{"id":26824,"date":"2013-06-06T09:58:28","date_gmt":"2013-06-06T09:58:28","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wolramme-bo-teen-framesby\/"},"modified":"2013-06-06T09:58:28","modified_gmt":"2013-06-06T09:58:28","slug":"wolramme-bo-teen-framesby","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=26824","title":{"rendered":"Wolramme bo teen Framesby"},"content":{"rendered":"<p>Marlow het Saterdag, 1 Junie, met elf spanne rugby gespeel teen Ho\u00ebrskool Framesby. Die wedstryde het in Port Elizabeth plaasgevind. Marlow se spanne het goeie konstruktiewe rugby gespeel en wen sewe van die elf wedstryde.<\/p>\n<p>In die hoofwedstryd klop Marlow vir Framesby 31-30. Die wedstryd is gekenmerk deur beide spanne wat mekaar behoorlik aangevat het op die verdediging en ook krag-rugby op die aanval.<\/p>\n<p>Marlow het die eerste punte van die wedstryd aangeteken. Francois Swanepoel, buitesenter, gaan druk Marlow se eerste drie onder die pale. Peet Schoeman, binnesenter, het die lyn gebreek en vir Francois in die gaping gesit. Dirk van Wyk, heelagter, verdoel die drie.<\/p>\n<p>Hierna het die tuisspan baie goeie rugby gespeel. Framesby het hul voorspelers met goeie aanvallende lyne rondom die afbreekpunte gebruik. Dit het gelei tot effektiewe momentum. Framesby druk twee verdoelde drie\u00eb en slaag ook met twee strafdoele wat Erns Stapelberg, losskakel, deur die pale jaag. Marlow het ook geleenthede gehad om punte aan te teken, maar kon nie afrond nie. Framesby se verdediging was rotsvas. Die haltydtelling kom te staan op 20-7 in Framesby se guns.<\/p>\n<p>In die tweede helfte val albei spanne verwoed aan. Framesby gebruik hul kans eerste en druk nog \u2018n verdoelde drie.<\/p>\n<p>Die Wolramme het met elke geleentheid tussen voor-en agterspelers die bal wyer begin gedra. Hierdie spel het gelei tot een van die beste terugveg pogings deur \u2018n skolespan vanjaar. Marlow druk hul tweede drie, deur skitter spel van hul agterlyn. Peet Schoeman breek weer die verdediging en soek aansluiting by Dirk van Wyk, heelagter, wat by die agterlyn aansluit. Chuiner van den Heever, linkervleuel, het ook werk kom soek aan die regterkant en bewerkstellig \u2018n oop spasie vir Michael Botha. Michael Botha, regtervleuel, gaan druk Marlow se tweede drie.<\/p>\n<p>Marlow val hierna weer aan met hul voorspelers en wen goeie gebiedsvoordeel. Marlow se skrumskakel, Hendrik Venter, duik oor die doellyn na \u2018n goeie breekslag. Dirk van Wyk verdoel die drie.<\/p>\n<p>Framesby het ook met tye die bal gedra, maar die besoekers het baie druk op hul geplaas. Erns Stapelberg, losskakel van Framesby, slaag met \u2018n skitter skepdoel van sowat 55m.<\/p>\n<p>Dit het die Wolramme nog meer vasberade gemaak en Peet Schoeman, wat \u2018n skitter wedstryd beleef het, duik oor die doellyn vir Marlow se vierde drie. Peet het weer die verdediging van Framesby getroef en klop vyf spelers en rond self af. Dirk van Wyk slaag met \u2018n moeilike verdoelskop en die telling kom te staan op 30-26 vir Framesby.<\/p>\n<p>Marlow het in die laaste vyf minute van die wedstryd die bal effektief gedra en teen die sterk wind goeie rugby gespeel. Hierdie aanvallende spel deur die besoekers het gelei tot \u2018n strafdoel wat Heini Br\u00fcmm, losskakel, uitskop in die hoekie. Marlow se voorspelers wen die lynstaan, dryf effektief en druk die wendrie in die doodsnikke van die wedstryd. Marco Blom, haker, duik oor die doellyn.<\/p>\n<p>Albei spanne moet gekomplimenteer word met kilpharde en skoon rugby. Marlow kan trots wees op die feit dat hulle vanaf 27-7 in die tweede helfte, teruggeveg het teen \u2018n sterk wind. Welgedaan Wolramme<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Marlow het Saterdag, 1 Junie, met elf spanne rugby gespeel teen Ho\u00ebrskool Framesby. Die wedstryde het in Port Elizabeth plaasgevind. Marlow se spanne het goeie konstruktiewe rugby gespeel en wen sewe van die elf wedstryde. In die hoofwedstryd klop Marlow vir Framesby 31-30. Die wedstryd is gekenmerk deur beide spanne wat mekaar behoorlik aangevat het [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-26824","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26824","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26824"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26824\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26824"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26824"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26824"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}