{"id":32540,"date":"2024-01-12T06:34:36","date_gmt":"2024-01-12T04:34:36","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=32540"},"modified":"2024-01-12T06:34:36","modified_gmt":"2024-01-12T04:34:36","slug":"dreyers-lei-wesvalia-na-eerste-kovsie-smash-kroon","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=32540","title":{"rendered":"Dreyers lei Wesvalia na eerste Kovsie Smash kroon"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_32543\" aria-describedby=\"caption-attachment-32543\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-32543 size-medium\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/Wesvalia-kovsie-400x242.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"242\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-32543\" class=\"wp-caption-text\">Wesvalia se kampioenspan. FOTO: DKM Photography<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die eerste Kovsie Smash sal beslis vir nog baie jare onthou word onder die spelers van die <strong>Ho\u00ebrskool Wesvalia<\/strong>, nog meer deur die Dreyer-duo, Eduard en Marneu, wat deur die week byna onkeerbaar was.<\/p>\n<p>Die span van Klerksdorp het sy momentum voortgesit en amok gesaai in die eerste Kovsie Smash-eindstryd deur vir <strong>Ho\u00ebrskool Middelburg<\/strong> gemaklik met tien paaltjies af te ransel.<\/p>\n<p>Al die aksie was regstreek op <strong>SuperSport Schools<\/strong> (www.supersportschools.com) gebeeldsend.<\/p>\n<p>&#8220;Die eerste Kovsie Smash is met groot sukses afgehandel, met Wesvalia wat as kampioen gekroon is,&#8221; het <strong>Herman van der Merwe<\/strong>, skoolhoof van die Ho\u00ebrskool Fichardtpark, ges\u00ea. Die toernooi is vanjaar as deel van Fichies se 40ste bestaansjaar se vieringe aangebied. Volgens die organiseerders sal hierdie toernooi &#8216;n jaarlikse instelling word met die Kovsies as hoofborg.<\/p>\n<p>&#8220;As gevolg van ongekende belangstelling is daar selfs sprake dat die toernooi nog kan uitbrei met die toevoeging van &#8216;n B-afdeling nie uitgesluit nie. Hierdie toernooi is uit verskeie oorde groot lof toegesing.&#8221; het Van der Merwe ges\u00ea.<\/p>\n<p><strong>Quewen Fourie<\/strong> het die pas vir die Klerksdorpers gestel. Hy het van twee kolwers vir net 23 lopies ontslae geraak. Dit het gehelp om die Middies tot slegs 103\/4 in hul toegelate boulbeurte te beperk.<\/p>\n<p><strong>Gavin Genis<\/strong> (34*) het geblyk na die enigste Middie-kolwer met enige antwoorde op Wesvalia se skitterende boulwerk en skerp veldwerk wat die druk so rapsie verhoog het.<\/p>\n<p>Met Wesvalia stewig aan die stuur van sake het die Dreyer-duo geen tyd gemors opsoek na die 104 nodig vir &#8216;n geskiedkundige oorwinning nie. <strong>Eduard Dreyer<\/strong> was vir die soveelste keer aan die voortou van die aanslag met &#8216;n onoorwonne 54 lopies.<\/p>\n<p>Aan die ander kant was <strong>Marneu Dreyer<\/strong> self in &#8216;n vernietigende bui. Hy het stewig vasgebyt en &#8216;n goeie ondersteunende beurt van &#8216;n onoorwonne 39 lopies gespeel.<\/p>\n<p>Die twee se vennootskap van 105 lopies om die eerste paaltjie het verseker dat Wesvalia die telling in die 18de boulbeurt met al tien paaltjies steeds staande verby steek.<\/p>\n<p>Die gasheer,<strong> Fichardtpark<\/strong>, het op sy beurt die toernooi op &#8216;n positiewe noot afgesluit met &#8216;n\u00a0 sege van 28-lopies oor <strong>HTS Middelburg<\/strong>. Die twee het sake uitgespook om die derde en vierde plek.<\/p>\n<p><strong>MJ Herbst<\/strong> het uitgestaan met die kolf in hand. Sy bydra van 43 lopies, saam met &#8216;n onoorwonne 28 lopies van <strong>Stian Kruger<\/strong> se kolf het die Fichies tot &#8216;n goeie telling van 142\/6 gelei.<\/p>\n<p><strong>HTS Middelburg<\/strong> het egter nie dieselfde geluk geniet nie. <strong>Nathan Ackerman<\/strong> het die bal die praat werk laat doen met goeie boulsyfers van drie paaltjies vir 20 lopies wat die druk stewig op die span van Middelburg geplaas het. Hy het goeie ondersteuning ontvang vanaf Stian Kruger. Kruger het twee paaltjies laat kantel vir 20 lopies.