{"id":34468,"date":"2024-02-08T16:33:44","date_gmt":"2024-02-08T14:33:44","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=34468"},"modified":"2024-02-08T16:33:44","modified_gmt":"2024-02-08T14:33:44","slug":"eldos-voor-reuse-taak-in-benoni","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=34468","title":{"rendered":"Eldo&#8217;s voor reuse taak in Benoni"},"content":{"rendered":"<p><strong><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-33745\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/Hans-Moore-Cricket-400x267.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" \/>Ho\u00ebrskool Eldoraigne<\/strong> het &#8216;n groot taak op hande wanneer hulle Saterdag teen &#8216;n kookwater <strong>Hans Moore<\/strong>-span in Benoni te staan kom.<\/p>\n<p>Die stryd tussen bal en kolf sal &#8216;n interessante een afgee. Eldoraigne beskik oor &#8216;n vurige boulaanval, met <strong>Ruan Boshoff<\/strong> en <strong>Ruwan Oliphant<\/strong>, wat die boulaanval sal lei.<\/p>\n<p>Die twee kranige boulers het verlede week in die Pretorianers se oortuigende sege oor Ho\u00ebrskool Montana &#8216;n beduidende rol gespeel.<\/p>\n<p>Hans Moore se kaptein, <strong>Warren Minnaar<\/strong>, is egter, na &#8216;n ietwat sukkelende begin tot die reeks, nou stewig op dreef, en sal saam met <strong>Stephan Vermaak<\/strong> en <strong>Xavier Coetzee<\/strong>\u00a0oorgehaal wees om hul stempel, op tuisbodem, af te druk.<\/p>\n<p>Die Eldo&#8217;s se kolflys is egter nie te versmaai nie. <strong>Johan Broekman<\/strong> het oor die afgelope twee rondes bewys hoekom hy so hoog onder die Eldo&#8217;s aangeslaan word. <strong>Kyle de Bruin<\/strong> het ook be\u00efndruk en sal wil voortbou op sy waardevolle 70-tal teen Montana .<\/p>\n<p>Die twee sal ingewag word deur die witwarm, <strong>Adrian Watson<\/strong>. Watson is huidiglik die Hansies se voorste paaltjievraat in die kompetisie, en kon tot dusver reeds agt paaltjies in twee wedstryde op sy kerfstok plaas.<\/p>\n<p><strong>Potchefstroom Gimnasium<\/strong> reis na Kemptonpark waar hulle teen die Afdeling B se enigste onoorwonne span, <strong>Ho\u00ebrskool Kemptonpark<\/strong>, te staan kom.<\/p>\n<p>Die Kempies se <strong>Martin Williams<\/strong> sal die tuistoestande optimaal wil benut, nadat hy &#8216;n vyftal paaltjies geneem het in sy span se oorwinning oor Ho\u00ebrskool Monument, en hy hou beslis groot gevaar in vir die Gimmie-kolwers.<\/p>\n<p>Williams is egter nie die enigste gevaarman nie. <strong>Wian Pieters<\/strong> is ook witwarm met die bal en sal saam met Williams poog om amok onder die Potchefstromers te saai.<\/p>\n<p>Gimmies lek nog hul wonde na &#8216;n reuse nederlaag teen Hans Moore in die vorige ronde. Kaptein en keurbouler, <strong>Tommie Botha<\/strong>, sal sake hierdie week wil regstel.<\/p>\n<p>Botha is &#8216;n sleutelspeler vir die besoekers met die kolf . <strong>Margeo Joubert<\/strong> behoort sy kaptein goed by te staan, en was ook die enigste Gimmie-bouler wat die Hansie-kolwers op hulle tone gehou het.<\/p>\n<p>Die twee sukkelende spanne tans in die afdeling, <strong>Ho\u00ebrskool Montana<\/strong> en <strong>Ho\u00ebrskool Monument<\/strong>, spook sake om die laaste plek in die Jakarandastad uit. Dit wil egter voorkom asof Monnas oor die laaste paar wedstryde belowende momentum begin opbou het.<\/p>\n<p>Die span se boulwerk teen die Kempies, alhoewel steeds aan die verloorkant, was indrukwekkend. Hier het <strong>Andr\u00e9 van Niekerk<\/strong> en <strong>Werner Durheim<\/strong> die voortou geneem.<\/p>\n<p>Aan die kant van Montana, lyk dit of die jong span se kolwers uiteindelik hul voete begin vind. <strong>Luca Bairos<\/strong> sal weer &#8216;n sleutelrol vir die Monties vertolk, en sal hoop dat <strong>Schalk van Jaarsveld<\/strong> sy goeie spelpeil van die vorige ronde kan voortsit.<\/p>\n<p>Altwee spanne is uitgehonger vir &#8216;n eerste sege.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ho\u00ebrskool Eldoraigne het &#8216;n groot taak op hande wanneer hulle Saterdag teen &#8216;n kookwater Hans Moore-span in Benoni te staan kom. Die stryd tussen bal en kolf sal &#8216;n interessante een afgee. Eldoraigne beskik oor &#8216;n vurige boulaanval, met Ruan Boshoff en Ruwan Oliphant, wat die boulaanval sal lei. Die twee kranige boulers het verlede [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":33745,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-34468","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34468","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34468"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34468\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/33745"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34468"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34468"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34468"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}