{"id":26957,"date":"2013-07-05T05:07:37","date_gmt":"2013-07-05T05:07:37","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/de-lange-was-netjieste-speler-op-eerste-cravenweek\/"},"modified":"2013-07-05T05:07:37","modified_gmt":"2013-07-05T05:07:37","slug":"de-lange-was-netjieste-speler-op-eerste-cravenweek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=26957","title":{"rendered":"De Lange was netjieste speler op eerste Cravenweek"},"content":{"rendered":"<p>DIT is heel gepas dat die 50ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole van Maandag af in Polokwane voorheen Pietersburg aangebied word. Vyftig jaar gelede is \u2018n seun van die omgewing, Koos de Lange na afloop van di\u00e9 eerste toernooi in Oos-Londen as die netjieste speler op die toernooi aangewys.<\/p>\n<p>De Lange het slot vir Noord-Transvaal in die geskiedkundige toernooi gespeel.<\/p>\n<p>De Lange was \u2018n leerling aan die Ho\u00ebr Landbouskool Kuscke net buite Polokwane. Hy het met geleende tokse vir sy skool se eerste span uitgedraf en was heel verbaas om sy pa Adriaan en ma Sannie by die proefwedstryd te sien. \u201cHulle het vir my nuwe tokse gegee en ek het toe in die proewe vir die eerste keer met my eie tokse gespeel. Ons het nog met die trein van Pretoria stasie af na Oos-Londen vir die toernooi gereis. Ons het saam met Rhodesi\u00eb (deesdae Zimbabwe) in Selborne-kollege se koshuis gebly,\u201d onthou De Lange oor die eerste Cravenweek.<img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-799\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/Koos_de_Lange1.jpg\" alt=\"Koos de Lange1\" width=\"300\" height=\"200\" \/><\/p>\n<p>De Lange het na elke wedstryd sy tokse met politoer gepoets en ook sy veters en broek daagliks gewas. Hy het ook met geleende netjiese klere na Oos-Londen gegaan en het di\u00e9 ook met sorg hanteer. Di\u00e9 toekenning het hy \u2018n hele ruk na di\u00e9 toernooi ontvang. \u201cOns skoolhoof het in die saal ges\u00ea dat hy goeie terugvoer van die destydse voorsitter van die Suid-Afrikaanse Skole-vereniging Jan Preuyt ontvang het. Dis toe dat ek die toekenning met Preuyt se handtekening in ontvangs geneem het,\u201d vertel De Lange.<\/p>\n<p>Vir die mense wat dink talentwerwers is \u2018n ding wat eers in die beroepsera begin kop uitsteek het, het De Lange \u2018n staaltjie wat die teendeel bewys. \u201cOns het almal na die toernooi as afskeid gebraai en Dok Craven het sy visitekaartjie in my hand gesteek en gevra wat ek volgende jaar doen. Hy het ook ges\u00ea ek moet dat my pa hom bel as ek in Stellenbosch wil gaan swot. My pa het hom nooit gebel nie,\u201d het De Lange vertel.<\/p>\n<p>Noord-Transvaal se skolespan is daardie jaar deur die losskakel Johan van Blommenstein aangevoer. Hy het ook later die Ligbloues se seniorspan op die veld gelei. Toekomstige Springbokke soos Martin van Rensburg (Natal) en Mike Jennings (Westelike Provinsie) het hulle tande op di\u00e9 eerste toernooi geslyp.<\/p>\n<p>De Lange is die eienaar van \u2018n moterhawe in Virginia wat hy en sy vrou Marissa saam bedryf. Hy het na skool vir Durban Wanderers klubrugby gespeel en ook vir Natal se o.20-span. Hier het hy ondermeer saam met die voormalige Springbok-breier Ian MacIntosh en voormalige Springbok Martin van Rensburg gespeel. Hy het daarna na Johannesburg verhuis en hy het in sy eerste wedstryd vir Diggers sy nek gebreek wat sy loopbaan kort geknip het. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>DIT is heel gepas dat die 50ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole van Maandag af in Polokwane voorheen Pietersburg aangebied word. Vyftig jaar gelede is \u2018n seun van die omgewing, Koos de Lange na afloop van di\u00e9 eerste toernooi in Oos-Londen as die netjieste speler op die toernooi aangewys. De Lange het slot vir Noord-Transvaal in die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":1227,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-26957","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26957","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26957"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26957\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/1227"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26957"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26957"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26957"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}