{"id":26998,"date":"2013-09-06T06:07:42","date_gmt":"2013-09-06T06:07:42","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/cravenweek-speler-geskors-nadat-hy-dros\/"},"modified":"2013-09-06T06:07:42","modified_gmt":"2013-09-06T06:07:42","slug":"cravenweek-speler-geskors-nadat-hy-dros","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=26998","title":{"rendered":"Cravenweek-speler geskors nadat hy dros"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">DIE kaptein van Ho\u00ebrskool Kalahari op Kuruman se eerste rugbyspan van vanjaar, Ruan Venter is gister na \u2018n verhoor deur Griekwaland-Wes Rugby-unie (GWRU) vir 15 weke uit alle rugby geskors. Venter is skuldig bevind op \u2018n aanklag dat hy van die 50ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole in Polokwane gedros het. Die skorsing tree in werking vanaf 1 Februarie 2014.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Venter het vir Griekwas-platteland op die toernooi verteenwoordig. Hy is verder ook vir 14 weke geskors wat opgeskort is omdat hy Griekwas se naam in oneer gebring het. Venter het nie sy verhoor bygewoon nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy het slegs in Griekwas-platteland se eerste wedstryd en oorwinning van 51-0 oor Grens-platteland gespeel. Hy het die wedstryd as skrumskakel gespeel. Venter is egter as \u2018n veelsydige speler in die span ingesluit. Sy spanmaat by Kalahari, AJ le Roux was die span se eerstekeuse skrumskakel. Venter het meestal as losskakel en senter vir sy skoolspan uitgedraf.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Venter het na \u2018n oefening op die Vrydag die afrigters van die Cravenweek-span, Fillip Venter en Andrew Brundyn, versoek dat hy op die laaste dag \u2018n volle wedstryd speel anders verlaat hy die span. Hy het toe die span verlaat en saam met sy ouers huis toe gekeer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit kom nadat \u2018n speler van Ho\u00ebrskool Noord-Kaap, Luan Dowie vroe\u00ebr vanjaar vir 80 weke geskors is na hy \u2018n speler van Ho\u00ebrskool Waterkloof herhaardelik met die kop geslaan en met die kop gestamp het. Hy het later app\u00e8l aangeteken en sy skorsing is tot 38 weke verminder.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Verlede jaar was Diamantveld se heelagter, Granville Adams ook na afloop van die Cravenweek in die sop nadat hy ook gedros het. Adams was nie by sy span se laaste wedstryd op die 49ste Cravenweek in Port Elizabeth teen Grens-platteland betrokke nie. Griekwas het hul enigste oorwinning (55-0) van die toernooi in di\u00e9 wedstryd behaal.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Adams het in die Poubloues se eerste Cravenweek-wedstryd al sy span se punte aangeteken. Hy het in die tweede wedstryd teen Namibi\u00eb net n\u00e1 rustyd as plaasvervanger-losskakel sy verskyning gemaak. Hy het egter net nege minute op die veld gebly voordat hy deur Zane le Roux vervang is. Nadat hy vervang is, was dit duidelik dat Adams daaroor ontevrede was. Hy het glo destyds sy trui op die grond gesmyt en \u2019n rits kragwoorde geuiter.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>DIE kaptein van Ho\u00ebrskool Kalahari op Kuruman se eerste rugbyspan van vanjaar, Ruan Venter is gister na \u2018n verhoor deur Griekwaland-Wes Rugby-unie (GWRU) vir 15 weke uit alle rugby geskors. Venter is skuldig bevind op \u2018n aanklag dat hy van die 50ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole in Polokwane gedros het. Die skorsing tree in werking vanaf [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-26998","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26998","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=26998"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/26998\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=26998"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=26998"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=26998"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}