{"id":33753,"date":"2024-01-29T15:52:42","date_gmt":"2024-01-29T13:52:42","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=33753"},"modified":"2024-01-29T15:52:42","modified_gmt":"2024-01-29T13:52:42","slug":"brandmuller-honderdtal-te-veel-vir-uplands","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=33753","title":{"rendered":"Brandmuller-honderdtal te veel vir Uplands"},"content":{"rendered":"<p><strong><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-33755\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/Middelburg-krieket-375x500.jpg\" alt=\"\" width=\"375\" height=\"500\" \/>Reuben Brandmuller<\/strong> (147, 122b) se uitmuntende honderdtal was een t\u00e9 veel vir &#8216;n begeesterde <strong>Uplands College-<\/strong>elftal.<\/p>\n<p>Die voorslagkolwer het sy eerste wedstryd in Afdeling-D van die Finsbury-reeks ten volle benut om &#8216;n tydige waarskuwing aan al Ho\u00ebrskool Middelburg se toekomstige teenstanders te rig.<\/p>\n<p>Brandmuller was slegs drie lopies kort van wat &#8216;n merkwaardige honderd-en vyftigtal sou wees. Sy beurt het &#8216;n string grenshoue ingesluit, waarvan 15 viere was en vier oorkant die grenstou grondgevat het.<\/p>\n<p>Sy kollega, <strong>Ivan Deale<\/strong> (61), sou ook heelwat selfvetroue uit sy beurt kon put. Die twee se vennootskap van 192 het die Middies se lopietempo behoorlik aan die gang gehou.<\/p>\n<p>Dit het verseker dat hul span &#8216;n reusetelling van 333\/8 in di\u00e9 se toegelate 50 boulbeurte kon opstapel.<\/p>\n<p><strong>Liam van Zyl<\/strong> was Uplands College se uitstaande bouler. Van Zyl het aanhou veg vir die span van Mpumalanga en is met vier paaltjies beloon.<\/p>\n<p>Sy kolwers kon egter nie dieselfde vermag as di\u00e9 van die Middies nie. Dit het egter nie beteken dat die span eenvoudig gaan l\u00ea het nie.<\/p>\n<p>Van Zyl was wat kolfwerk betref ook aan die spits. Sy beurt van 34 lopies was die hoogste individuele telling vir Uplands, terwyl <strong>Marley Waspe<\/strong> (28) en <strong>Gregory Kazandjis<\/strong> (26) ook waardevolle bydraes gelewer het.<\/p>\n<p>Dit was helaas nie genoeg om &#8216;n nederlaag af te weer nie. <strong>Shaun Taljaard<\/strong> het sy dinamiese beurt van 21 lopies, wat van slegs nege balle gekom het, opgevolg met puik boulsyfers.<\/p>\n<p>Hy het drie paaltjies laat kantel vir net 25 lopies. Saam met Taljaard was <strong>Hendre Nel<\/strong> (2\/26) en <strong>Eduan Strydom<\/strong> (2\/35) ook op hul stukke met vier paaltjies tussen die twee van hulle.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Dinamika<\/strong> het hul dominerende spelpatroon voortgesit deur <strong>Merensky Lanbou Akademie<\/strong> met sewe paaltjies te verslaan. <strong>Dean van Onselen<\/strong> lyk na Afdeling-D se gevaarman met die kolf. Hierdie kranige kolwer het sy tweede vyftigtal in soveel weke opgelewer, na &#8216;n verbroude vangkans wat vir hom &#8216;n tweede lewe gegun het.<\/p>\n<p><strong>Nathan Visagie<\/strong> se drie paaltjies vir slegs 13 lopies het &#8216;n beduidende rol in in Merensky se teleurstellende totaal van 114 gespeel. <strong>Mark van der Berg<\/strong> (2\/12) het hom goed ondersteun, terwyl <strong>Jayden Smith<\/strong> (2\/15) ook twee slagoffers ge\u00ebis het.<\/p>\n<p>Vir die Tzaneeners was dit <strong>Rinaldo Bornman<\/strong> wat die kollig gesteel het. Hy het kop en skouers bo die res uitgestaan met sy vasberade beurt van 43 lopies. Die Plasies se aanvangsbouler, <strong>Luka Heinlein<\/strong>, het ook gewys wat in hom steek, deur twee vinnige paaltjies te neem.