{"id":35058,"date":"2024-02-16T11:58:02","date_gmt":"2024-02-16T09:58:02","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=35058"},"modified":"2024-02-16T11:58:02","modified_gmt":"2024-02-16T09:58:02","slug":"kempies-wil-onoorwonne-status-behou","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=35058","title":{"rendered":"Kempies wil onoorwonne status behou"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-32662\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/Warren-Minnaar-2-Courtesy-of-Hans-Moore-333x500.jpg\" alt=\"\" width=\"333\" height=\"500\" \/>Die <strong>Ho\u00ebrskool Kemptonpark<\/strong> sal hul onoorwonne status in die Finsbury-reeks wil behou wanneer hulle Saterdag tuis teen <strong>Ho\u00ebrskool Montana<\/strong> te staan kom.<\/p>\n<p>Die Kempies het deur die loop van die reeks uiters gemaklik voorgekom teen al hul teenstanders , en dit is grotendeels te danke aan &#8216;n sterk kolflys.<\/p>\n<p><strong>Floors Mynhardt<\/strong>, die Kempies se nr. 1-kolwer, sal sy reeks op &#8216;n ho\u00eb noot wil afsluit, en na verlede naweek se teleurstelling, so gou as moontlik sy normale vorm wil herwin.<\/p>\n<p><strong>Joshua Shanker<\/strong>, ook lekker op dreef, sal vir oulaas &#8216;n aansienlike telling op die bord wil plaas.<\/p>\n<p>Die sterk Kempie-kolflys behoort die nodige ondersteuning van &#8216;n bekwame boulaanval te ontvang. <strong>Martin Williams<\/strong> en <strong>Warren Pretorius<\/strong> sal hier die leiding neem. Albei is venynig met die bal en behoort die Montana-kolwers deeglik te toets.<\/p>\n<p>Vir die jong Monties-span was hierdie &#8216;n moeilike reeks, met die Pretorianers wat naarstiglik soek na &#8216;n eerste oorwinning in die kompetisie.<strong> Du Preez Prinsloo<\/strong> sal derhalwe wil voortbou op sy belowende beurt teen Ho\u00ebrskool Monument.<\/p>\n<p><strong>Wouter Kotze<\/strong> is ook nie te versmaai met die kolf nie en sal uitsien daarna om die Kempie-boulers aan te vat.<\/p>\n<p>Die Monties se bestendige <strong>Luca Bairos<\/strong> sal &#8216;n gevaar met die bal en die kolf inhou. Bairos het in elke wedstryd hard probeer om vir die die Monties &#8216;n\u00a0 eerste sege te laat realiseer, en sal hoop dat <strong>Konrad Koukeas<\/strong> weer sy lengtes kan handhaaf om die Kempie-kolwers onder druk te plaas.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Hans Moore<\/strong> reis na Krugersdorp waar <strong>Ho\u00ebrskool Monument<\/strong> op hulle wag. Monnas sal die Hansies met hernude ywer aanpaak na hul sewe-paaltjie oorwinning oor Ho\u00ebrskool Montana in die vorige ronde. <strong>Rieghardt Prinsloo<\/strong> sal die Krugersdorpers se gevaarman met die kolf wees, terwyl hy met sy boulwerk ook &#8216;n sleutelrol vir Monnas kan vervul.<\/p>\n<p><strong>Joshua McCoy<\/strong> se 31 lopies in die vorige ronde sou sy selfvertroue &#8216;n hupstoot gegee het, terwyl Monnas se voorste bouler, <strong>Andr\u00e9 van Niekerk<\/strong>, met mening die bal laat praat. Van Niekerk spog met nege paaltjies in sy laaste twee verskynings, en hou groot gevaar vir die Hansies se kolflys in.<\/p>\n<p>Die Hansies se <strong>Xavier Coetzee<\/strong> sal die uitdaging verwelkom. Die voorslagkolwer was in die Hansies se vorige twee kragmetings uitstekend op dreef, met tellings van 85 teen Potchefstroom Gimnasium 84 teen Ho\u00ebrskool Eldoraigne.<\/p>\n<p><strong>Tihan Eloff<\/strong> het ook sy ritme gevind met &#8216;n goeie vyftigtal, maar sal dit &#8216;n stappie verder wil neem hierdie week. <strong>Hanroux Siemens<\/strong> sal die Hansies se boulaanval lei en vir oulaas die Monnas-kolwers op hul tone hou.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Ho\u00ebrskool Kemptonpark sal hul onoorwonne status in die Finsbury-reeks wil behou wanneer hulle Saterdag tuis teen Ho\u00ebrskool Montana te staan kom. Die Kempies het deur die loop van die reeks uiters gemaklik voorgekom teen al hul teenstanders , en dit is grotendeels te danke aan &#8216;n sterk kolflys. Floors Mynhardt, die Kempies se nr. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":32662,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-35058","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35058","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=35058"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35058\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=35058"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=35058"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=35058"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}