<\/p>\n<p>Slegs <strong>WJ Enslin<\/strong> kon ietwat respek afdwing met sy 33 lopies, maar ongelukkig was dit nie genoeg nie en is <strong>HTS Middelburg<\/strong> beperk tot slegs 114\/7 in sy toegelate 20 beurte.<\/p>\n<p>Die span van <strong>Ho\u00ebrskool Pietersburg<\/strong> het met die louere as Plaat-kampioen weggestap na &#8216;n oortuigende oowinning van 60 lopies teen <strong>Ho\u00ebrskool Kalahari <\/strong>van Kuruman, terwyl <strong>Witteberg<\/strong> sy toernooi met &#8216;n oorwinning van 39 lopies teen <strong>Jim Fouch\u00e9<\/strong>\u00a0afgesluit het om as die Boul-kampioene gekroon te word.<\/p>\n<p>Die wedstryd tussen <strong>Ho\u00ebrskool Sasolburg<\/strong> en <strong>Ho\u00ebrskool Goudveld<\/strong> is sonder dat daar &#8216;n enkele aflewering afgestuur is, weens onspeelbare kondisies afgelas. Die twee spanne deel diensooreenkomstig die 11de posisie.<\/p>\n<p><strong>Beknopte telkaarte:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Middelburg 103\/4<\/strong> (Gavin Genis 34* Deduan Strydom 31; Quewen Fourie 2\/23); <strong>Wesvalia 105\/0<\/strong> (Eduard Dreyer 54*, Marneu Dreyer 39*). <strong>Wesvalia wen met tien paaltjies<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Fichardtpark 142\/6<\/strong> (MJ Herbst 43, Stian Kruger 28*, Marno 20; Toy Engelbrecht 2\/6); <strong>HTS Middelburg 114\/7<\/strong> (WJ Enslin 33; Nathan Ackerman 3\/20, Stian Kruger 2\/20). <strong>Fichardtpark wen met 28 lopies<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Pietersburg 108\/8<\/strong> (Villiers van der Merwe 28; Carl Thole 2\/16); <strong>Kalahari 48<\/strong> (Juan Rademeyer 3\/9, Nicholaas Oerlemans 2\/17).<strong> Ho\u00ebrskool Pietersburg wen met 60 lopies<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Witteberg 106\/5<\/strong> (Stefan Geldenhuis 56*; Lian Theron 2\/26); <strong>Jim Fouch\u00e9 67<\/strong> (Franco de Necker 25; Mila Oersen 2\/9, Zander Fourie 2\/11, Dumisani Johnson 2\/14). <strong>Witteberg wen met 39 lopies<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Voortrekker 141\/7<\/strong> (Juan Theunissen 46*, Cecil Parsons 21, Craig Mann 20; Roche le Roux 3\/11); <strong>Overvaal 84<\/strong> (Janco de Lange 31; Joel Coetzee 3\/13, Craig Mann 2\/0, Andr\u00e9 Heunis 2\/13). <strong>Voortrekker wen met 57 lopies<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Oos-Moot 167\/6<\/strong> (Danie Corbett 61, Joost Laubscher 41, Chrisjan van Staden 30; Shelton Claassen 3\/32); <strong>Despatch 107<\/strong> (Ewald Brown 28; Elrich Visagie 4\/23, Ewoudt van Niekerk 2\/13). <strong>Oos-Moot wen met 60 lopies<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Trio 167\/3<\/strong> (Miguel Menino 69*, Franco de Wet 62; Reshe Wales 2\/27); <strong>Sentraal 79<\/strong> (Pieter Muller 16; Pedr Wilken 2\/9, Bokang Mohasha 2\/10, Duncan Cronje 2\/12). <strong>Trio wen met 88 lopies<\/strong>.<\/p>\n<p><em>Ho\u00ebrskool Sasolburg teen Goudveld-Ho\u00ebrskool is afgelas sonder bal wat geboul is<\/em><strong>.<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die eerste Kovsie Smash sal beslis vir nog baie jare onthou word onder die spelers van die Ho\u00ebrskool Wesvalia, nog meer deur die Dreyer-duo, Eduard en Marneu, wat deur die week byna onkeerbaar was. Die span van Klerksdorp het sy momentum voortgesit en amok gesaai in die eerste Kovsie Smash-eindstryd deur vir Ho\u00ebrskool Middelburg gemaklik [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":32543,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-32540","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32540","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=32540"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32540\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/32543"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=32540"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=32540"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=32540"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}