{"id":27105,"date":"2018-07-28T17:45:07","date_gmt":"2018-07-28T17:45:07","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/affies-verhang-bordjies-teen-kloof-grey-behaal-rekordsege-oor-grey-pe\/"},"modified":"2018-07-28T17:45:07","modified_gmt":"2018-07-28T17:45:07","slug":"affies-verhang-bordjies-teen-kloof-grey-behaal-rekordsege-oor-grey-pe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=27105","title":{"rendered":"Affies verhang bordjies teen Kloof; Grey behaal rekordsege oor Grey PE"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-8363\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2018\/07\/NewsGGeorgeOosthuizen.jpg\" alt=\"NewsGGeorgeOosthuizen\" width=\"407\" height=\"267\" \/>Die Ho\u00ebrskool Menlopark se eersterugbyspan het die onbegonne taak gehad om \u2018n sege in Vanderbijlpark oor Transvalia te behaal om sy kanse op \u2018n plek in die uitspele van die Virsekerbeker lewend te hou.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hoewel die Parkies sy velle op die draad agterlos het, is die deur voor die laaste poelwedstryde danksy die naelskraapse sege van 38-37 steeds op \u2018n skrefie vir hulle oop.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u2018n Strafdrie met speeltyd wat reeds verstreke was deur die skeidsregter, Lihan Pretorius, het aan Menlopark die sege besorg. Transvalia wat tot tien minute voor die einde nog in beheer was se afrigter, Jaco Kok, sal glad nie tevrede met die nederlaag wees nie. &nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span van Vanderbijlpark benodig wel slegs \u2018n bonuspunt uit sy laaste kragmeting teen Garsfontein om sy plek in die uitspele te verseker. Menlopark sal hoop dat Garsfontein hom \u2018n guns bewys en Transvalia klop en van \u2018n bonuspunt weerhou.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Garsfontein beklee die boonste posisie op die puntelys en het vroe\u00ebr vanjaar teen Transvalia die knie in die Tuks-reeks gebuig. Garsies het die Nelspruit Rhinos Vrydag met 43-14 die loef afgesteek.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Monument het HTS Middelburg se Rooi Bulle op \u2018n drafstap met 64-12 slae gegee.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool van Pretoria het daarin geslaag om die bordjies teen Waterkloof in hul jaarlikse interskole te verhang. Affies het Klofies se Blou Tornado met 34-26 getem. Klofies was verlede jaar met 24-15 in die kragmeting baas. &nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit was veral deur die taktiese spel van sy skakelpaar, Steyn van der Spuy en Regardt Roets, wat danksy die oorheersing van die Wit Bulle se agttal beheer van die wedstryd geneem het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Voorlangs het die SA Skole-stut Dewald Donald en die haker, Janco Uys, gewoel. Die agtsteman, George Oosthuizen, en kantman Adolf Visser het ook die tuisspan besig gehou.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Klofies se vleuel Julian Bogner was gevaarlik elke keer wat hy bal in hand gekry het, terwyl sy flank en kaptein, Eckhardt Boshoff, vir Affies hoofbrekens by die afbreekpunte besorg het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die Virsekerbeker se Plaat-afdeling sal die stryd tussen Eldoraigne en Marais Viljoen Saterdag besluit wie bo-aan die puntestand sal eindig. Eldoraigne het \u2018n moeilike kragmeting teen Montana met 43-32 gewen. Marais Viljoen het met 24-elk gelykop teen die Ho\u00ebrskool Rustenburg gespeel. &nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Louis Botha sal sy titel as kampioen van die Vrystaatse A-liga Saterdag teen Sentraal verdedig. Louis Botha het nie veel probleme ondervind om Jim Fouch\u00e9 met 56-6 in die halfeindronde kaf te draf nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Sentraal se Bloktruie moes veel harder werk om Fichardtpark met 27-17 te klop. Daar was teen rustyd met die telling op 17-elk nie veel tussen die twee spanne te kies nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Griffon-titel sal vanjaar staanplek in Welkom kry. Goudveld-Ho\u00ebrskool sal \u2018n tweede kans vanjaar kry om sy aartsvyand Welkom Gimnasium te verras. Gimmies het \u2018n week gelede met 36-16 as oorwinnaars van die veld in die twee spanne se interskole-stryd getree.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Gimmies het sy onoorwonne status in die Noord-Vrystaat behou deur Witteberg van Bethlehem met 66-10 te verniel. Gouties het hulle plek in die eindstryd met \u2018n klinkende sege van 41-23 bespreek.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit gaan keer kos om Riebeeckstad te weerhou om sy titel as kampioen van die Vrystaatse-platteland te behou. Riebies het verlede jaar vir die eerste keer daarin geslaag om di\u00e9 trofee omhoog te hou.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Riebies het Ficksburg met 47-8 in die halfeindronde afgeransel om sy plek in die eindstryd teen Bothaville te bespreek. Die verdedigende kampioen het met 20-15 in die Sandveld-eindstryd verlede week die einste Bothaville getroef.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Duineveld is na sy sege van 22-19 oor Diamantveld in Upington die voorste skolespan in die Noord-Kaap. Sy Cravenweek-haker, Jannie Visser, was sonder twyfel die groot doring in Diamonds se vlees. Hy het veral met sy akkurate ingooiwerk in die lynstande be\u00efndruk.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-7555\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/NewsGSelborneCollege.jpg\" alt=\"NewsGSelborneCollege\" width=\"401\" height=\"267\" \/>Stellenberg maak weekliks \u2018n al hoe sterker argument dat hulle onder die voorste skole in die Westelike Provinsie vrygelaat moet word. Stellenberg het nou wel sy rieme teen Boland Landbou styfgeloop, maar is duidelik \u2018n span om mee rekening te hou.