{"id":26936,"date":"2013-06-24T06:13:05","date_gmt":"2013-06-24T06:13:05","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/vrystaat-senters-teen-ligblou-duo-getoets\/"},"modified":"2013-06-24T06:13:05","modified_gmt":"2013-06-24T06:13:05","slug":"vrystaat-senters-teen-ligblou-duo-getoets","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=26936","title":{"rendered":"Vrystaat-senters teen Ligblou-duo getoets"},"content":{"rendered":"<p>DIE Vrystaatse o.18-rugbyspan se twee senters, Ali Mgijima en Stephen Rautenbach sal vandag voor sekerlik een van hulle grootste toetse nog op die rugbyveld te staan kom. Mgijima en Rautenbach se taak vandag op die Noordvaal-Bondedag in Rustenburg sal wees om die gevaarlike Franco Naud\u00e9 en Jurie Linde van die Blou Bulle in toom te hou.<br \/>Die twee spanne pak mekaar in die hoofwedstryd van die jaarlikse Bondedag op die hoofveld van die Impala-klub. Linde het reeds verlede jaar die Suid-Afrikaanse Skole-span gehaal. Hy was ook ?n sleutelspeler vir Affies toe hulle vroe\u00ebr vanjaar vir Grey-kollege verslaan het.<br \/>Naud\u00e9 is ?n stewige senter met hope vaart. Hy het vanjaar waarskynlik al menigte van sy teenstanders slapelose nagte laat h\u00ea.<br \/>Die stryd in die skrums behoort ook insiggewend vir albei spanne te wees. Die Vrystaat se Ruan Kramer, Andrew du Plessis en Ox Nche sal graag hulle span op die voorvoet in die afdeling van die spel wil plaas. Kramer en Du Plessis was Grey se stutte teen Affies en die span van die Rosestad het die bo-toon in die skrums gevoer. Die Ligbloues se keurders het duidelik daarvan kennis geneem en Waterkloof se twee kragmanne Johan en Xander van Wyk sal die span se skrum anker.<br \/>Die Vrystaat sal die bal binne die veld wil hou om die hoeveelheid lynstane tot die minimum te beperk. Die Ligbloues se twee slotte RG Snyman en Hyron Andrews is albei hemelbesems wat moeilik uitoorl\u00ea gaan word.<br \/>Die Vrystaat se heelagter EW Viljoen en kaptein Marius Louw sal besielende vertonings moet opdis indien die span die pyp wil rook.<br \/>Die Griffons het ?n ewe moeilike taak wat vir hulle op die Bondedag waag. Die span van die Noord-Vrystaat kom teen KwaZulu-Natal te staan. <br \/>Di\u00e9 wedstryd behoort aan die Perses ?n goeie id\u00e9e te gee hoeveel werk hulle nog voor vanjaar se 50ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole in Polokwane oor het.<br \/>Griekwaland-Wes sal in die eerste wedstryd van di\u00e9 dag teen die Valke sy wedstryd-voorbereiding vir die Cravenweek op ?n ho\u00eb noot wil afsluit. Di\u00e9 span het verlede week teen die Griffons in Bloemfontein<br \/>34-43 die knie gebuig.<br \/>Di\u00e9 Bondedag se bepalings is:<br \/>09:00: Valke t. Griekwas; 10:15: Leeus t. Pumas; 11:30: KwaZulu-Natal t. Griffons; 12:45: Luiperds t. Limpopo Blou Bulle; 14:00: Vrystaat t. <br \/>Blou Bulle.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>DIE Vrystaatse o.18-rugbyspan se twee senters, Ali Mgijima en Stephen Rautenbach sal vandag voor sekerlik een van hulle grootste toetse nog op die rugbyveld te staan kom. Mgijima en Rautenbach se taak vandag op die Noordvaal-Bondedag in Rustenburg sal wees om die gevaarlike Franco Naud\u00e9 en Jurie Linde van die Blou Bulle in toom te [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-26936","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26936","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26936"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26936\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26936"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26936"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26936"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}