{"id":33035,"date":"2024-01-22T13:30:38","date_gmt":"2024-01-22T11:30:38","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=33035"},"modified":"2024-01-22T13:30:38","modified_gmt":"2024-01-22T11:30:38","slug":"pretorius-se-tweede-dubbele-honderdtal-kasty-trekkers","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=33035","title":{"rendered":"Pretorius se tweede dubbele honderdtal kasty Trekkers"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_33176\" aria-describedby=\"caption-attachment-33176\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-33176\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/Meyer-Pretorius-Sasolburg-Foto-Nikite-Pretorius-e1705921860939-400x265.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"265\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-33176\" class=\"wp-caption-text\">Meyer Pretorius, Ho\u00ebrskool Sasolburg | Fotograaf: Nikite Pretorius<\/figcaption><\/figure>\n<p><strong>Meyer Pretorius<\/strong> het Saterdag 213 lopies van 98 balle gemoker vir <strong>Ho\u00ebrskool Sasolburg<\/strong> teen <strong>Voortrekker<\/strong> in Bethlehem.<\/p>\n<p>Dit is Pretorius se tweede dubbele honderdtal van die seisoen. Hy het in September verlede jaar ook 215 lopies aangeteken vir die <strong>Fezile Dabi o.19-<\/strong>streekspan.<\/p>\n<p>Die besoekers het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. <strong>Wiandre Singleton<\/strong> en <strong>Jandr\u00e9 Grobler<\/strong> het goed gedoen om die grondslag te l\u00ea, maar dit was Pretorius wat die tempo kon lig om Sasolburg se wentotaal te bemagtig.<\/p>\n<p>Met 33 grenshoue, waarvan 18 raakgeslaan is vir die maksimum, kon Pretorius sy magtige bydrae in slegs 98 balle lewer, voordat &#8216;n aflewering deur <strong>Cecil Parsons<\/strong> in die hande van <strong>Vlag Janse van Rensburg<\/strong> beland het om die gevaarman se beurt tot &#8216;n einde te bring. Teen die tyd dat die laaste paaltjie geval het die tuisspan reeds &#8216;n berg in die gesig gestaar, met 361 lopies nodig om te wen.<\/p>\n<p>Goeie vyftigtalle deur <strong>Juan Theunissen<\/strong> (54) en <strong>Thato Nthebere<\/strong> (50) kon die Trekkers help tot 235 lopies, maar <strong>Wiandre<\/strong> en <strong>Liam Singleton<\/strong> het saam agt Voortrekker kolwers ge\u00eblimineer om die sege vir Ho\u00ebrskool Sasolburg te verseker.<\/p>\n<p><strong>Fichardtpark<\/strong> het vir die tweede keer in die 2023\/24 seisoen gelykop gespeel. In Oktober 2023 het die Fichies &#8220;sussies gesoen&#8221; in hul wedstryd teen Goudveld nadat albei spanne vir 160 uitgeboul is.<\/p>\n<p>Hierdie naweek het presies dieselfde gebeur teen hul buurskool, <strong>Sentraal<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Zayne Williamson<\/strong> se 41 lopies was die meeste vir die dag, maar <strong>Johan van den Heever<\/strong> het verwoesting gesaai onder die Fichie-kolwers. Hy kon sewe paaltjies plattrek om Fichardtpark se kolfbeurt te help kortknip op 160.<\/p>\n<p><strong>AJ Joubert<\/strong> het met die tweede bal van die wedstryd die eerste bloed getrek vir Sentraal, en daarna was die kollig op Van den Heever.<\/p>\n<p><strong>Michael Cruywagen<\/strong> was aan die voorpunt van die teenaanval met boulsyfers van 4\/17. <strong>Devant\u00e9 Claasens<\/strong> (3\/37) en <strong>Eben Botha<\/strong> (2\/35) het ook gehelp om die Sentraal-kolwers in te perk.<\/p>\n<p>AJ Joubert het &#8216;n groot rol gespeel as Sentraal se sewende kolwer om vinnig &#8216;n onoorwonne beurt van 28-lopies bymekaar te sit. Hy kon egter slegs daarin slaag om sy span ook tot op 160 te dryf, voordat hy hulpeloos moes staan en toekyk hoe <strong>MJ Herbst<\/strong> die laaste Tralie-kolwer uitvang voordat hulle die wenlopie kon aanteken.