{"id":34096,"date":"2024-02-04T11:35:13","date_gmt":"2024-02-04T09:35:13","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=34096"},"modified":"2024-02-04T11:35:13","modified_gmt":"2024-02-04T09:35:13","slug":"bestendige-conradie-deurslaggewend-in-zwarries-sege","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=34096","title":{"rendered":"Bestendige Conradie deurslaggewend in Zwarries sege"},"content":{"rendered":"<p><strong><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-34136\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/Marais-Viljoen-cricket-400x266.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"266\" \/>Nicholas Conradie<\/strong>, Ho\u00ebrskool Zwartkop se voorste lopiemaker, se tweede vyftigtal in vanjaar se Finsbury-reeks was deurslaggewend in die span van Centurion se oorwinning Saterdag teen die <strong>Ho\u00ebrskool Pietersburg<\/strong>.<\/p>\n<p>Conradie het &#8216;n verdere 56 lopies op sy kerfstok geplaas, om by sy beurte van 94 lopies teen Ben Vorster en 39 lopies teen Marais Viljoen vroe\u00ebr in die kompetisie te voeg. <strong>Zandr\u00e9 van Staden<\/strong> (32) en <strong>Wihan Gelderblom<\/strong> (26) het hom deeglik bygestaan.<\/p>\n<p>Andreas Jansen het die Pieties met sy akkurate boulvernuf in die wedstryd gehou. Jansen se boulontleding van vyf paaltjies vir net 25 in sy tien boulbeurte op &#8216;n streep was die span van Limpopo se beste op die dag.<\/p>\n<p><strong>Hanno van Zyl<\/strong> (3\/30) en <strong>Ignus Ferreira<\/strong> (2\/31) se verdere bydraes het gehelp om die Zwarries tot slegs 185 lopies te beperk.<\/p>\n<p>Die Pietie-kolwers het egter vinning agtergekom dat dit nie maklik sou wees om daardie totaal te jaag nie. Die Zwarries se aanvangsbouler, <strong>Rowan McLaren<\/strong> (2\/36), het sommer vroeg reeds toegeslaan.<\/p>\n<p>Pieties se staatmaker met die kolf <strong>Nicholaas Oerlemans<\/strong> het teruggeveg met &#8216;n hardnekkige beurt van 40 lopies. <strong>AJ Galloway<\/strong> (24) en <strong>Stephan Swanepoel<\/strong> (22) het die nodige ondersteuning gebied.<\/p>\n<p>Goeie boulwerk deur die Zwarries se voorslag bouler, <strong>Vincent Matraiotti<\/strong> (2\/14), en <strong>Liam van Wyk<\/strong> (2\/30) het die Pieties egter gepootjie om &#8216;n oorwinning van 34 lopies vir die span van Centurion te verseker.<\/p>\n<p><strong>Midstream College<\/strong> het vir <strong>\u00a0Ben Vorster<\/strong> van Tzaneen op &#8216;n drafstap met 113 lopies afgestof. <strong>Jeandr\u00e9 Lourens<\/strong> het &#8216;n goed afgeronde kolfvertoning met &#8216;n puik beurt van 56 lopies gelei.<strong> Jean Holtzhauzen<\/strong> (44) en <strong>Dian de Villiers<\/strong> (41) was ook mooi op dreef om Midstream College se totaal op 280 te staan te bring.<\/p>\n<p>Die Black Caps se voorste bouler, <strong>Enock Marima<\/strong> (5\/45), het die Tzaneeners se eerste vyftal paaltjies van die reeks geneem. Saam met Marima het die draaier <strong>Anton Lourens<\/strong> (2\/44) ook vir die tuisspan probleme besorg.<\/p>\n<p><strong>Xander Senekal<\/strong> was die span van Midrand se suksesvolste bouler. Sy boulsyfers van vyf paaltjies vir 34 lopies het die Vossie-kolflys geknak. Slegs <strong>Njabulo Maseko<\/strong> (40) kon &#8216;n waardevolle bydrae lewer voordat hy deur Holtzhauzen pawiljoen toe gestuur is.<\/p>\n<p>Die Vossies het hard terugbaklei maar kon slegs 168 behaal voor die laaste paaltjie gekantel het.