{"id":32910,"date":"2024-01-18T10:25:11","date_gmt":"2024-01-18T08:25:11","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=32910"},"modified":"2024-01-18T10:25:11","modified_gmt":"2024-01-18T08:25:11","slug":"menlopark-stolk-loos-vir-afskop-van-finsbury-reeks","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=32910","title":{"rendered":"Menlopark Stolk-loos vir afskop van Finsbury-reeks"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_30011\" aria-describedby=\"caption-attachment-30011\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-30011\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/09\/f2b4910f929145fc8bdeaf9aeaf3a719-300x200.webp\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/09\/f2b4910f929145fc8bdeaf9aeaf3a719-300x200.webp 300w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/09\/f2b4910f929145fc8bdeaf9aeaf3a719-768x512.webp 768w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/09\/f2b4910f929145fc8bdeaf9aeaf3a719.webp 1024w\" sizes=\"auto, (max-width: 400px) 100vw, 400px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-30011\" class=\"wp-caption-text\">WIAN RUTHVEN (Waterkloof)<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die verdedigende kampioen van die Finsbury-liga se A-afdeling, die Ho\u00ebrskool Menlopark, sal sonder die dienste van sy SA o.19-speler, <strong>Steve Stolk<\/strong>, moet klaar kom.<\/p>\n<p>Stolk sal die grootste deel van die kompetisie misloop weens sy betrokkenheid by die o.19 W\u00eareldbeker wat op 19 Januarie in Suid-Afrika begin.<\/p>\n<p>Die span van Pretoria bevind homself ook sonder die dienste van sy aanvangsbouler <strong>Tiaan Serfontein<\/strong> wat tans op die krukkelys is.<\/p>\n<p>Dit maak egter die deur oop vir sy kaptein, <strong>Ewald Meyer<\/strong>, om sy stempel vroeg in die jaar af te druk. Meyer is &#8216;n sleutelspeler vir die span van die Jakarandastad. Die veelsydige-speler sal die kolfbeurt open asook die nuwe bal vir sy span opneem.<\/p>\n<p><strong>Willem Sevenster<\/strong> is nog &#8216;n belangrike pyl in die Menlo-koker. Sevenster is bekend vir sy aanvallende spel met die kolf in die hand. Hy sal ook weer in sy gereeelde posisie as paaltjiewagter diens doen. Menlo se draaibal-towenaar <strong>Pierre de Villiers<\/strong> is nog &#8216;n speler om voor uit te kyk. Saam met sy vernuf met die bal, speel hy ook &#8216;n belangrike rol in die span se kolforde.<\/p>\n<p>Dit bring hope ervaring na die tafel, aangesien al drie reeds die Titans se o.17 span by verlede jaar se streekstoernooi in Benoni verteenwoordig het.<\/p>\n<p><strong>Waterkloof<\/strong> is sonder twyfel ook &#8216;n gunsteling om vanjaar aanspraak op di\u00e9 titel te maak. Die span van Pretoria is in \u2018n sterk posisie na hy die kern van sy suksesvolle 2023-span, wat as kampioene van die Titans A-Liga, die Noord\/Suid T20-toernooi asook die Fain-reeks gekroon is.<\/p>\n<p>Sy kaptein en paaltjiewagter, <strong>Beukes van den Berg<\/strong>, sal weer vanjaar die span aanvoer, terwyl <strong>Marcus Bakker<\/strong> ook weer vir die Klofies in aksie te siene sal wees. Bakker dra waardevolle ervaring by as die enigste oorblywende speler wat reeds in 2023 op die Khaya Majola-week in aksie was.<\/p>\n<p><strong>Wian Ruthven<\/strong> sal weer menigde boulaanvalle die skrik op die lyf jaag met sy terugkeer. Saam met Ruthven maak <strong>Divan Behrens<\/strong> en die opwindende <strong>Franco Cronj\u00e9<\/strong> ook hul terugkeur om die Klofie-span verder te versterk.<\/p>\n<p><strong>Alex Volschenk<\/strong> is nie beskikbaar nie as gevolg van internationale verantwoordelikhede. Die jong veelsydige-speler neem die leisels op vir die Namibiese o.19-span in vanjaar se o.19 Wereldbeker. <strong>GJ de Swart<\/strong> is ook afwesig weens \u2018n ernstige kniebesering en sal eers aan die einde van die jaar in aksie wees.<\/p>\n<p><strong>Potchefstroom Volkskool<\/strong> sal in baie se opinies \u2018n buiteperd in vanjaar se kompetisie wees. Die krieketkrag van Potchefstroom het oor die jare bewys dat hy onder die groter honde, meer as sy byt werd is.<\/p>\n<p><strong>Attie Liebenberg<\/strong> sal die die span se sleutel tot sukses wees. Die voorslag kolwer sal \u2018n belangrike rol in die Volkies se kolforde speel. Liebenberg sal ook sy span aanvoer.<\/p>\n<p>Die Noord-Wes aanvangsbouler <strong>Berno de Klerk<\/strong> maak ook sy terugkeur na die Volkie-span. <strong>Diaan van der Merwe<\/strong> neem weer sy plek as aanvangskolwer in en sal met sy linkerhandse draaiboulwerk in die middelste boulbeurte vir sy span goud werd wees.