{"id":34215,"date":"2024-02-09T12:17:12","date_gmt":"2024-02-09T10:17:12","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=34215"},"modified":"2024-02-09T12:17:12","modified_gmt":"2024-02-09T10:17:12","slug":"talent-en-spoed-in-burger-se-bloed","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=34215","title":{"rendered":"Talent en spoed in Burger se bloed"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_34272\" aria-describedby=\"caption-attachment-34272\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-34272\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/Rume-Burger-333x500.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"601\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-34272\" class=\"wp-caption-text\">RUM\u00c9 BURGER (Oranje) in aksie tydens die Curro Hazeldean Top 14-byeenkoms in Pretoria. FOTO: Frans Lombard\/Actionpix<\/figcaption><\/figure>\n<p>Sy is gebore in &#8216;n familie waar talent deur generasies vloei, maar die 16-jarige <strong>Rum\u00e9 Burger<\/strong> is besig om haar eie pad in die w\u00eareld van atletiek oop te kerf.<\/p>\n<p>Rum\u00e9 se geslagslyn spog met &#8216;n Springbok-oupa, <strong>Thys Burger<\/strong>, pa Philip Burger, wat vir die Cheetahs sowel as die Blitsbokke uitgedraf het, en &#8216;n paalspring-oupa, <strong>Wessel Jacobs<\/strong>.<\/p>\n<p>Haar ma, <strong>Marida Burger<\/strong>, het in atletiek en netbal\u00a0 ook tot die gesin se atletiese nalatenskap bygedra.<\/p>\n<p>By die onlangse <strong>Curro Hazeldean Top 14-byeenkoms<\/strong> in Pretoria het Rum\u00e9 oorwinnings in die 100m en 200m, met blitstye van onderskeidelik 12.24 en 24.78 sekondes behaal.<\/p>\n<p>Haar uitsonderlike 200m-vertoning het 933 punte ingeoes, wat haar een van die byeenkoms se uitblinkers gemaak het.<\/p>\n<p>Om rekords te breek het tweede natuur vir Rum\u00e9 geword, nadat sy die nuwe 200m-rekord by Sentraal se Top 20-byeenkoms in 2023 opgestel het. Sy het die vorige rekord van 25.30 sekondes met &#8216;n tyd van 25.03, di\u00e9 rekord wat vir 16 jaar lank gestaan het, verbeter.<\/p>\n<p>Gebore in Perpignan, Frankryk, waar haar pa vir USA Perpignan rugby gespeel het. Rum\u00e9 het saam met haar gesin op die ouderdom van vier na Suid-Afrika teruggekeer.<\/p>\n<p><strong>Phillip Burger<\/strong> het in 2006 &#8216;n volle 15 drie\u00eb gedruk in die Cheetahs se opgang tot die Curriebeker-titel van daardie jaar.<\/p>\n<p>Rum\u00e9 het haar skoolopleiding begin aan Laerskool Willem Postma en is nou \u2018n trotse leerder van Oranje Meisieskool in Bloemfontein.<\/p>\n<p>Onder leiding van haar afrigter, <strong>Elinda Vorster<\/strong>, &#8216;n atleet in eie reg wat ook al vir Suid-Afrika verteenwoordig het, oefen Rum\u00e9 vyf tot ses dae per week, en hoop sy om haar land op internasionale vlak by die W\u00eareldkampioenskap in 2024 te verteenwoordig.<\/p>\n<p>Vorster het Suid-Afrika self as &#8216;n naelloper tydens die Olimpiese Spele van 1992 in Barcelona verteenwoordig.<\/p>\n<p>Rum\u00e9 se liefde vir atletiek strek egter verder as bloot die wenstreep. Sy glo dat atletiek nie slegs fisieke krag bou nie, maar ook waardevolle lewenslesse van harde werk en toewyding inboesem.<\/p>\n<p>Vir die Burger-familie gaan dit alles daaroor om aktief te bly, en die gesin spog ook met n\u00f3g twee talentvolle dogters.<\/p>\n<p>Lilly (13) blink uit in hekkies en hoop om in oupa Wessel se voetspore te volg met paalspring. Zylie (10), die jongste, is ook &#8216;n sportentoesias en gek oor hekkies.<\/p>\n<p>Rum\u00e9 het grootgeword met die gesegde &#8220;harde werk klop talent, as talent nie hard werk nie,&#8221; en sy dank God elke dag vir haar talent.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sy is gebore in &#8216;n familie waar talent deur generasies vloei, maar die 16-jarige Rum\u00e9 Burger is besig om haar eie pad in die w\u00eareld van atletiek oop te kerf. Rum\u00e9 se geslagslyn spog met &#8216;n Springbok-oupa, Thys Burger, pa Philip Burger, wat vir die Cheetahs sowel as die Blitsbokke uitgedraf het, en &#8216;n paalspring-oupa, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":34272,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-34215","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34215","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34215"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34215\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34215"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34215"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34215"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}