{"id":34694,"date":"2024-02-11T08:55:35","date_gmt":"2024-02-11T06:55:35","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=34694"},"modified":"2024-02-11T08:55:35","modified_gmt":"2024-02-11T06:55:35","slug":"kliniese-coetzee-verseker-hansies-sege","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=34694","title":{"rendered":"Kliniese Coetzee verseker Hansies-sege"},"content":{"rendered":"<p><strong><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-33745\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/Hans-Moore-Cricket-400x267.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" \/>Xavier Coetzee<\/strong> se kliniese beurt van 84 lopies het verseker dat <strong>Ho\u00ebrskool<\/strong> <strong>Hans Moore<\/strong> met &#8216;n oorwinning van 13 lopies oor <strong>Ho\u00ebrskool Eldoraigne<\/strong> in Benoni kon spog.<\/p>\n<p>Coetzee, die Hansies se keurkolwer, is effektief bygestaan deur <strong>Tihan Eloff,<\/strong> wat ook &#8216;n puik vyftigtal kon aanteken. In die boulafdeling het<strong> Hanroux Siemens<\/strong> (4\/43) uitgestaan. Sy kollega,<strong> Kenan Shaw,<\/strong> het goeie ondersteuning gebied met boulsyfers van twee paaltjies vir 14 lopies.<\/p>\n<p>Eldo&#8217;s se <strong>Cameron Welsh<\/strong> het sy ritme na twee stil naweke herwin. Welsh het met die bal en die kolf be\u00efndruk, en was sy span se voorste lopiemaker met &#8216;n waardevolle bydrae van 86 lopies. Hy het ook die meeste paaltjies ingeoes, met syfers van twee paaltjies vir 33 lopies.<\/p>\n<p><strong>MJ Buitendag<\/strong> (34) het ook met die kolf uitgeblink, terwyl <strong>Jean du Randt<\/strong> hard vir sy 29 lopies gewerk het. Dit was egter nie genoeg om &#8216;n oorwinning vir die span van Pretoria te verseker nie.<\/p>\n<p>In die kragmeting tussen <strong>Ho\u00ebrskool Kemptonpark<\/strong> en <strong>Potchefstroom Gimnasium<\/strong> was &#8216;n pragbeurt van 95 lopies deur die Kempies se aanvangskolwer, <strong>Floors Mynhard<\/strong>, die beslissende faktor tussen die twee spanne.<\/p>\n<p>Mynhardt se beurt, tesame met <strong>Shaun Nash<\/strong> (25) en <strong>Stian de Villiers<\/strong> (22) se ondersteuningsbeurte, het die Kempies se telling na 250\/6 in sy toegelate 50 beurte opgejaag.<\/p>\n<p>Die Gimmies se kaptein, <strong>Tommie Botha<\/strong>, lyk of hy ook weer sy ritme begin vind het. Botha was voor in die koor met die bal. Hy was die Gimmies se beste bouler met twee paaltjies vir 29 lopies. <strong>Jahndre Coetzee<\/strong> (2\/53) het hom goed bygestaan.<\/p>\n<p>Met die kolf het Botha &#8216;n volwasse beurt gespeel om sy span se hoogste telling van 43 lopies aan te teken. Venynige boulwerk deur <strong>Warren Pretorius<\/strong> (3\/35), asook <strong>Marko van Voorst<\/strong> (2\/15) en <strong>Kaeden Pretorius<\/strong> (2\/20), het egter Gimmies se momentum in die wiele gery.<\/p>\n<p>Dit het gelei na een paaltjie op die ander, en uiteindelik moes Gimmies tevrede wees met slegs 162 lopies voordat die laaste paaltjie geval het.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Monument<\/strong> was vir die eerste keer in die reeks aan die wenkant nadat hulle op &#8216;n drafstap met <strong>Ho\u00ebrskool Montana<\/strong> kon afreken. &#8216;n Uitstekende boulskof deur Andr\u00e9 van Niekerk het die Monties vroeg in die knyp gehad. Van Niekerk het vyf paaltjies laat kantel vir &#8216;n skamele 11 lopies. Goeie ondersteuning deur Rieghardt Prinsloo (3\/15) het verdere sout in die Pretorianers se wonde gevryf.<\/p>\n<p>Slegs <strong>Du Preez Prinsloo<\/strong> (22) en <strong>Wouter Kotze<\/strong> (20) kon verby die 20-merk kom. Na die twee se paaltjies gekantel het, kon die Monties nooit herstel nie en het hulle laaste paaltjie met die telling op slegs 109 lopies geval.<\/p>\n<p><strong>Rieghardt Prinsloo<\/strong> (37)* en <strong>Joshua Mccoy<\/strong> (33) het goed gekombineer om ligte werk van die Montie-boulers te maak. Die twee se bydraes het verseker dat die span van Krugersdorp die telling met sewe paaltjies staande kon verbysteek.<\/p>\n<p><strong>Beknopte telkaarte:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Hans Moore: 240\/8<\/strong> (Xavier Coetzee 84, Tihan Eloff 52, Aiden Shaw 22; Cameron Welsh 2\/33). <strong>Eldoraigne: 227<\/strong> (Cameron Welsh 86, MJ Buitendag 34, Jean du Toit 29, Marinus Langerman 28; Hanroux Siemens 4\/43, Kenan Shaw 2\/14). <strong>Hans Moore wen met 13 lopies.<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Kemptonpark: 250\/6<\/strong> (Floors Mynhardt 95, Shuan Nash 29, Joshua Shanker 25, Stian de Villiers 22; Tommie Botha 2\/29, Jahndre Coetzee 2\/53). <strong>Potchefstroom Gimnasium: 162<\/strong> (Tommie Botha 43, Juandre Barends 22, De Wet Grobler 20; Warren Pretorius 3\/35, Marko van V<strong>oorst 2\/15, Kaeden Pretorius 2\/20). Kemptonpark wen met 88 lopies.<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Montana: 109<\/strong> (Du Preez Prinsloo 22, Woudter Kotze 20; Andr\u00e9 van Niekerk 5\/11, Rieghardt Prinsloo 3\/15). <strong>Ho\u00ebrskool <\/strong><strong>Monument: 111\/3<\/strong> (Rieghardt Prinsloo 37*, Joshua Mccoy 31; Konrad Koukeas 2\/10). <strong>Monument wen met sewe paaltjies<\/strong>.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Xavier Coetzee se kliniese beurt van 84 lopies het verseker dat Ho\u00ebrskool Hans Moore met &#8216;n oorwinning van 13 lopies oor Ho\u00ebrskool Eldoraigne in Benoni kon spog. Coetzee, die Hansies se keurkolwer, is effektief bygestaan deur Tihan Eloff, wat ook &#8216;n puik vyftigtal kon aanteken. In die boulafdeling het Hanroux Siemens (4\/43) uitgestaan. Sy kollega, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":33745,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-34694","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34694","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=34694"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/34694\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/33745"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=34694"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=34694"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=34694"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}