{"id":35010,"date":"2024-02-15T18:52:25","date_gmt":"2024-02-15T16:52:25","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=35010"},"modified":"2024-02-15T18:52:25","modified_gmt":"2024-02-15T16:52:25","slug":"rusties-en-volkies-mik-om-finsbury-reeks-op-hoe-noot-af-te-sluit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=35010","title":{"rendered":"Rusties en Volkies mik om Finsbury-reeks op ho\u00eb noot af te sluit"},"content":{"rendered":"<p><strong><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-35020\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/Rustenburg-cricket-400x276.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"276\" \/>Ho\u00ebrskool Rustenburg<\/strong> is daarop uit om sy Finsbury-reeks op &#8216;n wennoot af te sluit wanneer hulle met <strong>Ho\u00ebr Volkskool Potchefstroom<\/strong> in Rustenburg kragte meet.<\/p>\n<p>Die Rusties het tot dusver &#8216;n bevredigende reeks geniet, en slegs teen die twee skole van Pretoria, <strong>Ho\u00ebrskool Waterkloof<\/strong> en <strong>Ho\u00ebrskool Menlopark<\/strong>, vasgeval.<\/p>\n<p><strong>Logan Rossouw<\/strong>, die span van Noordwes se voorste kolwer, sal sy belowende spelpeil wil voortsit teen &#8216;n sterk Volkie-boulaanval. Rossouw se pragbeurt van 59 in die vorige ronde, teen <strong>Ho\u00ebrskool Centurion<\/strong>, het &#8216;n beduidende aandeel in sy span se oorwinning van vyf lopies gehad.<\/p>\n<p>Sy ekonomiese boulwerk, soos regdeur die reeks bewys, behoort ook krities te wees indien die Rusties hoop om met &#8216;n oorwinning af te sluit.<\/p>\n<p>Benewens Rossouw, sal Volkies ook vir <strong>Callie Fryer<\/strong> moet ligloop. Die alsydige speler is lekker op dreef en die laaste wedstryd van die reeks behoort reuse motivering, om &#8216;n betekenisvolle bydrae te lewer, te bied. In die bouldepartement, sal <strong>Zandre Diedericks<\/strong> die Volkies se toporde met mening toets.<\/p>\n<p>Potch Volkies, ook goed op dreef, se momentum is ietwat gebreek deur &#8216;n nederlaag teen Waterkloof in die vorige ronde. <strong>Devan Obelholzer <\/strong>is die gevaarman met die bal in die hand en spog met &#8216;n halfdosyn paaltjies oor die laaste twee rondes.<\/p>\n<p><strong>Berno de Klerk<\/strong>, die Potchefstromers se beste kolwer in die vorige ronde, sal\u00a0 Diedericks en kie onder kwaai druk wil plaas, en ook hoop dat <strong>Diaan van der Merwe<\/strong> sy teleurstelling van verlede naweek agter hom kan sit.<\/p>\n<p>Van der Merwe moet mik om weer sy vertoning van 112 teen Ho\u00ebrskool Centurion te herhaal. Die kaptein, <strong>Louis van Wyk<\/strong>, kan ook nie misgekyk word nie en sal van voor, met die kolf en bal, wil lei.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Centurion<\/strong> het &#8216;n taamlike taak op hande wanneer hulle vir <strong>Ho\u00ebrskool Menlopark<\/strong> tuis verwelkom. Die Woeries sal Menlopark se keurkolwer, <strong>Dian van Zyl<\/strong>, vroeg wil terugstuur pawiljoen toe, maar Van Zyl spog met 164 lopies in sy laaste twee beurte en dit blyk of daar geen keer aan sy indrukwekkende spelpeil is nie.<\/p>\n<p><strong>Ewald Meyer<\/strong> sal ook weer onder die lopies wil maai nadat hy hope selfvertroue in sy beurt teen <strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit<\/strong> in die vorige ronde gebou het. Die Pretorianers se bybreekbouler, <strong>Gerhard van Zyl<\/strong>, behoort ook deurgaans &#8216;n bedreiging vir die Woeries in te hou.<\/p>\n<p><strong>Charl Prinsloo<\/strong>, die Woeries se kaptein, het regdeur die reeks van voor gelei, met sowel bal as kolf, en sal die reeks op &#8216;n ho\u00eb noot wil afsluit, terwyl <strong>Judah Phillips<\/strong> sy bestendige vorm met die kolf sal wil voortsit.<\/p>\n<p>Wat boulwerk betref, sal <strong>Morn\u00e9 Prinsloo<\/strong> die Menlo-kolwers op hulle tone hou en ook hoop dat <strong>Rehan Lues<\/strong> weer sy ritme vind. Lues het tot dusver &#8216;n ietwat stil reeks beleef en sal oorgehaal wees om met &#8216;n laaste goeie vertoning vorendag te kom.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit<\/strong> en <strong>Ho\u00ebrskool Waterkloof<\/strong> het verlede naweek reeds hulle reeks afgesluit. Die Klofies sal egter steeds in aksie wees wanneer hulle met <strong>St Alban&#8217;s College<\/strong> swaarde kruis.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ho\u00ebrskool Rustenburg is daarop uit om sy Finsbury-reeks op &#8216;n wennoot af te sluit wanneer hulle met Ho\u00ebr Volkskool Potchefstroom in Rustenburg kragte meet. Die Rusties het tot dusver &#8216;n bevredigende reeks geniet, en slegs teen die twee skole van Pretoria, Ho\u00ebrskool Waterkloof en Ho\u00ebrskool Menlopark, vasgeval. Logan Rossouw, die span van Noordwes se voorste [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":35020,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-35010","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35010","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=35010"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35010\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=35010"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=35010"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=35010"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}