{"id":345,"date":"2020-02-23T11:13:02","date_gmt":"2020-02-23T09:13:02","guid":{"rendered":"https:\/\/cricket.supersportschools.com\/fouche-slaan-nuwe-rekord-met-warrelwind-beurt-vir-grey-los\/"},"modified":"2020-02-23T11:13:02","modified_gmt":"2020-02-23T09:13:02","slug":"fouche-slaan-nuwe-rekord-met-warrelwind-beurt-vir-grey-los","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=345","title":{"rendered":"Fouch\u00e9 slaan nuwe nasionale rekord met warrelwind beurt vir Grey los"},"content":{"rendered":"<p><strong><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-344\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/cricket.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2020\/02\/NewsGMarcoFouche1.png\" alt=\"NewsGMarcoFouche1\" width=\"186\" height=\"446\" \/>Grey-kollege<\/strong> se eerste krieketspan was in &#8216;n vernietigende bui Saterdag in sy twee uitspeelwedstryde van die Vrystaatse been van Krieket Suid-Afrika se nasionale T20-reeks. Grey sal vandag in die eindstryd van die Vrystaat teen <strong>St Andrews<\/strong> te staan kom.<\/p>\n<p><strong>Marco Fouch\u00e9<\/strong> (170*) het &#8216;n nuwe nasionale rekord in die reeks opgestel met &#8216;n ongelooflike honderdtal in sy span se sege van 180 lopies oor die Afrikaanse Ho\u00ebrskool Kroonstad. Fouch\u00e9 se beurt is die hoogtste telling sedert die ontstaan van die reeks. Hy het slegs 72 aflewerings in sy warrelwind beurt trotseer wat 24 grenshoue ingesluit het. Nie minder as 13 van die grenshoue het vir die eerste keer anderkant die grenstou van die Casa Parentum-veld grond gevat nie.<\/p>\n<p>Die vorige rekord het agter die naam van St Dominic&#8217;s College se <strong>Damon de Villiers<\/strong> gestaan. Hy het destyds in 2010 &#8216;n ongelooflike beurt van 168 lopies geslaan in &#8216;n kragmeting teen Hentie Cilliers van Virginia. De Villiers het destyds ook &#8216;n vyftal paaltjies ingeoes om met boulsyfers van 5\/16 te spog.<\/p>\n<p>Fouch\u00e9 het &#8216;n onoorwonne aanvangs-vennootskap van 248 lopies met <strong>Neels Volschenk<\/strong> (66*, 48b) gedeel om Grey in &#8216;n uitstekende posisie te plaas. Die Rooiskool kon slegs 68 lopies hierop antwoord. <strong>Ruan Thompson<\/strong> (21) het die meeste weerstand vir die verloorspan gebied.<\/p>\n<p><strong>Juan-Dee Olivier<\/strong> (2\/6), Dean de Bruin (2\/9), JF van Heerden (2\/8) en <strong>Jomar Prinsloo<\/strong> (2\/13) het nie veel kanse vir Rooiskool se kolwers gegee om die wilgerlat die praatwerk te laat doen nie.<\/p>\n<p>Grey het in sy eerste wedstryd van die uitspele ook nie veel probleme ondervind om Welkom Gimnasium te verneder nie. Die besoekers is vir slegs 20 lopies na 12 boulbeurte uitgeboender. Die linkerhandse draaier, <strong>Mbongi Mhlanga<\/strong> (6\/2), het die meeste van die skade met sy boulwerk aangerig.<\/p>\n<p>Olivier het ook weer twee paaltjies ingoes en &#8216;n skamele twee lopies afgestaan. Grey het slegs 11 aflewerings benodig om die sege te beklink met Volschenk (15*) wat sy kolf die praatwerk laat doen het.<\/p>\n<p><strong>Saints<\/strong> het hulle plek in die eindstryd met gemaklike seges oor <strong>Voortrekker<\/strong> van Bethlehem en die Ho\u00ebrskool Sasolburg bespreek. Saints het die Trekkers met 94 lopies in hul eerste kragmeting geklop.<\/p>\n<p>Saints het 188\/6 in hul toegelate 20 boulbeurte aangeteken met <strong>Zander Rasmussen<\/strong> (45) en <strong>Reeza Alexander<\/strong> (36) wat die grootste bydraes gelewer het. Die Trekkers kon slegs 94\/7 hierop antwoord, maar <strong>Victor Nel<\/strong> (38) en <strong>Hendrik Smit<\/strong> (25) het &#8216;n moedige vennootskap van 58 lopies om die vierde paaltjie gedeel om aansien aan hul beurt te gee.<\/p>\n<p>St Andrews het in hul tweede wedstryd vir die <strong>Ho\u00ebrskool Sasolburg<\/strong> met tien paaltjies die loef afgesteek.<\/p>\n<p><em><strong>FOTO: Marco Fouche\/Facebook<\/strong><\/em><\/p>\n<p><strong>Beknopte telkaarte:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Welkom Gimnasium 20<\/strong> (Mbongi Mhlanga 6\/2, Juan-Dee Olivier 2\/2); <strong>Grey-kollege 21\/1<\/strong> (Neels Volschenk 15*). <strong>Grey-kollege wen met nege paaltjies<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>St Andrews 188\/6<\/strong> (Zander Rasmussen 45, Reeza Alexander 36, JD Bruwer 21; Rowen Scholtz 2\/37, Henro Claasen 2\/45); <strong>Voortrekker 94\/7<\/strong> (Victor Nel 38, Hendrik Smit 25; JD Bruwer 3\/21).\u00a0<strong>St Andrews wen met 94 lopies<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Grey-kollege 248\/0<\/strong> (Marco\u00a0Fouch\u00e9 170*, Neels Volschenk 66*); <strong>AHS Kroonstad 68<\/strong> (Ruan Thompson 21; Juan-Dee Olivier 2\/6, JF van Heerden 2\/8, Dean de Bruin 2\/9, Jomar Prinsloo 2\/13). <strong>Grey-kollege wen met 180 lopies<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Sasolburg 58<\/strong> (Luan Loubser 17, Marnu Cronj\u00e9 16; Tristan Wylie 2\/4, Johnny du Plessis 2\/10); <strong>St Andrews 59\/0<\/strong> (Nicolaas Liebenberg 39*, Liam Doherty 15*). <strong>St Andrews wen met tien paaltjies<\/strong>.<\/p>\n<p>[powr-comments id=&#8221;775e5e43_1582446715844&#8243;]<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Grey-kollege se eerste krieketspan was in &#8216;n vernietigende bui Saterdag in sy twee uitspeelwedstryde van die Vrystaatse been van Krieket Suid-Afrika se nasionale T20-reeks. Grey sal vandag in die eindstryd van die Vrystaat teen St Andrews te staan kom. Marco Fouch\u00e9 (170*) het &#8216;n nuwe nasionale rekord in die reeks opgestel met &#8216;n ongelooflike honderdtal [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":344,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-345","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/345","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=345"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/345\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/344"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=345"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=345"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=345"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}