{"id":26959,"date":"2013-07-06T05:27:20","date_gmt":"2013-07-06T05:27:20","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/hou-die-vyf-dop-op-cravenweek\/"},"modified":"2013-07-06T05:27:20","modified_gmt":"2013-07-06T05:27:20","slug":"hou-die-vyf-dop-op-cravenweek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=26959","title":{"rendered":"Hou die vyf dop op Cravenweek"},"content":{"rendered":"<p>DIE grootste skolerugby toernooi ter w\u00eareld, die Cravenweek vir ho\u00ebrskole vier volgende week sy 50ste bestaansjaar. School of Rugby het \u2018n lys van vyf spelers saamgestel wat die mees belowendste spelers op die toernooi is en met die groot vyf unies die Blou Bulle, Sharks, Westelike Provinsie, Leeus en Vrystaat se onderskeie talentwerwers gesels oor di\u00e9 spelers en ook oor wat hulle onderskeie unies aan junior spelers bied.<\/p>\n<p>Die vyf talentwerwers is Andr\u00e9 Tredoux (Vrystaat), Xander Janse van Rensburg (Blou Bulle), Bart Schoeman (Leeus), Jacques Hanekom (Westelike Provinsie) en Grant Mellville (Sharks).<\/p>\n<p>Sport24 se vyf spelers wat \u2018n groot toekoms op die rugbyveld het wat voorl\u00ea is die Vrystaatse heelagter EW Viljoen, die Blou Bulle se slot RG Snyman, die Sharks se flank Jean-Luc du Preez, die Blou Bulle se senter Jurie Linde en die Vrystaatse stut Ox Nche. Daar moet egter ook in ag geneem word dat drie spelers die senter van Suid-Westelike Distrikte Warrick Gelant, die voorryman van die Leeus Frans van Wyk en die Streeptruie se slot JD Schickerling waarskynlik ook onder die voorste vyf spelers sou tel indien hulle nie weens besering aan di\u00e9 toernooi moes onttrek nie.<\/p>\n<p>\u201cDaar is nie \u2018n ander heelagter op skolevlak wat vanjaar kers by EW kan vashou nie. Hy het ongelooflike voorgevoel op die aanval. Hy beskik ook oor \u2018n sterk afstamp en hope vaart. Sy lengte help ook dat hy verdedigers so suksesvol kan afstamp,\u201d het Tredoux oor Viljoen se talent op die veld ges\u00ea.<\/p>\n<p>Volgens Tredoux bied die Vrystaat aan die spelers meer geleenthede as ander unies omdat hulle oor \u2018n kleiner begroting beskik. \u201cOns kan nie twee spelers per posisie kontrakteur op junior vlak nie, en dit bied dus meer geleenthede vir die spelers wat na ons toe kom,\u201d het Tredoux ges\u00ea. Di\u00e9 talentwerwer glo ook die Vrystaat is een van die min unies wat aan spelers met flair die geleentheid gee om hulle uit te leef.<\/p>\n<p>\u201cOns het RG reeds as o.15-speler geidentifiseer. Hy is \u2018n speler wat baie atleties vir sy grootte is. Hy het \u2018n goeie voorgevoel vir die spel en kan ook die bal goed dra. Hy is ook \u2018n speler wat nie wegskrum van die fisieke deel van die spel nie,\u201d het Janse van Rensburg oor Snyman liries geraak. Di\u00e9 talentwerwer s\u00ea voorts dat die Blou Bulle spelers daaraan blootstel om saam met die beste spelers te speel en ook teen die beste vir \u2018n plek in \u2018n span mee te ding. \u201cOns het ook die beste afrigters en ons het \u2018n goeie samewerking met die universiteite by ons wat ons strukture steun,\u201d het Janse van Rensburg ges\u00ea.&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cJean-Luc is \u2018n groot seun met natuurlike krag. Hy is ook baie doelgerig en \u2018n denker oor die spel. Hy het gewis \u2018n blink toekoms wat voor hom l\u00ea,\u201d het Mellville oor Du Preez&nbsp;<\/p>\n<p>Volgens Mellville is die balans wat hulle aan spelers bied deurdat elke speler \u2018n akademiese kursus moet loop sowel as die Sharks-akademie se sukses sy unie se grootste bates is.&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cOx is \u2018n speler wat baie aanpasbaar is. Hy het geen beperkinge in sy spel nie. Hy kan in meeste speelstyle inpas wat een van sy grootste bates is,\u201d het Schoeman oor Nche se talent uitgebrei. \u201cBy die Leeus is ons benadering tot die spel een van trekpleisters vir spelers. Spelers se vaardighede word nie beperk nie asook die feit dat spelers vinnig by ons die geleentheid kry om op \u2018n hoer vlak te speel,\u201d het Schoeman ges\u00ea.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>DIE grootste skolerugby toernooi ter w\u00eareld, die Cravenweek vir ho\u00ebrskole vier volgende week sy 50ste bestaansjaar. School of Rugby het \u2018n lys van vyf spelers saamgestel wat die mees belowendste spelers op die toernooi is en met die groot vyf unies die Blou Bulle, Sharks, Westelike Provinsie, Leeus en Vrystaat se onderskeie talentwerwers gesels oor [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-26959","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26959","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26959"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26959\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26959"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26959"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26959"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}