{"id":26976,"date":"2013-07-10T05:05:00","date_gmt":"2013-07-10T05:05:00","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/vrystaat-en-leeus-behaal-belangrike-seges-op-tweede-dag-van-cravenweek\/"},"modified":"2013-07-10T05:05:00","modified_gmt":"2013-07-10T05:05:00","slug":"vrystaat-en-leeus-behaal-belangrike-seges-op-tweede-dag-van-cravenweek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=26976","title":{"rendered":"Vrystaat en Leeus behaal belangrike seges op tweede dag van Cravenweek"},"content":{"rendered":"<p>DIE Vrystaatse o.18-rugbyspan het sy eerste struikelblok op die 50ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole hier teen Oostelike Provinsie oorkom. Hy het die span van die Baai in \u2018n senutergende hoofwedstryd van die tweede dag 32-21 getroef.<\/p>\n<p>Oostelike Provinsie se losskakel Ernst Stapelberg het net voor rustyd met sy tweede strafdoel geslaag sedert Vrystaat se kaptein en flank Marius Louw koelkas toe gestuur is om aan sy span vir die eerste keer die voortou net voor rustyd te gee.<\/p>\n<p>Die Vrystaat het waarskynlik die sege te danke aan sy ander flank Refiloe Rampeta wat in die tweede helfte op \u2018n kritieke stadium omgekeerde balbesit by \u2018n losskrum verseker het.<\/p>\n<p>Di\u00e9 span se SA Skole-stut, Ox Nche het kort daarna di\u00e9 drie gedruk wat die wedstryd in die Vrystaat se guns beklink het. Die span se senter Ali Mgijima het \u2018n uitmuntende wedstryd teen sy voormalige provinsie beleef. <br \/>Die Griffons-losskakel Shaun Reynolds, se hope flair deur die wedstryd was nie genoeg om &#8216;n gelykop-uitslag teen die Valke af te weer nie. Die spanne het in &#8216;n aanskoulike wedstryd 37-elk gelykop gespeel.<\/p>\n<p>Reynolds was sy span se generaal op die dag en het veral met sy aanvallende spel indruk gemaak. Hy het ook sy agterlyn goed weggestuur en 24 punte met tot sy span se totaal bygedra.<\/p>\n<p>Die Goue Leeus is deur die Suid-Westelike Distrikte tot met die eindfluitjie in hulle wedstryd op hul tone gehou. Die Leeus wat daarna mik om vir \u2018n derde agtereenvolgende jaar in die hoofwedstryd van die week te speel het die Volstruisboere 34-27 die loef afgesteek.<\/p>\n<p>Griekwas-platteland se senter, Jonathan Steenkamp het die eerste speler van Griekwas sedert Andr\u00e9 Heyns in 2006 geword om vier drie\u00eb in \u2018n wedstryd op die toernooi te druk. Steenkamp het sy viertal in sy span se sege van 51-0 oor Grens-platteland gedruk. Heyns het sy vierkuns teen dieselfde teenstanders toe Griekwas se twee spanne nog een span was gedruk. Die wenspan was rustyd reeds 36-0 stewig in die saal, maar sake het in die tweede helfte losgetorring.<\/p>\n<p>Oostelike Provinsie-platteland het te veel skietgoed vir die Luiperds gehad. Die span se losskakel, Jason Vers het die meeste vir die wenspan in sy oorwinning van 35-10 be\u00efndruk.<\/p>\n<p><strong>Vandag se bepalings: <\/strong><\/p>\n<p><strong>09:30:<\/strong> Namibi\u00eb t. Griekwas; <strong>11:00:<\/strong> Limpopo Blou Bulle t. Zimbabwe; <strong>12:30:<\/strong> Boland vs. Grens; <strong>14:00:<\/strong> KwaZulu-Natal t. Pumas; <strong>15:30:<\/strong> Blou Bulle t. Westelike Provinsie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>DIE Vrystaatse o.18-rugbyspan het sy eerste struikelblok op die 50ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole hier teen Oostelike Provinsie oorkom. Hy het die span van die Baai in \u2018n senutergende hoofwedstryd van die tweede dag 32-21 getroef. Oostelike Provinsie se losskakel Ernst Stapelberg het net voor rustyd met sy tweede strafdoel geslaag sedert Vrystaat se kaptein en [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-26976","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26976","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26976"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26976\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26976"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26976"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26976"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}