{"id":26829,"date":"2013-06-08T08:50:45","date_gmt":"2013-06-08T08:50:45","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/baie-op-spel-vir-vs-se-delicado-teen-perses\/"},"modified":"2013-06-08T08:50:45","modified_gmt":"2013-06-08T08:50:45","slug":"baie-op-spel-vir-vs-se-delicado-teen-perses","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=26829","title":{"rendered":"Baie op spel vir VS se Delicado teen Perses"},"content":{"rendered":"<p>Die Vrystaatse o.18-losskakel, Julian Delicado, kan gerus by sy voorganger, Pieter Jordaan, aanklop vir raad voor vandag se vriendskaplike rugbykragmeting met die Griffons in die Noordwes-stadion in Welkom.<\/p>\n<p>Delicado sal met \u2019n kragtige vertoning vorendag wil kom, soortgelyk aan die een wat Jordaan twee jaar gelede in die ooreenstemmende kragmeting gelewer het.<br \/>\nJordaan is destyds n\u00e1 \u2019n kniebesering in die wedstryd teen die Perses in 2011 \u2019n laaste kans gegee om te bewys dat hy voldoende herstel het om in die Cravenweek-toernooi in Kimberley uit te draf.<\/p>\n<p>Hy het \u2019n driekuns aan drie\u00eb in Welkom gedruk om te bewys dat hy op die bus na die Diamantstad moet wees.<\/p>\n<p>Hoewel Delicado in die binnebaan vir die nr. 10-trui van die Vrystaatse Cravenweek-span is, sal hy vandag enige twyfel uit die weg wil ruim.<\/p>\n<p>Sy aanvallende spel het vroe\u00ebr die week duidelik meer byt aan sy proefspan gegee.<\/p>\n<p>Hy sal teen die Griffons sy gevaarlike snellers EW Viljoen (heelagter) en senter Ali Magijima moet wegstuur.<\/p>\n<p>Die taktiese stryd tussen die spanne se heelagters, Viljoen en Sechaba Matsoele, behoort iets vir die fynproewer te wees.<\/p>\n<p>Viljoen is reeds deur die Westelike Provinsie vir volgende jaar gekontrakteer, terwyl Matsoele ook reeds deur die Vrystaat vir 2014 opgeraap is.<\/p>\n<p>Die Griffons het Shaun Reynolds in hul geledere, wat die gevaarlike Wian van der Watt, Wessel Hefer en Jonathan April op die voorvoet moet plaas.<\/p>\n<p>Die hoofwedstryd op die B-veld is tussen Oos-Vrystaat en die Vrystaatse Kiewiete.<\/p>\n<p>Die span van die Riemland is vanjaar een van die gunstelinge om as kampioen van die VKB Reitz-week gekroon te word, terwyl die Kiewiete ongetwyfeld die span is wat die laaste paar jaar met die beste rekord op di\u00e9 week spog.<\/p>\n<p>Albei unies sal hul onderskeie verteenwoordigende spanne na di\u00e9 dag se spel finaliseer.<\/p>\n<p>* Die wedstryde vir vandag in die Noordwes-stadion is:<\/p>\n<p>A-veld: 09:00: Griffons LSOB t. Vrystaat LSOB; 09:50: Griffons-Platteland se Akademiespan t. Vrystaat-Akademie B; 11:10: Griffons o.19 t. Vrystaat-Arende; 12:30: Griffons-Akademie t. Vrystaat-Akademie; 13:50: Griffons o.16 t. Vrystaat o.16; 15:00: Griffons o.18 t. Vrystaat o.18. B-veld: 09:00: Sandveld o.16 t. Suid-Vrystaat o.16; 10:10: Oos-Vrystaat o.16 t. Vrystaat Kiewiete o.16; 11:20: Flaminke t. Vrystaat o.16 B; 12:30: Sandveld o.19 t. Suid-Vrystaat o.19; 13:45: Oos-Vrystaat o.19 t. Vrystaatse Kiewiete o.19.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Vrystaatse o.18-losskakel, Julian Delicado, kan gerus by sy voorganger, Pieter Jordaan, aanklop vir raad voor vandag se vriendskaplike rugbykragmeting met die Griffons in die Noordwes-stadion in Welkom. Delicado sal met \u2019n kragtige vertoning vorendag wil kom, soortgelyk aan die een wat Jordaan twee jaar gelede in die ooreenstemmende kragmeting gelewer het. Jordaan is destyds [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":47427,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-26829","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26829","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26829"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26829\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/47427"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26829"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26829"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26829"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}