<\/p>\n<p>Die ervare <strong>Dian Liebenberg<\/strong> se draaiboulwerk sal ook weer verwelkom word met die hoop dat dit teenstanders se kolwers behoorlik kan fnuik.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit<\/strong> sal beoog om op &#8216;n moeilike 2023-seisoen te verbeter. <strong>Jayden Meyer<\/strong>, die Nellies se kaptein sal &#8216;n belangrike rol hierin speel. Hy is uiters gevaarlik met die kolf in die hand. Meyer het reeds die verantwoordelikheid om vir Mpumalanga met die nuwe bal tydens die Khaya Majola-week die leiding te neem.<\/p>\n<p>Die Nellies het &#8216;n groot gros jong talent wat vanjaar kan deurbreek. <strong>Vaughn van Zyl<\/strong>, John Duncan en <strong>Janco Breyl<\/strong> is drie van di\u00e9 spelers wat verlede jaar Mpumalanga se o.16-span verteenwoordig het, wat vanjaar onder Meyer se leiding &#8216;n impak sal wil maak.<\/p>\n<p>Soos die meeste ander spanne in die afdeling het die <strong>Ho\u00ebrskool Centurion<\/strong> ook &#8216;n groot deel van sy kern van die 2023-seisoen behou.<\/p>\n<p>Die twee belangrikste is sekerlik sy provinsiale spelers, <strong>Charl Prinsloo<\/strong> en <strong>Rehan Lues<\/strong>. Pretorius sal die leisels neem in die komende jaar en al sy kolfvernuf in die middelorde sal van uiterste belang wees. Sy draaiboulwerk sal egter ook &#8216;n groot wapen in die Woeries se arsenaal wees.<\/p>\n<p>Lues, die Woeries se aanvangsbouler, sal laer af die orde in aksie wees. Saam met sy vaardighede met die nuwe bal is Lues ook &#8216;n groot gevaar met die kolf. Die veelsydige-speler is wel-bekend in die Pretoria omgewing vir sy verwoestende kolfbeurte<\/p>\n<p>Saam met Prinsloo en Lues is dit <strong>Anton Stassen<\/strong>, Logan Fourie, <strong>Nathan Willemse<\/strong> en <strong>Wouter Kielblock<\/strong> wat die Woeries se staatmakers behoort te wees. Al vier het reeds goeie ervaring op eerstespanvlak en sal die kern van die Centurion-span vorm.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg<\/strong> is die sesde span wat in die A-afdeling van die reeks in aksie sal wees.<\/p>\n<p>Die uitspeelwedstryd om promosie\/relegasie sal op 24 Februarie plaasvind. Die span wat laaste in die A-afdeling eindig sal teen die voorste span in die B-afdeling te staan kom.<\/p>\n<p><strong>Die bepalings:<\/strong><\/p>\n<p><strong>20 Januarie 2024<\/strong><\/p>\n<p>Ho\u00ebrskool Rustenburg vs Waterkloof<br \/>\nHo\u00ebrskool Nelspruit vs Centurion<br \/>\nPotchefstroom Volkskool vs Menlopark<\/p>\n<p><strong>27 Januarie 2024 <\/strong><\/p>\n<p>Potchefstroom Volkskool vs Ho\u00ebrskool Nelspruit<br \/>\nWaterkloof vs Centurion<br \/>\nMenlopark vs Ho\u00ebrskool Rustenburg<\/p>\n<p><strong>3 Februarie 2024<\/strong><\/p>\n<p>Centurion vs Potchefstroom Volkskool<br \/>\nMenlopark vs Waterkloof<br \/>\nHo\u00ebrskool Nelspruit vs Ho\u00ebrskool Rustenburg<\/p>\n<p><strong>10 Februarie 2024\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Ho\u00ebrskool Rustenburg vs Centurion<br \/>\nWaterkloof vs Potchefstroom Volkskool<br \/>\nMenlopark vs Ho\u00ebrskool Nelspruit<\/p>\n<p><strong>17 Februarie 2024\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Potchefstroom Volkskool vs Ho\u00ebrskool Rustenburg<br \/>\nCenturion vs Menlopark<br \/>\nWaterkloof vs Ho\u00ebrskool Nelspruit<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die verdedigende kampioen van die Finsbury-liga se A-afdeling, die Ho\u00ebrskool Menlopark, sal sonder die dienste van sy SA o.19-speler, Steve Stolk, moet klaar kom. Stolk sal die grootste deel van die kompetisie misloop weens sy betrokkenheid by die o.19 W\u00eareldbeker wat op 19 Januarie in Suid-Afrika begin. Die span van Pretoria bevind homself ook sonder [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":30011,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-32910","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32910","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=32910"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/32910\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/30011"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=32910"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=32910"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=32910"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}