<\/p>\n<p><strong>Marais Vijoen<\/strong> het sy uitstappie na Lichtenburg terde\u00eb geniet. Die span van Alberton se kolwers het behoorlik gewoeker in hul oorwinning met 189 lopies oor <strong>Ho\u00ebrskool Lichtenburg<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Tyron Bouw<\/strong> (106) het van voor gelei. Die aanvangskolwer het na &#8216;n vroe\u00eb paaltjie sy ritme gevind om die Liggie-boulers onder geweldige druk te plaas. Sy honderdtal het 11 viere en drie sesse ingesluit.<\/p>\n<p><strong>Nathan Coleske<\/strong> (70, 32b) en <strong>Jordan Baijnath<\/strong> (60*, 32b) kon daarin slaag om Marais Viljoen se lopietempo &#8216;n hupstoot te gee. Die twee se blitsbeurte het beteken dat Marais Viljoen &#8216;n reusetelling van 391 in sy toegelate 50 beurte op die bord kon plaas.<\/p>\n<p><strong>Ona Senokwane<\/strong> (4\/69) het die meeste skade aangerig. Die naatbouler kon daarin slaag om onder druk deurgaans deurbrake vir sy span te bewerkstellig.<\/p>\n<p><strong>Douw Jacobs<\/strong> was die span van Noordwes se voorste kolwer. Hy het op sy beurt &#8216;n goeie 80 lopies van 107 aflewerings bygedra. Ongelukkig was <strong>Lethabo Memani<\/strong> (29) die enigste ander Liggie-kolwer wat iets met die kolf kon vermag. Dit het die Liggies in die moeilikheid gelaat en beteken dat hulle slegs 202 lopies op die bord kon sit.<\/p>\n<p><strong>Beknopte telkaarte:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Zwartkop 185<\/strong> (Nicholas Conradie 56, Zandre van Staden 32, Wihan Gelderblom 26; Andreas Jansen 5\/25, Hanno van Zyl 3\/30, Ignus Ferreira 2\/31); <strong>Ho\u00ebrskool Pietersburg 151<\/strong> (Nicholaas Oerlemans 40, AJ Galloway 24, Stephan Swanepoel 22; Vincent Matraiotti 2\/14, Liam van Wyk 2\/30, Rowan McLaren 2\/36). <strong>Ho\u00ebrskool Zwartkop wen met 34 lopies<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Midstream College 280<\/strong> (Jeandr\u00e9 Lourens 56, Jean Holtzhauzen 44, Dian de Villiers 41, Maarten Nortje 24, Ricus Cilliers 24; Enock Marima 5\/45, Anton Lourens 2\/44); <strong>Ben Vorster 167<\/strong> (Njabulo Maseko 40, Lourens Kriel 21, Enock Marima 21, Junior Ndlovu 20; Xander Senekal 5\/34). <strong>Midstream College wen met 113 lopies<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Marais Viljoen 391\/9<\/strong> (Tyron Bouw 106, Nathan Coleske 70, Jordan Baijnath 60*, Aldr\u00e9 Huyzers 43, Declan Botes 28, Nathan Bailey 26; Ona Senokwane 4\/69, Lethabo Memani 2\/58); <strong>Ho\u00ebrskool Lichtenburg: 202<\/strong> (Douw Jacobs 80, Lethabo Memamni 29; Ruben Kruger 4\/12, Abdullah Tadwala 3\/35, Declan Botes 2\/36). <strong>Marais Viljoen wen met 189 lopies<\/strong>.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nicholas Conradie, Ho\u00ebrskool Zwartkop se voorste lopiemaker, se tweede vyftigtal in vanjaar se Finsbury-reeks was deurslaggewend in die span van Centurion se oorwinning Saterdag teen die Ho\u00ebrskool Pietersburg. Conradie het &#8216;n verdere 56 lopies op sy kerfstok geplaas, om by sy beurte van 94 lopies teen Ben Vorster en 39 lopies teen Marais Viljoen vroe\u00ebr [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":34136,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-34096","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34096","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34096"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34096\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34096"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34096"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34096"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}