{"id":27008,"date":"2016-07-25T06:04:24","date_gmt":"2016-07-25T06:04:24","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/rooi-bulle-verras-rhinos-in-eindstryd\/"},"modified":"2016-07-25T06:04:24","modified_gmt":"2016-07-25T06:04:24","slug":"rooi-bulle-verras-rhinos-in-eindstryd","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=27008","title":{"rendered":"Rooi Bulle verras Rhinos in eindstryd"},"content":{"rendered":"<p>HTS Middelburg se Rooi Bulle het vir \u2019n opskudding gesorg deur gister die Nelspruit Rhinos op sy tuisveld met 26-20 in die eindstryd van die Pumas se Makroskole-liga.<\/p>\n<p>Die Rhinos was sonder twyfel die gunsteling om as kampioen gekroon te word en sy vaskopstut, Dewald Maritz, het boonop ook frustrasie gehad waarvan hy ontslae sou wou raak na hy uit die SA Skole-span weggelaat is.<\/p>\n<p>Die Rooi Bulle se haker, Ruben Cross, het voorlangs die pap dik aangemaak en met sy inklimspel be\u00efndruk. Hy het terwyl meeste van die verdedigers die wenspan se SA Skole-flank, JC Pretorius, dopgehou het sy kans om sy span se held te wees aangegryp.<\/p>\n<p>Die losskakel, Riekert Barnard, het ook \u2019n uitstaande vertoning gelewer. Sy skopskoen was ook die grootste verskil tussen die twee spanne op die telbord.<\/p>\n<p>Die Rhinos het die ligawedstryd tussen die twee spanne vroe\u00ebr vanjaar met 43-29 gewen. Die Rooi Bulle het hul pad in die Virseker Beeldtrofee heelwat makliker gemaak deur die eindstryd te wen. Hulle sal nou in die kwarteindronde van die kompetisie teen Waterkloof te staan kom. Nelspruit sal teen na die nederlaag vir Monument van Krugersdorp in die kwarteindronde moet trotseer.<\/p>\n<p>Kempton Park en Noordheuwel het met 0-elk gelykop gespeel en sal Dinsdag mekaar weer ontmoet om te bepaal wie teen Menlopark in \u2019n kwalifiserende wedstryd om die Beeldtrofee vir Makroskole te staan sal kom.<\/p>\n<p>Ho\u00ebrskool Rustenburg het nie veel probleme ondervind om sy plek in die ander kwalifiserende kragmeting in die reeks te bespreek nie. Rustenburg het vir Die Anker van Brakpan met 55-7 die loef afgesteek. Hy sal nou teen Eldoraigne in die kwalifiserende wedstryd sake uitspook.<\/p>\n<p>Ben Vorster van Tzaneen is die Limpopo se Grootskole-kampioen na hy die Ho\u00ebrskool Pietersburg met 26-21 in die eindstryd in Polokwane die loef afgesteek het. Di\u00e9 jaargroep van Ben Vorster kon nog nooit die Pieties sedert 0.14-vlak klop nie wat die sege nog meer merkwaardig maak.<\/p>\n<p>Vereeniging Gimnasium kan daarmee spog dat hy die voorste skolespan in die Vaaldriehoek is. Gimmies het Transvalia van Vanderbijlpark met 33-23 in die eindstryd van die Valke se Grootskole-liga in die Isak Steyl-stadion verslaan.<\/p>\n<p>Gimmies het die sege verdien en die meeste van die speelwerk in die wedstryd gedoen. Veral die span se skrumskakel, DW Briers, en die haker, Enrico Robbertse, was dorings in Transvalia se vlees.<\/p>\n<p>Ligbron het op sy tuisveld in Ermelo vir Secunda as die Pumas se Grootskole-kampioen onttroon. Ligbron het die wedstryd met 27-20 gewen na hy teen rustyd met 5-14 agter was. Secunda het wel in die eerste helfte met \u2019n sterk wind van agter gespeel.<\/p>\n<p>Linden het sy plek in die Beeldtrofee bespreek deur Dinamika met 15-10 in Alberton te klop. Linden sal nou na Secunda reis vir uitspeelwedstryd in die streekkompetisie.<\/p>\n<p>Oos-Moot het op Loftus Versfeld in Pretoria sy titel as kampioen van die Blou Bulle se Grootskole behou deur Pretoria-Noord met 46-19 kaf te draf.<\/p>\n<p>In Potchefstroom het Lichtenburg en Potch Volkies vir \u2019n opwindende eindstryd gesorg. Lichtenburg het uiteindelik met 42-36 as oorwinnaars van die veld gestap.