{"id":27010,"date":"2016-09-11T09:05:58","date_gmt":"2016-09-11T09:05:58","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/hou-boishaai-nou-die-rekord-vir-meeste-spelers-in-n-sa-skole-span\/"},"modified":"2016-09-11T09:05:58","modified_gmt":"2016-09-11T09:05:58","slug":"hou-boishaai-nou-die-rekord-vir-meeste-spelers-in-n-sa-skole-span","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=27010","title":{"rendered":"Hou Boishaai nou die rekord vir meeste spelers in &#8216;n SA Skole-span?"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-7234\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/News_BoishaaiAgtSA.jpg\" alt=\"News BoishaaiAgtSA\" width=\"363\" height=\"272\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/News_BoishaaiAgtSA.jpg 448w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/News_BoishaaiAgtSA-300x225.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 363px) 100vw, 363px\" \/>Kan die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl nou daarop aanspraak dat hulle Grey-kollege van Bloemfontein se gesogte rekord vir die meeste SA Skole-spelers in \u2019n span oortref het? <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit is \u2019n vraag wat seker nog vir \u2019n hele paar jare \u2019n hewige besprekingspunt tussen ondersteuners van die twee spogskole sal wees. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey-kollege het in 1981 die rekord daar gestel toe sy hele agterlyn behalwe die linkervleuel, Wimpie Burger, die nasionale skolespan se agterhoede gevorm het. Die span se heelagter Gerbrand Grobler, regtervleuel Leon Botha, senters Helgard M\u00fcller en Andr\u00e9 Greyling, losskakel Scheepers Gouws en skrumskakel Conrad de Beer het die SA-skolespan gehaal.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Burger is deur die toekomstige Springbok Kobus Burger (Paarl Gimnasium) destyds uit die span gehou. Kobus Burger het die vorige jaar ook die nasionale skolespan verteenwoordig. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Agt Boishaaiers is vanjaar vir die SA Skole-span gekies uit \u2019n groep van 26 spelers wat bekend gemaak is. Al agt was egter nooit terselfdertyd op die veld in die span se drie wedstryde teen onderskeidelik Wallis, Frankryk en Engeland nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In 1981 was daar egter slegs 20 SA Skole-pette oorhandig. Soos vandag ontvang spelers slegs hul SA Skole-status indien hulle \u2019n verskyning op die veld maak. Die afrigters het deur die jare nog altyd probeer om al die spelers speelkans te gee. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey-kollege het in 2009 en 2010 sy rekord van 1981 ge\u00ebwenaar toe onderskeidelik ses en sewe spelers vir die SA Skole-span gekies is. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In 2009 het die heelagter Riaan Britz, senter Piet Lindeque, skrumskakel Pieter Rademan (kaptein), flank Jean Cook, slot Carl Wegner en die stut Stephan Kotze in albei die span se wedstryde teen Itali\u00eb (86-3) en Engeland (13-45) in die beginspan uitgedraf. Dit was jammer dat Grey se senter Francois Venter nie beskikbaar weens \u2019n besering was nie. Hy het die vorige jaar al die nasionale skolespan gehaal. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In 2010 het Johan Goosen, William Small-Smith (kaptein), Paul Jordaan, Anrich Bitzi, Neethling Fouch\u00e9 en Kevin Luiters die span gehaal. Die span het Namibi\u00eb met 92-21 afgeransel, maar daar kon nog nie vasgestel word of al ses dieselfde tyd op die veld was tydens die kragmeting nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong><em>School of Rugby<\/em><\/strong> se gevoel voor vanjaar se SA Skole-wedstryde was dat Boishaai aanspraak as alleenhouer op die rekord kan maak indien sewe of al agt van die spelers tegelykertyd op die veld sou wees. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Boishaai het dit wel toe vermag toe die SA Skole-afrigter, Lance Sendin, teen Wallis met sy plaasvervangings gesorg het dat daar sewe Boishaaiers vir die laaste ongeveer agt minute op die veld was, terwyl al agt \u2018n rol in die wedstryd vertolk het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die kaptein en slot Salmaan Moerat, flank Charl Serdyn, agtsteman Khanya Ncusane en die heelagter, Gianni Lombard het in die beginspan opgedraf. Serdyn is in die 58ste minuut vervang, terwyl die vaskopstut Adam Neethling toe ook sy verskyning op die veld gemaak het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Reece Bezuidenhout, Daniel Jooste en Manuel Rass is daarna ook op die veld gestuur om die getal Boishaaiers wat op dieselfde tyd op die veld was sewe te maak. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Teen Frankryk was daar vir \u2019n skamele twee minute teen Frankryk was daar sewe van die agt Boishaaiers op die veld. Moerat, Jooste, Serdyn, Rass en Lombard was in die opdrafspan. Bezuidenhout en Neethling is in tandem in die 58ste minuut op die veld gestuur. Twee minute later moes Serdyn en Jooste plek vir onderskeidelik HTS Middelburg se JC Pretorius en Monnas se PJ Botha maak.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">[powr-comments id=&#8221;593fb1e0_1589282704084&#8243;]<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kan die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl nou daarop aanspraak dat hulle Grey-kollege van Bloemfontein se gesogte rekord vir die meeste SA Skole-spelers in \u2019n span oortref het? Dit is \u2019n vraag wat seker nog vir \u2019n hele paar jare \u2019n hewige besprekingspunt tussen ondersteuners van die twee spogskole sal wees. Grey-kollege het in 1981 die rekord [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":7234,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-27010","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27010","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27010"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27010\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7234"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27010"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27010"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27010"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}