{"id":34224,"date":"2024-02-05T16:13:27","date_gmt":"2024-02-05T14:13:27","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=34224"},"modified":"2024-02-05T16:13:27","modified_gmt":"2024-02-05T14:13:27","slug":"dinamika-glip-verby-middies-met-een-paaltjie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=34224","title":{"rendered":"Dinamika glip verby Middies met een-paaltjie"},"content":{"rendered":"<p><strong><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft wp-image-30006\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/09\/high-angle-view-of-cricket-bat-and-helmet-on-field-2021-08-28-17-17-52-utc-scaled-1-300x200.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/09\/high-angle-view-of-cricket-bat-and-helmet-on-field-2021-08-28-17-17-52-utc-scaled-1-300x200.jpg 300w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/09\/high-angle-view-of-cricket-bat-and-helmet-on-field-2021-08-28-17-17-52-utc-scaled-1-768x512.jpg 768w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/09\/high-angle-view-of-cricket-bat-and-helmet-on-field-2021-08-28-17-17-52-utc-scaled-1.jpg 1024w\" sizes=\"auto, (max-width: 400px) 100vw, 400px\" \/>Ho\u00ebrskool Dinamika<\/strong> het Saterdag sy derde agtereenvolgende sege in Afdeling C van die Finsbury-reeks ingepalm.<\/p>\n<p>Die span van Alberton is na die eerste drie rondes die enigste onoorwonne span, nadat hulle met &#8216;n naelskraapse sege van een paaltjie teen <strong>Ho\u00ebrskool Middelburg<\/strong> koning gekraai het.<\/p>\n<p>Kaptein,<strong> Dean van Onselen<\/strong>, se terugkeer na die span blyk Dinamika se resep vir sukses te wees. Van Onselen was verlede jaar vir &#8216;n geruime tyd buite aksie met &#8216;n ernstige besering.<\/p>\n<p>Hy is vanjaar sommer vroeg-vroeg reeds stewig op dreef. Die voorslagkolwer se vyftigtal Saterdag was sy derde agtereenvolgende een in soveel rondes.<\/p>\n<p><strong>Mark van den Berg<\/strong> het die voortou geneem met die bal. Die aanvangsbouler het, saam met sy vennoot <strong>Jayden Smith<\/strong> (2\/9), amok gesaai onder die Middie-kolwers. Hulle is goed bygestaan deur <strong>Nathan Visagie<\/strong> (2\/15) en <strong>Tyrone Whateley<\/strong> (2\/16).<\/p>\n<p><strong>Gavin Genis<\/strong> (53) het die kollig in die Middies se kolforde gesteel. Sy vyftigtal, tesame met bydraes deur <strong>Lohan Botha<\/strong> (29) en <strong>Shuan Taljard<\/strong> (25), het die span van Mpumalanga uit die moeilikheid tot &#8216;n totaal van 156 gestuur.<\/p>\n<p>Daarna was Middelburg se boulers aan die beurt. <strong>Eduan Strydom<\/strong> (3\/37) het van voor gelei om sy span enduit in die wedloop te hou. Goeie ondersteuning deur <strong>Hendre Nel<\/strong> (2\/32) en <strong>Gavin Genis<\/strong> (2\/36) het Dinamika hard laat spook. Dit was egter nie genoeg nie en Dinamika kon die telling in die 43ste beurt verbysteek.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebr Volkskool Heidelberg<\/strong> het hulself goed van hulle taak gekwyt deur <strong>Ho\u00ebrskool<\/strong> <strong>Merensky<\/strong> met 38 lopies te klop. <strong>Dave Pelzer<\/strong> was weer op sy stukke met die kolf en het gekapitaliseer op enige swak bal om &#8216;n onoorwonne 82 lopies tot sy span se totaal te voeg.<\/p>\n<p>Die aanvangsvennootskap tussen <strong>Matthew Wentzel<\/strong> (63) en <strong>Marko Hartkoph<\/strong> (50) het vooraf die platform vir Pelzer gel\u00ea. Die twee het puik gekombineer vir &#8216;n gesamentlike 85 lopies voor <strong>Xander Schoeman<\/strong> (1\/62) Hartkoph terug pawiljoen toe gestuur het.