<\/p>\n<p>Die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool van Pretoria het in Pietermaritzburg vir Maritzburg College met 59-7 \u2019n drag slae toegedien. Die span se buitesenter, Marnus Potgieter, het \u2019n driekuns aan drie\u00eb in die wedstryd behaal.<\/p>\n<p><strong>Al die uitslae:&nbsp;<\/strong><\/p>\n<p><strong>NOORDVAAL<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Blou Bulle: <\/strong>Affies 59, Maritzburg College 7; Menlopark 35, Zwartkop 29; Oos-Moot 46, Pretoria-Noord 19; Die Wilgers 33, Erasmus (Bronkhorstspruit) 19; Pretoria THS 25, Cullinan 10; Maragon Olympus 18, Woodhill 9.<\/p>\n<p><strong>Leeus:<\/strong> Linden 15, Dinamika 10; Fochville 36, Bekker 7; Helpmekaar 23, Garsfontein 22; King Edward VII 50, Pretoria Boys&#8217; High 19; Parktown Boys&#8217; High 24, Jeppe Boys&#8217; High 17; President 10, Carletonville 7.<\/p>\n<p><strong>Limpopo:<\/strong> Ben Vorster 26, Ho\u00ebrskool Pietersburg 21; Frans du Toit 55, Eric Louw 21; Ben Viljoen 42, Merensky 24; Curro Heuwelkruin 57, Stanford Lake College 14.<\/p>\n<p><strong>Luiperds:<\/strong> Ho\u00ebrskool Rustenburg 55, Die Anker 7; Lichtenburg 42, Potchefstroom Volkskool 36; Schweizer-Reneke 22, Zeerust 15; Vryburg 22, Kalahari 17.<\/p>\n<p><strong>Pumas:<\/strong> HTS Middelburg 26, Ho\u00ebrskool Nelspruit 20; Ligbron 27, Secunda 20; Penryn College 40, Kanonkop 32; Morgenzon Landbou 55, Hendrina 5; Steelcrest 51, Kriel 7.<\/p>\n<p><strong>Valke:<\/strong> Kempton Park 0, Noordheuwel 0; Vereeniging Gimnasium 33, Transvalia 23; Brandwag (Benoni) 34, Stoffberg 24; Parys 21, Die Ankerskool 21; Heilbron 55, Balfour 24.<\/p>\n<p><strong>VRYSTAAT\/GRIEKWAS<\/strong><\/p>\n<p>Welkom Gimnasium 22, Voortrekker 10; Jim Fouch\u00e9 34, Landboudal 3; Bothaville 37 President Steyn 20; Hennenman 12, Wessel Maree 10; Witteberg 28, Wilgerivier 25; Diamantveld 36, Fichardtpark 28; Duineveld 32, Sentraal 31; Hentie Cilliers 59, HTS Sasolburg 12; Goudveld-Ho\u00ebrskool 29, HTS Welkom 17; AHS Kroonstad 80, Ho\u00ebrskool Kroonstad 10; Sandveld 26, Welkom Sekonder 12; Harrismith 17, Ficksburg 12; Reitz 12, Vrede 10; Sand du Plessis 48, Zastron 13.<\/p>\n<p><strong>OOS-KAAP<\/strong><\/p>\n<p>Selborne College 34, Hudson Park 17; Brandwag (Uitenhage) 32, Despatch 14; Marlow Landbou 14, St. Andrew&#8217;s College 14; Woodridge College 8, Muir College 7; Graeme College 15, Pearson 10.<\/p>\n<p><strong>WES-KAAP<\/strong><\/p>\n<p>Ho\u00ebr Jongenskool Paarl 25, Rondebosch Boys&#8217; High 6; Paul Roos Gimnasium 50, Wynberg Boys&#8217; High 5; Paarl Gimnasium 41, Oakdale Landbou 19; Boland Landbou 47, Bishops 19; Stellenberg 36, De Kuilen 5; Brackenfell 25, Hermanus 22; DF Malan 34, Hamlets-klub 0; Swartland 46, Strand 12; Durbanville 24, Worcester Gimnasium 19; Hopefield 24, Labori 10; Dirkie Uys 25, Porterville 20; Schoonspruit 24, Vredenburg 0; PW Botha 21, York 20; Hugenote (Wellington) 10, Charlie Hofmeyr 9; Augsburg Gimnasium 38, Piketberg 7; SACS 47, Ho\u00ebrskool Bellville 7; President 12, Bosmansdam 12.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>HTS Middelburg se Rooi Bulle het vir \u2019n opskudding gesorg deur gister die Nelspruit Rhinos op sy tuisveld met 26-20 in die eindstryd van die Pumas se Makroskole-liga. Die Rhinos was sonder twyfel die gunsteling om as kampioen gekroon te word en sy vaskopstut, Dewald Maritz, het boonop ook frustrasie gehad waarvan hy ontslae sou [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-27008","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27008","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27008"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27008\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27008"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27008"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27008"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}