<\/p>\n<p><strong>HTS Middelburg<\/strong> kon sy eerste oorwinning van die reeks smaak. Die span van Middelburg het uitstekend herstel na verlede week se nederlaag om <strong>Heidelberg Volkskool<\/strong> met 34 lopies te klop.<\/p>\n<p><strong>Athoni Smuts<\/strong> (38) en<strong> Janco Aucamp<\/strong> (34) het leiding geneem met die kolf. Dit het beteken dat WJ Enslin (30) ook later in die beurt sy stempel kon afdruk.<\/p>\n<p><strong>Vaughn Steynvaart<\/strong> (4\/33) en <strong>Dandre Louw<\/strong> (2\/29) was Volkies se topboulers gewees. <strong>Matt Wentzel<\/strong> het dit goed opgevolg met &#8216;n goeie kolfbeurt van 44 lopies. <strong>Marco Botha<\/strong> (22) het ook hard gewerk vir sy waardevolle telling.<\/p>\n<p>Die aanslag van die HTS Middelburg-boulers was egter net t\u00e9 akkuraat. <strong>Hanro Terblanche<\/strong> was in &#8216;n verwoestende bui en het vier paaltjies vir slegs vyf lopies laat val. Dit het die Volkies onder kwaai druk geplaas, en vir <strong>Ethan Dreyer<\/strong> (3\/37) en <strong>Toy Engelbrecht<\/strong> (2\/24) gehelp om die knoop deur te hak.<\/p>\n<p><strong>Beknopte telkaarte:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Middelburg: 333\/8<\/strong> (Reuben Brandmiller 147, Ivan Deale 61, Le Roux French 28, Shuan Taljaard 21; Leam van Zyl 4\/82).\u00a0 \u00a0<strong>Uplands College: 180<\/strong> (Leam van Zyl 34, Marley Waspe 28, Gregory Kazandjis 26; Shuan Taljaard 3\/25, Hendre Nel 2\/26, Eduan Strydom 2\/35, Gavin Genis 2\/36). <strong>Ho\u00ebrskool Middelburg wen met 158 lopies<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Merensky: 114<\/strong> (Rinaldo Bornman 43, Loghan Janse van Rensburg 21; Nathan Visagie 3\/13, Mark van der Berg 2\/12, Jayden Smith 2\/15); <strong>Dinamika: 115\/3<\/strong> (Dean van Onselen 62*, Trent Shrives 33; Luka Heinlein 2\/27). <strong>Dinamika wen met sewe paaltjies<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>HTS Middelburg: 183<\/strong> (Anthoni Smuts 38, Janco Aucamp 34, WJ Enslin 30, Armand Kotze 23; Waughn Steynvaart 4\/33, Dandre Louw <strong>2\/29); Heidelberg Volkskool: 149<\/strong> (Matt Wentzel 44, Marco Botha 22; Hanro Terblanche, Ethan Dreyer 3\/37, Toy Engelbrecht 2\/24). <strong>HTS Middelburg wen met 34 lopies<\/strong>.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Reuben Brandmuller (147, 122b) se uitmuntende honderdtal was een t\u00e9 veel vir &#8216;n begeesterde Uplands College-elftal. Die voorslagkolwer het sy eerste wedstryd in Afdeling-D van die Finsbury-reeks ten volle benut om &#8216;n tydige waarskuwing aan al Ho\u00ebrskool Middelburg se toekomstige teenstanders te rig. Brandmuller was slegs drie lopies kort van wat &#8216;n merkwaardige honderd-en vyftigtal [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":33755,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-33753","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33753","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=33753"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33753\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=33753"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=33753"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=33753"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}