{"id":34524,"date":"2024-02-09T12:02:53","date_gmt":"2024-02-09T10:02:53","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=34524"},"modified":"2024-02-09T12:02:53","modified_gmt":"2024-02-09T10:02:53","slug":"heidelberg-volkies-mik-om-middies-te-stuit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=34524","title":{"rendered":"Heidelberg Volkies mik om Middies te stuit"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_34532\" aria-describedby=\"caption-attachment-34532\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-34532 size-medium\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/Merensky-cricket-1-400x457.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"457\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-34532\" class=\"wp-caption-text\">Foto: Ankia Botha<\/figcaption><\/figure>\n<p><strong>Ho\u00ebr Volkskool Heidelberg<\/strong> sal mik om <strong>Ho\u00ebrskool Middelburg<\/strong> se puik momentum te stuit wanneer die twee spanne mekaar in die vierde ronde van Finsbury-reeks pak.<\/p>\n<p>Die Volkies self het verlede naweek &#8216;n waardevolle sege behaal teen Merensky van Tzaneen. <strong>Dave Pelzer<\/strong>, die span van Heidelberg se voorste kolwer, is op sy stukke en het reeds twee vyftigtalle op sy Finsbury-kerfstok.<\/p>\n<p>Die openingskolwers, <strong>Matthew Wentzel<\/strong> en <strong>Marko Hatkopf<\/strong>, is ook mooi op dreef en sal die Volkies vinnig van die merk af wil kry deur die sterk Middie-boulaanval vanuit die staanspoor onder druk te plaas.<\/p>\n<p><strong>Ivan Deale<\/strong>, die Middies se mees ekonomiese bouler tot dusver, sal die gevaarman wees, terwyl Volkies ook moet ligloop vir <strong>Gavin Genis<\/strong> . Genis is venynig met die bal, maar vervul ook &#8216;n sleutelrol in die Middies se middelorde.<\/p>\n<p><strong>Eduan Strydom<\/strong> behoort weer onophoudelik in te hardloop om die Volkie-kolwers te terroriseer.<\/p>\n<p>Daar kan dus na &#8216;n titaniese stryd tussen die Volkies se sterk kolflys en die Middies se genadelose boulaanval uitgesien word.<\/p>\n<p><strong>Merensky<\/strong> smag nog na hul eerste oorwinning in vanjaar se reeks. Die span van Tzaneen sal Saterdag in Middelburg met <strong>HTS Middelburg<\/strong> swaarde kruis.<\/p>\n<p>Die Plasies het verlede naweek so hittete oorwinning gesmaak teen Heidelberg Volkies in ronde drie. <strong>JP Botha<\/strong>, die Plasies se hoogs talentvolle kolwer en paaltjiewagter, het &#8216;n groot taak op hande indien die Tzaneeners hoop om suksesvol te wees.<\/p>\n<p>Voorts sal die aanvangskolwer, <strong>Logan Janse van Rensburg<\/strong>, sy belowende vertonings met die kolf in &#8216;n werklike groot beurt wil omskep. Met die bal sal die aanvangsbouler, <strong>Luka Heinlein<\/strong>, se afwesigeheid &#8216;n groot leemte vir die Plasies laat. Sy plaasvervanger, <strong>Kyle Crous<\/strong>, is egter nie te versmaai nie, met sy swaaiboulwerk wat die lewe vir die Middelburgers kan bemoeilik.<\/p>\n<p>Die Middelburgers se kaptein, <strong>Toy Engelbrecht<\/strong>, sal oudergewoonte van voor wil lei, vernaam na sy span se nederlaag met ses paaltjies teen Uplands College.<\/p>\n<p><strong>Ethan Dreyer<\/strong> sal saam met sy kaptein goeie waarde met sy knap boulwerk wil toevoeg. Die kolwers<strong> Anthoni Smuts<\/strong> en<strong> WJ Enslin<\/strong> sal verlede naweek se teleurstelling agter hulle wil sit, en vir Crous onder druk wil plaas om &#8216;n produktiewe begin vir hul span te verseker.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Dinamika<\/strong> sal hul onoorwonne rekord in vanjaar se reeks wil behou, wanneer hulle teen die gevaarlike <strong>Uplands College<\/strong> te staan kom.<\/p>\n<p>Kaptein<strong> Dean van Onselen<\/strong> se kolf is huidiglik witwarm, en hy het nog in elke beurt geslaag om meer as vyftig lopies vir sy span op te stapel.<\/p>\n<p>Sy boulers hou egter die grootste gevaar in vir Uplands, met ver\u00e1l <strong>Mark van der Berg<\/strong> en <strong>Jayden Smith<\/strong> wat skitterende vertonings met die bal gelewer het in die vorige twee rondes.<\/p>\n<p>Vir Uplands sal <strong>Kai Naylor<\/strong> beoog om &#8216;n rat voor die Dinamika-kolwers se o\u00eb te draai, na sy uitstekende vertoning teen HTS Middelburg toe hy vyf paaltjies vir 15 lopies laat kantel het.<\/p>\n<p><strong>Marley Waspe<\/strong> behoort die gom in die Uplands-kolflys wees. Die voorslagkolwer sal op sy indrukwekkende spelpeil wil voortbou wanneer hy Saterdag sy verskyning in die middel maak.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ho\u00ebr Volkskool Heidelberg sal mik om Ho\u00ebrskool Middelburg se puik momentum te stuit wanneer die twee spanne mekaar in die vierde ronde van Finsbury-reeks pak. Die Volkies self het verlede naweek &#8216;n waardevolle sege behaal teen Merensky van Tzaneen. Dave Pelzer, die span van Heidelberg se voorste kolwer, is op sy stukke en het reeds [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":34532,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-34524","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34524","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34524"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34524\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34524"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34524"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34524"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}