{"id":33954,"date":"2024-02-02T08:45:33","date_gmt":"2024-02-02T06:45:33","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=33954"},"modified":"2024-02-02T08:45:33","modified_gmt":"2024-02-02T06:45:33","slug":"van-onselen-en-dinamika-gereed-vir-groot-middelburg-toets","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=33954","title":{"rendered":"Van Onselen en Dinamika gereed vir groot Middelburg-toets"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft wp-image-30003\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/09\/cricket-300x200.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/09\/cricket-300x200.jpg 300w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/09\/cricket.jpg 612w\" sizes=\"auto, (max-width: 400px) 100vw, 400px\" \/>Die <strong>Ho\u00ebrskool Dinamika<\/strong> kom hierdie naweek voor hul grootste uitdaging te staan met <strong>Ho\u00ebrskool Middelburg<\/strong> se besoek aan Alberton .<\/p>\n<p>Albei spanne is nog onoorwonne in vanjaar se Finsbury-reeks. Dit behoort derhalwe &#8216;n titaniese stryd, met die bal en kolf, tussen hierdie twee goed-gebalanseerde spanne af te gee.<\/p>\n<p>Dinamika se <strong>Nathan Visagie<\/strong> en <strong>Mark van der Berg<\/strong> sal die boulaanval lei. Albei het hulself goed van hul taak gekwyt in die span se gemaklike oorwinning in die tweede ronde van die kompetisie.<\/p>\n<p>Die Middies se gevaarlike <strong>Reuben Brandmuller<\/strong> sal die twee se aanslag aan die ander kant van die kolfblad inwag. Brandmuller het sopas &#8216;n reuse honderdtal in die sy span se eerste verskyning verlede naweek, teen Uplands College, behaal.<\/p>\n<p><strong>Dean van Onselen<\/strong>, Dinamika se kaptein en vooraanstaande kolwer, is goed op dreef. Hy sal gretig wees om sy belowende spelpeil voort te sit en &#8216;n derde vyftigtal op sy kerfstok te plaas.<\/p>\n<p><strong>Shaun Taljaard<\/strong> sal die Middies se gevaarman met die bal wees. Hy en sy mede-boulers sal vroeg wil korte mette maak met die Dinamika-kolflys om te verseker dat die span van Middelburg hul onoorwonne status behou.<\/p>\n<p><strong>HTS Middelburg<\/strong> se selfvertroue sou &#8216;n hupstoot ontvang het na verlede naweek se hardverdiende oorwinning oor Ho\u00ebr Volkskool Heidelberg. Hulle kom Saterdag teen <strong>Uplands College<\/strong> te staan, en die Middelburgers sal hoop dat hul kolwers die goeie spanpoging teen die Volkies kan herhaal.<\/p>\n<p>Die keurbouler van ronde twee, <strong>Hanro Terblanche<\/strong>, behoort weer &#8216;n sleutelrol te speel. Terblanche se uitstekende boulskof van vier paaltjies vir slegs vyf lopies het &#8216;n ommeswaai vir sy span bewerkstellig, en hy is groot wapen in die span se arsenaal.<\/p>\n<p>Uplands College se uitblinker, <strong>Leam van Zyl<\/strong>, behoort vir sy span die toon aan te gee na &#8216;n sprankelvertoning in sy eerste verskyning van die reeks, terwyl <strong>Marley Waspe<\/strong> puik ondersteuning met die kolf sal bied. Waspe se vermo\u00eb om lang beurte aanmekaar te slaan sal krities wees om &#8216;n goeie grondslag vir die span van Mpumalanga te l\u00ea.<\/p>\n<p><strong>Merensky Landbou Akademie<\/strong> reis na Heidelberg, waar <strong>Ho\u00ebr Volkskool Heidelberg<\/strong> op hulle wag. Die Tzaneeners lek nog hul wonde, na &#8216;n strawwe dag op kantoor teen die Afdeling se top span tot dusver, Dinamika<\/p>\n<p>Volkies is egter ook nog gewond na hul nederlaag van 34 lopies teen HTS Middelburg. Dit maak Saterdag se kragmeting des te meer belangriker, met kritieke ligapunte op die spel.<\/p>\n<p>Volkies se<strong> Vaughn Steynvaart<\/strong>\u00a0sal mik om nog &#8216;n dinamiese vertoning met die bal op te dis. Sy spanmaat, <strong>Matt Wentzel<\/strong>, sal van voor wil lei en kapitaliseer op sy belowende begin met die kolf teen die Middelburgers.<\/p>\n<p>Merensky se<strong> Luka Heinlein<\/strong> het &#8216;n reuse taak op hande wanneer hy weer sy plek as aanvangsbouler inneem. Die naatbouler het in sy eerste verskyning be\u00efndruk, maar het waarskynlik nog heelwat meer in die tenk.<\/p>\n<p>Die Tzaneeners se voorste kolwer teen Dinamika,<strong> Rinaldo Bornman<\/strong>, sal sy heldedade van die vorige week wil naboots. Sy kalmte in die middelorde behoort goud werd te wees vir die Plasies en hopelik die span aanvuur wanneer dit hul beurt is om die kolf op te neem.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Ho\u00ebrskool Dinamika kom hierdie naweek voor hul grootste uitdaging te staan met Ho\u00ebrskool Middelburg se besoek aan Alberton . Albei spanne is nog onoorwonne in vanjaar se Finsbury-reeks. Dit behoort derhalwe &#8216;n titaniese stryd, met die bal en kolf, tussen hierdie twee goed-gebalanseerde spanne af te gee. Dinamika se Nathan Visagie en Mark van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":30003,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-33954","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33954","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=33954"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/33954\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/30003"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=33954"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=33954"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=33954"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}