{"id":28006,"date":"2017-01-22T20:00:08","date_gmt":"2017-01-22T20:00:08","guid":{"rendered":"https:\/\/athletics.supersportschools.com\/?p=4836"},"modified":"2017-01-22T20:00:08","modified_gmt":"2017-01-22T20:00:08","slug":"dlodlo-skitter-op-kempies-byeenkoms","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=28006","title":{"rendered":"Dlodlo skitter op Kempies-byeenkoms"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone wp-image-7279\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/schoolofrugby.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/01\/IMG_9061.JPG\" alt=\"IMG 9061\" width=\"335\" height=\"223\" \/>Monument se naelloper Thando Dlodlo (o.19) het Vrydag tydens Ho\u00ebrskool Kemptonpark se jaarlikse byeenkoms gesorg dat sy naam waarskynlik nog lank in die byeenkoms se rekordboeke sal pryk. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dlodlo was verlede jaar nog vir Prestige College van Hammanskraal in aksie. Hy het die 100m vir seuns o.19 in \u2019n blitsige 10.20 sekondes afgeblits. Al die tye op die byeenkoms was handtye, terwyl dit ook in ag geneem moet word dat die byeenkoms op Kempies se grasbaan plaasgevind het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hiermee het Dlodlo die rekord (10.60) van Eckhard Rossouw van Kempies verpletter. <\/span><br \/>\n<span style=\"color: #000000;\">Dlodlo het ook in die 200m die rekord tot \u2018n skitterende 21.40 sekondes verbeter. Dan het hy boonop ook in die 400m in 48.40 sekondes gese\u00ebvier.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Indien Dlodlo op die vertonings kan voortbou gaan daar nog baie vanjaar oor hom geskryf word. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Kyle Blignaut (Monument) was nou wel nie met sy beste poging van 17.60m in die gewigstoot vir seuns o.19 op sy beste nie, maar die belowende atletiekster het wel daarin geslaag om Patrick Duvenage (King Edward VII) se rekord van 17.38m wat hy verlede jaar opgestel het uit die rekordboeke te vee. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Blignaut het einde verlede jaar goud of the Afrika Suidstreek-kampioenskap (o.19) in Angola met \u2019n poging van 18.93m verower. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Sy skoolmaat Morn\u00e9 Brandon (15.44m) en die Ho\u00ebrskool Nelspruit se Naas Marais (14.58m) het gesorg dat Suid-Afrika die hele podium in Angola vir die nommer volgestaan het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-7280 alignnone\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: right;\" src=\"https:\/\/schoolofrugby.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/01\/IMG_9127_NR.JPG\" alt=\"IMG 9127 NR\" width=\"300\" height=\"450\" \/>Blignaut het Vrydag ook in die diskus koning gekraai toe hy die diskus 44.84m ver geslinger het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Brandon het in Kemptonpark die rekord in die gewigstoot vir seuns o.17 tot 18.62m verbeter. Die byeenkomsrekord vir die diskus het ook in die slag gebly na Brandon met \u2018n poging van 56.84m losgetrek het. Di\u00e9 rekord het sedert 1991 gestaan. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die SA Skole-kampioen in verlede jaar se 90m-hekkies vir meisies o.15, Antoinette van der Merwe (Eldoraigne), het soos verwag hakskene vir haar teenstanders op die byeenkoms gewys. Sy het die 100m-hekkies vir meisies o.16 in 14.50 sekondes gewen. Kempies se Lian\u00e9 van Jaarsveld (14.80) is kort na haar oor die eindstreep. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Van der Merwe het ook in die 100m (12.40) en 200m (25.40) koning gekraai. Kempies se Christelle Grobler het met \u2019n poging van 14.06m die gewigstoot vir meisies o.15 gewen. Die afstand sou aan haar die goue medalje op verlede jaar se SA Skole-kampioenskap besorg het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Sy het ook met \u2018n gooi van 38.15m in die diskus geen gelyke gehad nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Buiten die gasheer was atlete van Monument, King Edward VII, Eldoraigne, Pretoria Boys\u2019 High, Ho\u00ebrskool Wesvalia, Lowveld High en Pretoria Girls\u2019 High op die byeenkoms in aksie.<\/span> <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Monument se naelloper Thando Dlodlo (o.19) het Vrydag tydens Ho\u00ebrskool Kemptonpark se jaarlikse byeenkoms gesorg dat sy naam waarskynlik nog lank in die byeenkoms se rekordboeke sal pryk. Dlodlo was verlede jaar nog vir Prestige College van Hammanskraal in aksie. Hy het die 100m vir seuns o.19 in \u2019n blitsige 10.20 sekondes afgeblits. Al die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":7279,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-28006","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28006","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=28006"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28006\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7279"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=28006"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=28006"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=28006"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}