{"id":26965,"date":"2013-07-08T19:20:20","date_gmt":"2013-07-08T19:20:20","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/du-plessis-maak-stem-dik-op-cravenweek\/"},"modified":"2013-07-08T19:20:20","modified_gmt":"2013-07-08T19:20:20","slug":"du-plessis-maak-stem-dik-op-cravenweek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=26965","title":{"rendered":"Du Plessis maak stem dik op Cravenweek"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\">DIE moontlikheid dat die Westelike Provinsie se se binnesenter, Dani\u00ebl du Plessis in sy pa die voormalige Springbok-senter Michael du Plessis se voetspore sal volg het gister op die eerste dag van die 50ste Cravenweek-toernooi vir ho\u00ebrskole gestalte gekry.<\/span><\/p>\n<p>Du Plessis jr. het gister vier drie\u00eb in sy span se oorwinning van 40-24 oor die Pumas gedruk. Buiten sy drie\u00eb het hy \u2018n indrukwekkende vertoning opgedis. Die rekord vir die meeste drie\u00eb in \u2018n wedstryd op die toernooi staan agter die naam van JP van der Mescht wat in 1994 vyf keer vir Oostelike Provinsie teen Wes-Transvaal agter die doellyn gaan kuier het.<\/p>\n<p>Die Streeptruie sal waarskynlik teen die Blou Bulle in hulle tweede wedstryd van die week te staan kom.<\/p>\n<p>Boland het met die gasheer die Limpopo Blou Bulle in \u2018n vermaaklike hoofwedstryd 31-26 afgereken. Die span se kaptein en agtsteman Hanro Liebenberg en slot Johan du Toit het voorlangs die wa vir die Wynboere deur die drif getrek.&nbsp;<\/p>\n<p>Die Blou Bulle gaan nie maklik op vanjaar se toernooi gestuit word nie. Die Ligbloues het dit duidelik gestel met hulle oortuigende sege van 46-22 oor KwaZulu-Natal op die eerste dag van die toernooi.&nbsp;<\/p>\n<p>Die Ligbloues se senterpaar, Franco Naud\u00e9 en Jurie Linde was aan die spits van di\u00e9 sege. Die twee het drie van hulle span se sewe drie\u00eb gedruk. Hulle het amper na willekeur bresse in die verloorspan se verdediging geslaan. Die spanne het met die telling op 17-elk gedraai, maar KwaZulu-Natal kon nie soos die Blou Bulle na \u2018n ho\u00ebr rat in die tweede helfte oorskakel nie.&nbsp;<\/p>\n<p>Grens se senter Somila Jho het met sy vertoning in sy span se sege van 38-20 oor Namibi\u00eb die tendens dat die eerste dag aan die senters behoort aan die gang gesit. Sy sentermaar, Simon Bolze het self \u2018n skaflike vertoning gelewer.&nbsp;<\/p>\n<p>Griekwas se se hoop om sy eerste wedstryd met &#8216;n sege af te skop, het soos die mis voor die son verdwyn.<\/p>\n<p>Die Poubloues het in die openingswedstryd van die dag, waarvan &#8216;n groot gedeelte in digte mis beslis is, skandes gemaak deur 35-17 teen Zimbabwe die knie te buig. Zimbabwe se heelagter, Brendon Mandivenga was sy span se beste speler met \u2018n persoonlike bydrae van 20 punte.<\/p>\n<p><strong>Vandag se bepalings: <\/strong><\/p>\n<p><strong>09:30:<\/strong> Oostelike Provinsie-platteland t. Luiperds; <strong>11:00:<\/strong> Griekwas-platteland t. Grens-platteland; <strong>12:30:<\/strong> Valke t. Griffons;<strong> 14:10:<\/strong> Leeus t. Suidwestelike-Distrikte; <strong>15:30:<\/strong> Oostelike Provinsie t. Vrystaat.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>DIE moontlikheid dat die Westelike Provinsie se se binnesenter, Dani\u00ebl du Plessis in sy pa die voormalige Springbok-senter Michael du Plessis se voetspore sal volg het gister op die eerste dag van die 50ste Cravenweek-toernooi vir ho\u00ebrskole gestalte gekry. Du Plessis jr. het gister vier drie\u00eb in sy span se oorwinning van 40-24 oor die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-26965","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26965","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26965"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26965\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26965"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26965"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26965"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}