{"id":27007,"date":"2016-07-25T05:59:37","date_gmt":"2016-07-25T05:59:37","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/boishaai-en-gim-stoom-voort-na-derby\/"},"modified":"2016-07-25T05:59:37","modified_gmt":"2016-07-25T05:59:37","slug":"boishaai-en-gim-stoom-voort-na-derby","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=27007","title":{"rendered":"Boishaai en Gim stoom voort na Derby"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">Die grootste interkole-rugbywedstryd ter w\u00eareld beloof om vanjaar aan al die verwagtinge van die skouspel te voldoen. Paarl Gimnasium het gister vir Oakdale Landbou op sy agterplaas net buite Riversdal met 41-19 verslaan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span se enigste nederlaag tot dusver vanjaar was teen Garsfontein op die jaarlikse Noord\/Suid-toernooi. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl moes aanvanklik harder vir sy sege van 25-6 oor Rondebosch Boys&#8217; High werk. Boishaai kon teen rustyd slegs \u2019n voorsprong van 12-6 opbou. Die sege is Boishaai se 35ste op \u2019n streep. Die span het ook vanjaar agt spelers tot die Suid-Afrikaanse Skole-span bygedra. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Boland Landbou het Bishops in Kaapstad met 47-19 die loef afgesteek. Die wenspan het die bal lug gegee met sy vleuel Adriaan Stander en buitesenter, Durin Nasson wat albei twee keer \u2019n draai agter die doellyn gaan maak het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Afrikaanse Ho\u00ebrskool Kroonstad het met sy grootste sege nog oor Ho\u00ebrskool Kroonstad gesorg dat Kroonstad vir die negende jaar in \u2019n ry rooi geverf is. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Rooiskool se losskakel, Chappies van der Walt, het 35 punte in sy span se weghol-oorwinning van 80-10 oor Blouskool aangeteken. Van der Walt het \u2019n driekuns aan drie\u00eb behaal en ook tien van sy span se 12 drie\u00eb verdoel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die twee drie\u00eb wat nie verdoel is nie, het Rooiskool glad nie pale toe gekorrel nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Welkom Gimnasium het met \u2019n sege van 22-10 oor Voortrekker in Bethlehem dit duidelik gemaak dat hy nie sommer vanjaar afstand van die titel as Griffon-kampioen gaan doen nie. Voor die kragmeting was die twee spanne die enigste twee onoorwonne spanne oor in die liga. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Bothaville het President Steyn se partytjie in die hoofwedstryd van sy jaarlikse sportdag in Bainsvlei net buite Bloemfontein bederf. Bothaville het die wedstryd met 37-20 gewen. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die vernaamste voorwedstryd vir die hoofwedstryd het Jim Fouch\u00e9 vir Landboudal met 34-3 kaf gedraf.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die grootste interkole-rugbywedstryd ter w\u00eareld beloof om vanjaar aan al die verwagtinge van die skouspel te voldoen. Paarl Gimnasium het gister vir Oakdale Landbou op sy agterplaas net buite Riversdal met 41-19 verslaan. Die span se enigste nederlaag tot dusver vanjaar was teen Garsfontein op die jaarlikse Noord\/Suid-toernooi. Die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl moes aanvanklik harder [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-27007","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27007","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27007"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27007\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27007"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27007"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27007"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}