{"id":34214,"date":"2024-02-05T15:29:57","date_gmt":"2024-02-05T13:29:57","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=34214"},"modified":"2024-02-05T15:29:57","modified_gmt":"2024-02-05T13:29:57","slug":"minnaar-en-coetzee-lei-hans-moore-tot-groot-sege-in-potch","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=34214","title":{"rendered":"Minnaar en Coetzee lei Hans Moore tot groot sege in Potch"},"content":{"rendered":"<p><strong><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-34222\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/Hans-Moore-cricket-1-333x500.jpg\" alt=\"\" width=\"333\" height=\"500\" \/>Ho\u00ebrskool Hans Moore<\/strong> se kaptein, <strong>Warren Minnaar<\/strong>, en voorslagkolwer, <strong>Xavier Coetzee<\/strong>, se gesamentlike aanslag met die kolf het hul span tot &#8216;n reuse oorwinning van 221 lopies gestuur oor <strong>Potchefstroom Gimnasium<\/strong>, in in vanjaar se Finsbury-reeks.<\/p>\n<p>Minnaar was in &#8216;n verwoestende bui en het uitstekend gekapitaliseer op die platform wat deur <strong>Kenan Shaw<\/strong> (24) en <strong>Stephan Vermaak<\/strong> (34) gel\u00ea is.<\/p>\n<p>Sy beurt van 91 lopies het vanaf slegs 68 aflewerings gekom. Coetzee het die Hansies se posisie verder verstewig met &#8216;n ewe indrukwekkende beurt van 85 lopies.<\/p>\n<p>Vir Gimmies was niemand so vernietigend met die bal in hand soos <strong>Margeo Joubert<\/strong> nie. Joubert kon aan die einde van die dag met uitmuntende boulsyfers van vier paaltjies vir 36 lopies spog.<\/p>\n<p>In die kolfdepartement het dinge egter skeef geloop vir die Potchefstromers. <strong>Adrian Watson<\/strong>, wat verwoed op dreef is in vanjaar se reeks, het nog vier paaltjies op sy kerfstok geplaas, terwyl<strong>\u00a0Vermaak<\/strong> op sy goeie kolfbeurt voortgebou het deur ook by te dra met die bal. Sy twee paaltjies, vir slegs twee lopies, was die spyker in die Gimmie-doodskis.<\/p>\n<p>Die twee se kombinasie van venynige boulwerk en konstante druk het beteken dat Gimmies slegs 78 lopies kon aanteken voordat hulle laaste paaltjie gekantel het.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Eldoraigne<\/strong> het ewe indrukwekkend met die kolf vertoon om <strong>Ho\u00ebrskool Montana<\/strong> met nege paaljies te klop. Die vennootskap van 141 lopies tussen <strong>Kyle de Bruin<\/strong> (70, 112b)* en <strong>Johan Broekman<\/strong> (65, 78b)* om die tweede paaltjie, was die beslissende faktor tussen die twee spanne.<\/p>\n<p>Die twee voorslagkolwers het op die momentum van die boulers voortgebou. <strong>Ruan Boshoff<\/strong> was die Eldo&#8217;s se keurbouler. Hy het die Montie-kolwers behoorlik op hul tone gehou, en sy vier paaltjies, vir 33 lopies in nege beurte, het &#8216;n stewige begin deur die Monties erg in die wiele gery.<\/p>\n<p><strong>Luca Bairos<\/strong> was die voorste lopiemaker vir sy span. Die Monties se voorslagkolwer het hard gespook om die Pretorianers se beurt te stabiliseer na <strong>Ruhan Oliphant<\/strong> (2\/22) se uitstekende openingskof met die bal. Bairos se 29 lopies van 34 aflewerings, gekombineerd met &#8216;n waardevolle bydrae deur <strong>Schalk van Jaarsveld<\/strong> (24), het die Monties tot &#8216;n telling van 166 aangehelp.<\/p>\n<p>Bairos was ook sy span se enigste bouler van formaat. Hy het van Eldo&#8217;s se aanvangskolwer, Ryno Redelinghuys, vir slegs 13 lopies ontslae geraak.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Kemptonpark<\/strong> het hul onoorwonne status behou toe hulle daarin kon slaag om <strong>Ho\u00ebrskool Monument<\/strong> met 67 lopies te verslaan. <strong>Marko van Voorst<\/strong> was die Kempies se beste kolwer met 43 lopies. <strong>Joshua Shanker<\/strong> (38) en <strong>Stian de Villiers<\/strong> (21) het ook goed vertoon onder druk en in taai toestande.<\/p>\n<p><strong>Andr\u00e9 van Niekerk<\/strong> het vir Monnas die grootste skade met die bal aangerig. Hy kon spog met puik boulsyfers van vier paaltjies vir 37 lopies. <strong>Werner Durrheim<\/strong> het goeie ondersteuning gebied met drie paaltjies van sy eie.<\/p>\n<p>Teleurstelling met die kolf het egter weer kop uitgesteek vir die span van Krugersdorp. Die Kempies se voorste bouler in vanjaar se reeks, <strong>Martin Williams<\/strong>, het behoorlik onder die Monnas-kolwers gemaai.<\/p>\n<p>Williams het &#8216;n uitstekende vyftal paaltjies geneem, wat sy span slegs 33 lopies gekos het. <strong>Wian Pieters<\/strong> het hom goed bygestaan, deur self drie Monnas kolwers terug pawiljoen toe te stuur .<\/p>\n<p>Slegs<strong> Keagan van Wyk<\/strong> kon iets waardevol bydra tot Monnas se teleurstellende telling van 112. Hy het hardnekkig vir sy 25 lopies, vanaf 38 aflewerings, baklei.<\/p>\n<p><strong>Beknopte telkaarte:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Hans Moore: 298<\/strong> (Warren Minnaar 91, Xavier Coetzee 83, Stephan Vermaak 34, Kenan Shaw 24; Margeo Joubert 4\/30, Henre Cronje 2\/53).<strong> Potchefstroom Gimnasium: 78<\/strong> (Divan van Eldi 10; Adrian Watson 4\/17, Stephan Vermaak 2\/2). <strong>Hans Moore wen met 221 lopies<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Montana: 166<\/strong> (Luca Bairos 29, Schalk van Jaarsveld 24; Ruan Boshoff 4\/33, Reinardt Haasbroek 2\/13, Ruhan Oliphant 2\/22). <strong>Ho\u00ebrskool <\/strong><strong>Eldoraigne:<\/strong> <strong>168\/1<\/strong> (Kyle de Bruin 70*, Johan Broekman 65*; Luca Bairos 1\/29). <strong>Eldoraigne wen met nege paaltjies<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Kemptonpark: 179<\/strong> (Marko van Voorst 43*, Joshua Shanker 38, Stian de Villiers 21; Andr\u00e9 van Niekerk 4\/37, Werner Durrheim 3\/41). <strong>Monument: 112<\/strong> (Keagan van Wyk 25; Martin Williams 5\/33, Wian Pieters 3\/25). <strong>Kemptonpark wen met 67 lopies<\/strong>.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ho\u00ebrskool Hans Moore se kaptein, Warren Minnaar, en voorslagkolwer, Xavier Coetzee, se gesamentlike aanslag met die kolf het hul span tot &#8216;n reuse oorwinning van 221 lopies gestuur oor Potchefstroom Gimnasium, in in vanjaar se Finsbury-reeks. Minnaar was in &#8216;n verwoestende bui en het uitstekend gekapitaliseer op die platform wat deur Kenan Shaw (24) en [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":34222,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-34214","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34214","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34214"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34214\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34214"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34214"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34214"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}