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Oakdale Landbou het op sy goeie peil voortgebou met \u2018n oortuigende oorwinning van 47-3 oor die Wolramme van Marlow Landbou. Outeniqua se Kwaggas se sege van 22-14 oor Framesby is ook noemenswaardig.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paul Roos het sy onoorwonne status vir 2018 behou deur met 44-17 oor Rondebosch Boys\u2019 High baas te wees.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paarl Gimnasium en die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl het albei positiewe seges behaal voor hulle mekaar in die Grootste Derby op skolevlak in die w\u00eareld pak. Hulle het onderskeidelik met Bishops (52-27) en SACS (25-10) afgereken.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die Oos-Kaap het Grey-kollege van Bloemfontein waarskynlik sy grootste sege ooit oor sy naamgenoot Grey High School van Port Elizabeth met \u2018n sege van 63-8 behaal.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Selborne College het ook nie veel genade op sy tuisveld vir Queen\u2019s College gehad nie en met 76-13 as oorwinnaars van die veld gestap. Die span van Oos-Londen het gewys hoekom hulle vanjaar die meeste SA Skole-spelers van enige skool in Suid-Afrika opgelewer het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>AL DIE UITSLAE:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>VIRSEKERBEKER<\/strong><strong>&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Afdeling 1 \u2013 Beker:<\/strong> Menlopark 38, Transvalia 37; Garsfontein 43, Ho\u00ebrskool Nelspruit 14; Monument 64, HTS Middelburg 12. <strong>Plaat:<\/strong> Eldoraigne 43, Montana 32; Kempton Park 46, Centurion 14; Noordheuwel 43, Zwartkop 27; Ho\u00ebrskool Rustenburg 24, Marais Viljoen 24. <strong>Skild:<\/strong> Oos-Moot 44, Lichtenburg 12; Ho\u00ebrskool Middelburg 29, Ho\u00ebrskool Pietersburg 24.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Afdeling 2 \u2013 Uitspeelwedstryde:<\/strong> Frikkie Meyer 73, Midstream College 19; Ho\u00ebrskool Alberton 32, Lydenburg 28; Potchefstroom Volkskool 31, Ellisras 10; Wesvalia 52, Heidelberg Volkskool 20; Secunda 32, Piet Potgieter 17; Driehoek 33, Ho\u00ebrskool Tuine 27; Dr. Malan 22, Overkruin 19.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Afdeling 3 \u2013 Uitspeelwedstryde:<\/strong> Curro Heuwelkruin 34, Hoogenhout 22; Riebeeckrand 22, Barberton 0; Louis Trichardt 38, Fochville 27; Schoonspruit 52, Akasia 6; Stoffberg 24, Gerrit Maritz 0; HTS Carel de Wet 31, Hendrik Verwoerd 27; Brandwag (Benoni) 50, Vryburg 27.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Afdeling 4 \u2013 Uitspeelwedstryde:<\/strong> Koster 18, Edenvale 17; Voortrekkerhoogte 22, Patriot 21; Swartruggens 37, Mitchellhouse 26; Hendrina 34, Curro Roodeplaat 19; Stella 37, Kempton Panorama 34.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>NOORDVAAL <\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Affies 34, Waterkloof 26; Helpmekaar 40, Parktown Boys\u2019 High 15; Jeppe High School 40, King Edward VII 25.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>VRYSTAAT\/GRIEKWAS <\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey-kollege 63, Grey High School 8; Welkom Gimnasium 66, Witteberg 10; Goudveld-Ho\u00ebrskool 41, Voortrekker 23; Sentraal 27, Fichardtpark 17; Louis Botha 56, Jim Fouch\u00e9 6; Duineveld 22, Diamantveld 19; Riebeeckstad 47, Ficksburg 8; Bothaville 26, Reitz 17; Brandfort 40, Sand du Plessis 17; St Andrew 45, President Steyn 21; Bultfontein 64, New Horizon 5; Hoopstad 27, Retief (Kestell) 26. &nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>OOS-KAAP\/KWAZULU-NATAL <\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Selborne College 76, Queen\u2019s College 13; Dale College 45, St Andrew\u2019s College 25; Maritzburg College 27, Pretoria Boys\u2019 High 14.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>WES-KAAP <\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Boland Landbou 30, Stellenberg 21; Paarl Gimnasium 52, Bishops 27; Paul Roos Gimnasium 44, Rondebosch Boys\u2019 High 17; Oakdale Landbou 47, Marlow Landbou 3; Outeniqua 22, Framesby 14; Ho\u00ebr Jongenskool Paarl 25, SACS 10; Wynberg Boys\u2019 High 32, Ho\u00ebrskool Bellville 7; Ho\u00ebrskool Durbanville 52, De Kuilen 0; Worcester Gimnasium 12, Parel Vallei 9; JG Meiring 39, President 15; Schoonspruit 86, Augsburg Gimnasium 0; Swartland 13, Ho\u00ebrskool Tygerberg 12; Hermanus 24, Charlie Hofmeyr 12; DF Malan 29, Strand 17.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>FOTOS:<\/strong> William Brown and Izelle van der Merwe.<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Ho\u00ebrskool Menlopark se eersterugbyspan het die onbegonne taak gehad om \u2018n sege in Vanderbijlpark oor Transvalia te behaal om sy kanse op \u2018n plek in die uitspele van die Virsekerbeker lewend te hou. Hoewel die Parkies sy velle op die draad agterlos het, is die deur voor die laaste poelwedstryde danksy die naelskraapse sege [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":8364,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-27105","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27105","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27105"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27105\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27105"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27105"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27105"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}