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26805","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26805"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26805\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/47427"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26805"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26805"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26805"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}