{"id":33395,"date":"2024-01-25T10:40:42","date_gmt":"2024-01-25T08:40:42","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=33395"},"modified":"2024-01-25T10:40:42","modified_gmt":"2024-01-25T08:40:42","slug":"menlopark-versigtig-vir-omgekrapde-van-zyl-en-hoerskool-nelspruit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=33395","title":{"rendered":"Potch Volkies versigtig vir omgekrapte Van Zyl en Ho\u00ebrskool Nelspruit"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-33411\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/Vaughn-van-Zyl-Nelspruit-400x300.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"300\" \/><strong>Ho\u00ebr Volkskool Potchefstroom<\/strong> sou sy soet sege oor Menlopark in die eerste ronde van die Finsbury-reeks behoorlik gevier het. Hulle sal egter op hul hoede moet wees vir wat blyk na &#8216;n omgekrapte <strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit<\/strong>.<\/p>\n<p>Die span van Potchefstroom\u00a0 het verlede naweek gemaklik met 124 lopies teen Menlopark gese\u00ebvier.<\/p>\n<p>Die Nelies het daarenteen &#8216;n punt bewys deur &#8216;n ander Pretoriaanse span, <strong>Ho\u00ebrskool Centurion<\/strong>, met vyf paaltjies te klop.<\/p>\n<p><strong>Vaughn van Zyl<\/strong>, die Nelies se aanvangsbouler, sal uitsien om weer op die Ho\u00ebveld se blaaie te boul. Hy het verlede naweek vyf paaltjies laat spat en die Menlo-kolwers behoort alte bewus te wees van die gevaar wat hy inhou.<\/p>\n<p>Hulle voorslagkolwer, <strong>Nathan Duncan<\/strong>, het ook die jaar goed afgeskop en sal poog om die Volkie-boulers onder konstante druk te plaas.<\/p>\n<p>Die Nellies sal egter op die uitkyk wees vir Volkies se, <strong>Louis van Wyk<\/strong> en <strong>Diaan van der Merwe<\/strong>. Albei is reeds goed op dreef met die kolf . Van der Merwe was ook Volkies se voorste paaltjievraat in hul kragmeting teen die Pretorianers.<\/p>\n<p><strong>Berno de Klerk<\/strong> behoort die Potchefstromers se gevaarman met die bal te wees, terwyl die draaier, <strong>Olefa Padi<\/strong>, die skroewe in die middelste beurte styf kan vasdraai.<\/p>\n<p>Die Nellies sal, weens die lang reis en besorgdheid oor die veiligheid van die seuns op die pad, Vrydag eers in Rustenburg draai, waar hulle teen die <strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg<\/strong> te staan sal kom.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Centurion<\/strong> het &#8216;n reuse taak op hande wanneer hulle Saterdag teen die\u00a0 <strong>Ho\u00ebrskool Waterkloof<\/strong> in Pretoria te staan kom.<\/p>\n<p>Die Klofies lewer kookwater spel en het hul veldtog met &#8216;n reuse oorwinning van 207 lopies teen Ho\u00ebrskool Rustenburg afgeskop. <strong>Wian Rutven<\/strong> blyk oudergewoonte weer gemaklik in die kolfkampie; die Klofie-aanvangskolwer het die eerste honderdtal in vanjaar se reeks aangeteken.<\/p>\n<p>Hy het &#8216;n merkwaardige 128 teen die Rusties gemoker. Aan die ander kant het sy kollega, <strong>Divan Behrens,<\/strong> ook op &#8216;n goeie noot begin.<\/p>\n<p>Die Woeries sal vir hul nederlaag wil opmaak. Hulle voorslagkolwer, <strong>Rehan Luus<\/strong>, sal poog om sy goeie spelpatroon voort te sit. <strong>Charl Prinsloo<\/strong>, die Woeries se kaptein, sal uitsien na nog &#8216;n kans om met die kolf te be\u00efndruk, terwyl <strong>Morn\u00e9 Venter<\/strong> en <strong>Wouter Kielblok<\/strong> weer gevaar inhou met die bal.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Menlopark<\/strong>\u00a0verwelkom die <strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg<\/strong>, met albei spanne wat nog wonde lek na vroe\u00eb nederlae in vanjaar se kompitisie.<\/p>\n<p>Vir die Pretorianers sal hul voorslagkolwer en paaltjeiwagter, <strong>Willem Sevenster<\/strong>, &#8216;n belangrike rol speel. Sevenster sal wil opmaak na sy teleurstellende vertoning met die kolf teen Volkies.<\/p>\n<p>Die naatbouler, <strong>Jean le Roux<\/strong>, blyk ook of hy, met die bal in hand, goed op dreef is. Le Roux was in die eerste ronde een van Menlopark se uitblinkers en het reeds drie paaltjies op sy Finsbury-kerfstok.<\/p>\n<p>Aan die kant van Rustenburg sal die twee <strong>Rossouws<\/strong>, <strong>Nathan<\/strong> en <strong>Logan <\/strong>, weer op alle silinders wil vuur. Wesley Bruwer sal ook weer &#8216;n prominente rol in die Rusties se kolflys speel.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ho\u00ebr Volkskool Potchefstroom sou sy soet sege oor Menlopark in die eerste ronde van die Finsbury-reeks behoorlik gevier het. Hulle sal egter op hul hoede moet wees vir wat blyk na &#8216;n omgekrapte Ho\u00ebrskool Nelspruit. Die span van Potchefstroom\u00a0 het verlede naweek gemaklik met 124 lopies teen Menlopark gese\u00ebvier. Die Nelies het daarenteen &#8216;n punt [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":33411,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-33395","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33395","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=33395"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33395\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=33395"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=33395"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=33395"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}