<\/p>\n<p><strong>Lesego Mosikidi<\/strong> het vyf van <strong>St Dominic&#8217;s College<\/strong> se kolwers teruggestuur na die kleedkamers en slegs nege lopies afgetaan in <strong>Witteberg<\/strong> se skitterende oorwinning.<\/p>\n<p>Nadat <strong>Marco Grobler<\/strong> sy honderdtal met slegs vyf lopies gemis het, kon die Witteberg-boulers hul telling van 251 goed verdedig.<\/p>\n<p>St Dominic&#8217;s se poging is tot niet gebring op 55 lopies deur Mosikidi en sy makkers.<\/p>\n<p>Volgende naweek pak die span van Welkom vir Ho\u00ebrskool Sasolburg en hulle sal vinnig moet hergroepeer om nog &#8216;n pakslae te vermy.<\/p>\n<p><strong>Welkom Gimnasium<\/strong> het op sy beurt weer ligte werk gemaak van <strong>Goudveld<\/strong>. <strong>Brayn Haywood<\/strong> se 4\/15 het beteken dat Dain Kleinhans en kie slegs 80 lopies nodig gehad het vir &#8216;n oorwinning.<\/p>\n<p>Die Gimmies pak volgende vir Fichardtpark, terwyl Goudveld kuier in Kroonstad by Ho\u00ebrskool Trio.<\/p>\n<p><strong>Beknopte telkaarte:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Sasolburg: 360 <\/strong>(Meyer Pretorius 213, Nathan Swanepoel 38, Wiandre Singleton 32, Extras 25; Andr\u00e9 Heunis 4\/46, Cecil Parsons 2\/48);\u00a0<strong>Voortrekker: 235 <\/strong>(Juan Theunissen 54, Thato Nthebere 50, Extras 44; Wiandre Singleton 5\/40, Liam Singleton 3\/26).\u00a0<strong>Ho\u00ebrskool Sasolburg wen met 123 lopies.<\/strong><\/p>\n<p><strong>Witteberg: 251 <\/strong>(Marco Grobler 95, Extras 45, Rian Roos 24, Lesego Mosikidi 22; Mohammed Al Haddad 4\/42, Motheo Moletsane 2\/23);\u00a0<strong>St Dominic&#8217;s College: 55 <\/strong>(Junior Rantsane 16; Lesego Mosikidi 5\/9).\u00a0<strong>Witteberg wen met 196 lopies.<\/strong><\/p>\n<p><strong>Fichardtpark: 160 <\/strong>(Zayne Williamson 41, Diederik de Vos 34, Extras 30, Devant\u00e9 Claasens 20*; Johan van den Heever 7\/49);\u00a0<strong>Sentraal: 160 <\/strong>(AJ Joubert 28*, Ekstras 28, Emile le Roux 26; Michael Cruywagen 4\/17, Devant\u00e9 Claasens 3\/37, Eben Botha 2\/35).\u00a0<strong>Gelykop.<\/strong><\/p>\n<p><strong>Jim Fouch\u00e9: 207 <\/strong>(Arnaud Marais 57, Shermi Paulsen 45; Myburg Jacobs 4\/36, Thuto Kekane 3\/39);\u00a0<strong>Ho\u00ebrskool Trio: 125 <\/strong>(Bokang Mohasa 39, Herman Kleynhans 20; Henko Venter 4\/9, SJ Odendal 2\/16, Cobus Wilken 2\/25).\u00a0<strong>Jim Fouch\u00e9 wen met 82 lopies.<\/strong><\/p>\n<p><strong>Goudveld: 79 <\/strong>(Extras 33, Hendro Boardman 13; Brayn Haywood 4\/15, Donovan Mouton 2\/7, FJ Labuschagne 2\/16, Donald Schoeman 2\/21);\u00a0<strong>Welkom Gimnasium: 84\/2 <\/strong>(Dain Kleinhans 35*, Raylin Kristen 28; GJ Wessels 1\/14).\u00a0<strong>Welkom Gimnasium wen met agt paaltjies.<\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Meyer Pretorius het Saterdag 213 lopies van 98 balle gemoker vir Ho\u00ebrskool Sasolburg teen Voortrekker in Bethlehem. Dit is Pretorius se tweede dubbele honderdtal van die seisoen. Hy het in September verlede jaar ook 215 lopies aangeteken vir die Fezile Dabi o.19-streekspan. Die besoekers het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Wiandre [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":7,"featured_media":33176,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-33035","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33035","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/7"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=33035"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33035\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=33035"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=33035"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=33035"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}