{"id":30185,"date":"2014-01-09T19:02:21","date_gmt":"2014-01-09T17:02:21","guid":{"rendered":"https:\/\/cricket.supersportschools.com\/markram-kaptein-vir-nasionale-o-19-span\/"},"modified":"2014-01-09T19:02:21","modified_gmt":"2014-01-09T17:02:21","slug":"markram-kaptein-vir-nasionale-o-19-span","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=30185","title":{"rendered":"Markram kaptein vir nasionale o.19-span"},"content":{"rendered":"<p>STELLENBOSCH. \u2013 Die Titans se Aiden Markram sal die Suid-Afrikaanse o.19-span na die W\u00eareldbeker vir o.19-spanne na die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) volgende maand aanvoer. Di\u00e9 span is na afloop van die sesde Cubs-week hier aangekondig.<\/p>\n<p>Di\u00e9 toernooi was Markram se eerste nasionale o.19-toernooi wat hy bygewoon het. Hy was nooit op \u2018n Khaya Majola-week in aksie nie. Hy was wel verlede jaar in die nasionale span wat aan \u2018n vierhoekige reeks in Indi\u00eb deelgeneem het.<\/p>\n<p>Die Suid-Afrikaanse Skole-kaptein van 2013, Yaseen Valli is ook in die groep vir die w\u00eareldbeker. Die keurders het daarop besluit om drie veelsydige spelers wat draaiboulers is in die groep in te sluit. Die trio Driaan Bruwer, Greg Oldfield en Valli sal op die draaiers vriendelike baanblaaie hulle man moet staan. Bruwer was die draaier in die nasionale skolespan van 2013.<\/p>\n<p>Die draaier van die Knights, Sine Ntshona wat in Indi\u00eb die nasionale span se ekonomieste bouler was, kon nie genoeg tydens die week doen om die keurders te oortuig nie.<\/p>\n<p>Suid-Afrika se eerste kragmeting van di\u00e9 toernooi teen die Wes-Indiese Eilande op 14 Februarie sal sy 50ste wees sedert hy in 1998 vir die eerste keer aan die toernooi deelgeneem het.<\/p>\n<p>Suid-Afrika was al twee keer naaswenners van die toernooi. In 2002 in Nieu-Seeland het die span die knie teen Australi\u00eb met spelers soos Hashim Amla, Ryan McLaren en Rory Kleinveldt gebuig. In 2008 in Maleisi\u00eb moes die span met die tweede plek tevrede wees na Indi\u00eb met Virat Kohli aan die spits die trofee verower het. Toe was spelers soos Wayne Parnell, Rilee Rossouw, Reeza Hendricks en Jonathan Vandiar in die Suid-Afrikaanse span.<\/p>\n<p>Indi\u00eb en Australi\u00eb was al drie keer w\u00eareldkampioen en op die draaiersvriendelike baanblaaie van die VAE behoort die span van die subkontitent die gunsteling te wees.<\/p>\n<p>Die eerstekeuse aanvangskolwers behoort Clyde Fortuin en Kirwin Christoffels te wees. Laasgenoemde het verlede jaar ook die nasionale studentespan gehaal. Fortuin was verlede jaar ongetwyfeld die voorste kolwer op skolevlak in Suid-Afrika en is ook die span se paaltjiewagter.<\/p>\n<p>Van die groep het slegs Christoffels, Bruwer, Bradley Bopp en Sibonelo Makhanya nog nooit die nasionale o.19-span verteenwoordig nie. Van die groep wat Indi\u00eb toe was kon Ntshona, Lloyd Brown, Bradley Dial en Hayes van der Berg nie die groep haal nie.<\/p>\n<p><strong>Die span is:<\/strong><\/p>\n<p>Aiden Markram (Titans \u2013 kaptein), Kirwin Christoffels (Warriors), Clyde Fortuin (Cobras), Driaan Bruwer (Titans), Greg Oldfield (Dolphins), Bradley Bopp (Warriors), Sibonelo Makhanya (Dolphins), Justin Dill (Cobras), Corbin Bosch (Titans), Dayyaan Galiem (Cobras), Andile Phehlukwayo (Dolphins), Kagiso Rabada, Yaseen Valli (Lions), Jason Smith (Cobras), Ngazibini Sigwili (Warriors).<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>STELLENBOSCH. \u2013 Die Titans se Aiden Markram sal die Suid-Afrikaanse o.19-span na die W\u00eareldbeker vir o.19-spanne na die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) volgende maand aanvoer. Di\u00e9 span is na afloop van die sesde Cubs-week hier aangekondig. Di\u00e9 toernooi was Markram se eerste nasionale o.19-toernooi wat hy bygewoon het. Hy was nooit op \u2018n Khaya Majola-week [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":47427,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-30185","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30185","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=30185"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30185\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/47427"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=30185"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=30185"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=30185"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}