{"id":33698,"date":"2024-01-28T19:00:01","date_gmt":"2024-01-28T17:00:01","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=33698"},"modified":"2024-01-28T19:00:01","modified_gmt":"2024-01-28T17:00:01","slug":"briljante-waterkloof-duo-sink-centurion","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=33698","title":{"rendered":"Briljante Waterkloof-duo sink Centurion"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-33701\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/Waterkloof-1-375x500.jpg\" alt=\"\" width=\"375\" height=\"500\" \/>Twee briljante beurte deur <strong>Waterkloof<\/strong> se kaptein, <strong>Beukes van den Berg<\/strong>, en die aanvangskolwer, <strong>Divan Behrens<\/strong>, was genoeg om die Pretorianers se tweede oorwinning, teen <strong>Ho\u00ebrskool Centurion<\/strong>, in die A-afdeling van die Finsbury-reeks te verseker.<\/p>\n<p>Van den Berg het die toon aangegee met &#8216;n bydrae van 126 lopies van 87 aflewerings. Sy beurt het 10 viere en ses sesse ingesluit, en was ook die Klofies se hoogste telling vir die dag.<\/p>\n<p>Behrens het sy goeie spelpeil van die eerste ronde voortgesit. Hierdie keer kon hy egter die 100-merk verbysteek vir die Klofies se tweede honderdtal. Die aanvangskolwer se 101 lopies het van slegs 112 balle gekom.<\/p>\n<p>Hy en van den Berg het verdere sout in die Woeries se wonde gesmeer na Behrens se openingsvennootskap met <strong>AJ de Villiers<\/strong> (65) van 122 lopies.<\/p>\n<p>Die twee het uitstekend gekombineer om &#8216;n verdere vennootskap van 146 lopies tot die span se reuse-totaal van 349\/6 by te dra in die toegelate 50 boulbeurte.<\/p>\n<p>Met &#8216;n enorme taak op hande, het die Woeries se kaptein, <strong>Charl Prinsloo<\/strong>, die druk goed absorbeer vir sy 63 lopies. <strong>Louniel Prins<\/strong> (38, 27b), <strong>Rehan Lues<\/strong> (31, 29b) en <strong>Judah Phillips<\/strong> (25, 44b), het op hul beurt ook &#8216;n verbete terugvegpoging geloods.<\/p>\n<p>Die Klofie-boulaanval het nietemin aanhou druk toepas en die aanslag, gelei deur <strong>Jaydon Blom<\/strong> (3\/26), was eenvoudig t\u00e9 veel vir die Woeries. Dit het beteken dat die span van Centurion slegs 230 bymekaar kon maak voordat die laaste paaltjie gekantel het.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit<\/strong> het &#8216;n droewige naweek ervaar nadat hy twee nederlae in soveel dae gely het. <strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg<\/strong> was Vrydag t\u00e9 sterk vir die span van Mpumalanga, en die Rusties het &#8216;n goed-afgeronde spanpoging afgesluit met met &#8216;n oorwinning van 59 lopies.<\/p>\n<p><strong>Wessel Oosthuizen<\/strong> het met die kolf vir die Rusties uitgeblink. Hy het &#8216;n indrukwekkende 66 lopies bygedra, terwyl Zander Diedricks ook &#8216;n nuttige bydra van 41 lopies kon maak.<\/p>\n<p><strong>Nathan Rossouw<\/strong> was die gevaarman met die bal. Hy kon met syfers van vier paaltjies vir slegs 19 lopies spog.<\/p>\n<p>Vir die Nellies was dit weereens <strong>Vaughn van Zyl<\/strong> wat die kollig gesteel het. Van Zyl was die Nellies se voorste lopiemaker met 45, terwyl hy met die bal ook twee slagoffers kon eis.<\/p>\n<p>In Nellies se wegwedstryd teen <strong>Ho\u00ebr Volkskool Potchefstroom<\/strong> het sake vir die besoekers skeefgeloop. Volkies se boulers het geen genade betoon nie.<\/p>\n<p><strong>Dian Liebenberg<\/strong> het die meeste skade berokken met drie paaltjies, terwyl <strong>Schalk Pienaar<\/strong> (2\/12) en die draaier, <strong>Olefa Padi<\/strong> (2\/19), vier paaltjies tussen die twee van hulle kon plattrek.