<\/p>\n<p><strong>Luka Heinlein<\/strong> was weer met mening op dreef vir die Plasies. Sy boulsyfers van drie paaltjies vir 42 lopies was die Tzaneeners se beste op die dag. Die draaier, <strong>Rinaldo Bornman<\/strong> (2\/30), het hom goed bygestaan.<\/p>\n<p>Die Plasies se talentvolle<strong> JP Botha<\/strong> het die besoekers so hittete tot &#8216;n onwaarskynlike oorwinning gelei. Botha se verwoestende beurt van 81 lopies, van slegs 69 aflewerings, is egter uiteindelik deur die akkurate boulwerk van Vaughn Steynvaart be\u00ebindig.<\/p>\n<p><strong>Kyle Crous<\/strong> (36, 50b) het &#8216;n waardevolle ondersteuningsrol gespeel, maar beduidende boulskofte deur <strong>Gerrit Henken<\/strong> (2\/27) en <strong>Dave Pelzer<\/strong> (2\/30) het verseker dat die Plasies slegs 228 bereik.<\/p>\n<p><strong>Uplands College<\/strong> se <strong>Kai Taylor<\/strong> het sy span tot &#8216;n gemaklike oorwinning van ses paaltjies oor <strong>HTS Middelburg<\/strong> gelei. Naylor het vyf Middelburg paaltjies laat kantel vir slegs 15 lopies. <strong>Leam van Zyl<\/strong> was ewe indrukwekkend met boulsyfers van vier paaltjies vir 22 lopies.<\/p>\n<p>Net die Middelburgers se kaptein, <strong>Toy Engelbrecht<\/strong>, was opgewasse teen die Uplands-aanslag . Hy het meer as die helfte van sy span se totaal aangeteken met sy bydrae van 48 lopies.<\/p>\n<p><strong>Marley Waspe<\/strong> se beurt van 29 lopies was genoeg vir die span van Mpumalanga om HTS Middelburg se teleurstellende telling van 83 in slegs 22 beurte verby te steek.<\/p>\n<p><strong>Beknopte telkaarte:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Middelburg: 156<\/strong> (Gavin Genis 53, Lohan Botha 29, Shaun Taljaard 25; Mark van der Berg 3\/35, Jayden Smith 2\/9, Nathan Visagie 2\/15, Tyrone Whateley 2\/16). <strong>Ho\u00ebrskool <\/strong><strong>Dinamika: 157\/9<\/strong> (Dean van Onselen 55; Eduan Strydom 3\/37, Hendre Nel 2\/32, Gavin Genis 2\/36, Ivan Deale 2\/38). <strong>Dinamika wen met een paaltjie<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebr Volkskool Heidelberg: 262\/7<\/strong> (Dave Pelzer 82*, Matthew Wentzel 63, Marko Hartkoph 50; Luka Heinlein 3\/42, Rinaldo Bornman 2\/30). <strong>Ho\u00ebrskool<\/strong> <strong>Merensky: 228<\/strong> (JP Botha 81, Kyle Crous 36, Logan Janse van Rensburg 24, Xander Schoeman 23; Gerrit Henken 2\/27, Dave Pelzer 2\/30). <strong>Volkskool Heidelberg wen met 38 lopies<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>HTS Middelburg: 83<\/strong> (Toy Engelbrecht 48; Kai Naylor 5\/15, Leam van Zyl 4\/22). <strong>Uplands College: 85\/4<\/strong> (Marley Waspe 29; Ethan Dreyer 2\/17). <strong>Uplands College wen met ses paaltjies<\/strong>.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ho\u00ebrskool Dinamika het Saterdag sy derde agtereenvolgende sege in Afdeling C van die Finsbury-reeks ingepalm. Die span van Alberton is na die eerste drie rondes die enigste onoorwonne span, nadat hulle met &#8216;n naelskraapse sege van een paaltjie teen Ho\u00ebrskool Middelburg koning gekraai het. Kaptein, Dean van Onselen, se terugkeer na die span blyk Dinamika [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":30006,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-34224","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34224","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34224"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34224\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/30006"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34224"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34224"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34224"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}