{"id":26836,"date":"2013-06-10T14:38:50","date_gmt":"2013-06-10T14:38:50","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/nege-bulle-van-monnas-in-leeus-se-span-vir-cravenweek\/"},"modified":"2013-06-10T14:38:50","modified_gmt":"2013-06-10T14:38:50","slug":"nege-bulle-van-monnas-in-leeus-se-span-vir-cravenweek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=26836","title":{"rendered":"Nege bulle van Monnas in Leeus se span vir Cravenweek"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\">DIE Goue Leeus se o.18-rugbyspan se sukses op die 50ste Cravenweek-toernooi vir ho\u00ebrskole van 8 tot 13 Julie in Polokwane sal grootliks van die spelpeil van sy twee sleutelspelers, die stut Frans van Wyk en losskakel Innocent Radebe afhang.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Van Wyk en Radebe was albei ook verlede jaar in die Leeus se span wat in die hoofwedstryd van di\u00e9 gesogte toernooi in Port Elizabeth teen &#8216;n indrukwekkende Blou Bul-span 0-47 die knie gebuig het. Buiten Van Wyk en Radebe het die plaasvervanger-haker Emmanual Morowane en heelagter Erwin Harris ook weer die span gehaal.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die Leeus kom op die tweede dag van di\u00e9 toernooi teen &#8216;n gedugte span van Suid-Westelike Distrikte in sy eerste wedstryd te staan. Die wenner van di\u00e9 kragmeting sal heel moontlik teen die wenner van die wedstryd tussen die Vrystaat en Oostelike Provinsie in sy tweede wedstryd die stryd aanse.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die Leeus mik daarna of vir die derde agtereenvolgende jaar in die nie-amptelike eindstryd te speel. Die span het in 2011 in Kimberley in die toernooi se hoofwedstryd teen die Vrystaat 17-28 vasgeval.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Van Wyk is een van nege spelers van die Ho\u00ebrskool Monument in Krugersdorp wat in vanjaar se span ingesluit is. Van<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Wyk sal met sy kragtige skrumwerk en kraglopies wanneer hy die bal onder die arm vasknyp sy span op die voorvoet moet plaas. Radebe was verlede jaar een van die opwindendste spelers op die aanval in die Baai en behoort op losskakel vanjaar die Leeus se agterlyn te laat brul. Albei behoort sterk aanspraakmakers vir plekke in die Suid-Afrikaanse Skole-span te wees.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die span se buitesenter, Gerdus van der Walt se broer J\u00e1ko is na afloop van die toernooi van 2011 in die Diamantstad in die Suid-Afrikaanse Skole-span ingesluit. Hy moes egter weens ?n besering aan di\u00e9 span onttrek. Hy was verlede jaar ook op die Cravenweek vir die Leeus in aksie, maar kon nie weer die nasionale span haal nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\"><strong>Die Goue Leeus se Cravenweek-span is:<\/strong> Erwin Harris (Florida), Sibusiso Nkosi (Jeppe), Godfrey Ramaboea (King Edward VII), Gerdus van der Walt (Monument), Ralton October (Florida), Innocent Radebe (St. Stithian-kollege), Johan Esterhuizen, Wihan Jacobs, Dylan Vlok, Dwayne Pienaar, Ryno Herbst (almal Monument), Devon Henson (St John-kollege), Roan Grobbelaar (Helpmekaar), Joseph Dweba (Florida), Frans van Wyk (Monument). Plaasvervangers: Emmanuel Morowane, Andrew Acton (albei Jeppe), G\u00fcnter Janse van Vuuren (Monument), Nyaska Tarusenga (St Benedict-kollege), Brendon Rick (Florida), Erik Fourie (Monument), Fernando Kermis (Florida).<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>DIE Goue Leeus se o.18-rugbyspan se sukses op die 50ste Cravenweek-toernooi vir ho\u00ebrskole van 8 tot 13 Julie in Polokwane sal grootliks van die spelpeil van sy twee sleutelspelers, die stut Frans van Wyk en losskakel Innocent Radebe afhang. Van Wyk en Radebe was albei ook verlede jaar in die Leeus se span wat in [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-26836","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26836","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26836"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26836\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26836"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26836"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26836"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}