{"id":26807,"date":"2013-06-03T13:07:35","date_gmt":"2013-06-03T13:07:35","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/griekwas-net-net-bobaas-teen-griekwa-platteland\/"},"modified":"2013-06-03T13:07:35","modified_gmt":"2013-06-03T13:07:35","slug":"griekwas-net-net-bobaas-teen-griekwa-platteland","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=26807","title":{"rendered":"Griekwas net-net bobaas teen Griekwa-platteland"},"content":{"rendered":"<p>GRIEKWALAND-WES se o.18-rugbyspan moes sweet om sy eweknie van Griekwas-Platteland in hul stryd op Diamantveld se veld met 17-14 tot oorgawe te dwing.<\/p>\n<p>Die wenspan het rustyd met net 10-7 voorgeloop. Albei die spanne word vandag vir die 50ste Cravenweektoernooi vir ho\u00ebrskole in \u00adPolokwane gefinaliseer.<\/p>\n<p>Vir die Poubloues het die skrumskakel, GM Bruwer, die vuur verskaf. Hy is tydens die wedstryd vervang en het later tot die spel teruggekeer waarna sy span skielik weer na \u2019n veel beter eenheid gelyk het. Sy onvoorspelbaarheid rondom die losskrums en skrums het die Plattelanders se flanke ook besig gehou.<\/p>\n<p>Die heelagter, Ryan de Wee, was uitmuntend. Sy aanvalle vanuit die laaste vesting was van ho\u00eb gehalte. Hy het homself met sy teenaanvalle \u2019n hele paar keer uit die moeilikheid gehardloop. Die flank BJ Muller het die veld vol gespeel en die besoekers probleme by die afbreekpunte besorg.<\/p>\n<p>Die slot, Bradley Leijdekkers, het ook nie \u2019n voet verkeerd gesit nie. Hy het veral in die vastelos met goeie lopies uitgeblink.<\/p>\n<p>Vir die verloorspan het sy agtsteman, Jasper Wiese, en flank Junior Burger uitgemunt.<\/p>\n<p>Voortrekker het op sy tuisveld op Bethlehem in \u2019n klipharde stryd teen die Afrikaanse Ho\u00ebrskool Kroonstad met 28-21 as oorwinnaar uit die stryd getree. Die Trekkers se agterlyn was die groot verskil tussen die twee spanne. Veral die senterpaar, Junior Smit en Wian van der Watt, was puik. Smit het twee keer gaan druk.<\/p>\n<p>Die Trekkers is onoorwonne in die liga en boaan die puntelys.<\/p>\n<p>Voortrekker het vroeg met 10-0 voorgeloop en ook twee drie\u00eb gaan druk, terwyl die Rooiskool se heelagter, Jeandr\u00e9 Uys, in die koelkas was. Die Rooiskool se voorspelers, met die flank Gerrit Otto en slot Francois Stemmet aan die voorpunt, het telkens teruggeveg en hul span in die kragmeting gehou. Die flank Henry Searle het ook meer as sy deel gedoen.<\/p>\n<p>Die speler van die wedstryd was ongetwyfeld Trekkers se Cravenweek-flank, Andr\u00e9 \u201cSmurf\u201d Janse van Vuuren.<\/p>\n<p>Wilgerivier het sy ligaverpligtinge onoorwonne in die Oos-Vrystaat afgesluit toe hy Reitz met 52-0 pak gegee het. Die span se flank Gerrie Muller het \u2019n driekuns aan drie\u00eb behaal.<\/p>\n<p>Paul Erasmus van Senekal het Vrede met 12-7 in hul kragmeting in di\u00e9 liga geklop.<\/p>\n<p>St. Andrew van Bloemfontein het St. David-kollege met 26-20 uitoorl\u00ea.<\/p>\n<p>Bultfontein het Theunissen in die Sandveld-liga met 53-14 platgevee.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>GRIEKWALAND-WES se o.18-rugbyspan moes sweet om sy eweknie van Griekwas-Platteland in hul stryd op Diamantveld se veld met 17-14 tot oorgawe te dwing. Die wenspan het rustyd met net 10-7 voorgeloop. Albei die spanne word vandag vir die 50ste Cravenweektoernooi vir ho\u00ebrskole in \u00adPolokwane gefinaliseer. Vir die Poubloues het die skrumskakel, GM Bruwer, die vuur [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-26807","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26807","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26807"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26807\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26807"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26807"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26807"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}