<\/p>\n<p>Die Volkies het daarna nie op hul laat wag nie en die 127 lopies wat benodig was in slegs 22 beurte behaal. <strong>Louis van Wyk<\/strong> het baljaar met &#8216;n totaal van 35. Sy bydrae, tesame met di\u00e9 van <strong>Diaan van der Merwe<\/strong> (26*) en <strong>Attie Liebenberg<\/strong> (22*), was genoeg om &#8216;n oorwinning van sewe paaltjies vir Volkies te verseker.<\/p>\n<p>Menlopark het op sy beurt ligte werk van <strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg<\/strong> gemaak. Wian van Deventer het die leiding geneem met &#8216;n beurt van 67 lopies. <strong>Dian van Zyl<\/strong> (45) en <strong>Marcus De Aguar<\/strong> (34*) se latere aanslag het die span van die Jakarandastad tot &#8216;n telling van 223\/8 aangevoer.<\/p>\n<p><strong>Logan Russouw<\/strong> was die Rusties se uitblinker. Hy het vyf Menlo-kolwers terug pawiljoen toe gejaag in &#8216;n boulskof wat net 30 lopies gekos het.<\/p>\n<p>Sy kolwers kon egter nie dieselfde tempo as die Menlo-kolwers handhaaf nie. <strong>Wessel Oosthuizen<\/strong> was die voorste lopiemaker met 24 lopies. <strong>Hendre Robinson<\/strong> (22, 47b) en <strong>Logan Rossouw<\/strong> (21, 20b) het hul bes probeer maar was dit was helaas nie goed genoeg nie, met die laaste Rustie-paaltjie wat met die telling op 134 geval het.<\/p>\n<p><strong>Beknopte telkaarte:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Waterkloof: 349\/6<\/strong> (Beukes van den Berg 126, Divan Behrens 101, AJ de Villiers 65, Riley Miller 25; Rehan Lues 3\/76). <strong>Centurion: 230<\/strong> (Charl Prinsloo 63, Louniel Prins 38, Rehan Lues 31, Judah Phillips 25; Jaydon Blom 3\/26, Jaco van der Walt 2\/42). <strong>Waterkloof wen met 119 lopies.\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Rustenburg: 211<\/strong> (Wessel Oosthuizen 66, Zander Diedricks 41, Wesley Bruwer 30; Nathan Duncan 2\/7, Duan Smal 2\/30, Vaugh van Zyl 2\/33, Jayden Meyer 2\/47). <strong>Nelspruit: 152<\/strong> (Vaughn van Zyl 45, Jaco Breyl 31; Nathan Rossouw 4\/19). <strong>Rustenburg wen met 59 lopies.<\/strong><\/p>\n<p><strong>Nelspruit: 126<\/strong> (Nathan Duncan 26, Jayden Blom 23; Dian Liebenberg 3\/25, Schalk Pienaar 2\/12, Olefa Padi 2\/19). <strong>Ho\u00ebr Volkskool Potchefstoom: 129\/3<\/strong> (R Smith 41*, Louis van Wyk 35, Diaan van der Merwe 26, Attie Liebenberg 22; Liam Pringle 2\/26). <strong>Ho\u00ebr Volkskool Potchefstroom wen met sewe paaltjies<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Menlopark: 223\/8<\/strong> (Wian van Tonder 67*, Dian van Zyl 45, Marcus De Aguar 34*, James Bronkhorst 20; Logan Rossouw 5\/30, Marnus de Witt 2\/48). <strong>Rustenburg: 134<\/strong> (Wessel Oosthuizen 24, Hendre Robinson 22, Logan Rossouw 21; Matt van der Westhuizen 3\/22, Gert-Nico van Zyl 3\/34, Gerhard Engelbrecht 2\/35). <strong>Menlopark wen met 89 lopies<\/strong>.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Twee briljante beurte deur Waterkloof se kaptein, Beukes van den Berg, en die aanvangskolwer, Divan Behrens, was genoeg om die Pretorianers se tweede oorwinning, teen Ho\u00ebrskool Centurion, in die A-afdeling van die Finsbury-reeks te verseker. Van den Berg het die toon aangegee met &#8216;n bydrae van 126 lopies van 87 aflewerings. Sy beurt het 10 [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":33701,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-33698","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33698","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=33698"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33698\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=33698"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=33698"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=33698"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}