{"id":35154,"date":"2024-02-18T22:06:59","date_gmt":"2024-02-18T20:06:59","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=35154"},"modified":"2024-02-18T22:06:59","modified_gmt":"2024-02-18T20:06:59","slug":"affies-vat-twee-uit-drie-maar-wynberg-slaan-terug","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=35154","title":{"rendered":"Affies vat twee uit drie, maar Wynberg slaan terug"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_35342\" aria-describedby=\"caption-attachment-35342\" style=\"width: 375px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-35342\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/Affies-2024-375x500.jpg\" alt=\"\" width=\"375\" height=\"500\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-35342\" class=\"wp-caption-text\">Affies 1ste XI, 2024 (Foto verskaf)<\/figcaption><\/figure>\n<p><strong>Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool<\/strong> kon hul naweek in die Wes-Kaap afsluit met twee goeie seges, oor <strong>Paul Roos Gimnasium<\/strong> en <strong>Rondebosch Boys&#8217; High School<\/strong>, maar <strong>Wynberg Boys&#8217; High School<\/strong> het Saterdag opgemaak vir hul nederlaag verlede maand teen die Pretorianers by die Old Mutual Peninsula-krieketfees.<\/p>\n<p>Beleef die wedstryde weer op <strong>SuperSport Schools &#8211; <a href=\"http:\/\/bit.ly\/supersportschools\">Registreer nou<\/a> &#8211;<\/strong> <a href=\"https:\/\/live.supersportschools.com\/events\/65d19fc06483c025ba9c9f27\/\">Skakel na die wedstryde<\/a><\/p>\n<p>Die Gautengers het hul veldtog Vrydag in Stellenbosch begin, waar hulle vir Paul Roos kon tem met vyf paaltjies.<\/p>\n<p>Verlede jaar het die span van Stellenbosch vir Affies in Pretoria met 62 lopies geklop, dus was die besoekers oorgehaal om trots te herstel.<\/p>\n<p><strong>Divan de Villiers<\/strong> en <strong>Andru van Zyl<\/strong> het beide drie paaltjies platgetrek om die tuisspan uit te smoor vir slegs 97 lopies.<\/p>\n<p><strong>Jorich van Schalkwyk<\/strong> het deur 78 balle gekolf om sy span in die 30ste beurt reeds oor die lyn te dryf teen die Wynlanders.<\/p>\n<p>In Januarie het Affies vir Wynberg met vyf paaltjies pakslae gegee op die laaste dag van die Peninsula-fees. Die span van die suidelike voorstede was egter vasberade om ni\u00e9 weer op hul tuisveld vas te val nie, en die SA Skole-kaptein, <strong>Beni Hansen<\/strong>, het sy span tot oorwinning aangevoer met &#8216;n puik beurt van 54 lopies.<\/p>\n<p><strong>Shadley Allie<\/strong> het sy kaptein bygestaan vir &#8216;n vennootskap van 59 lopies om Wynberg tot 181 aan te spoor, maar dit was die dissipline van die tuisspan se boulers wat uiteindelik wat die verskil was.<\/p>\n<p>Van Schalkwyk het weer die toon aangegee met die kolf, voordat <strong>Divan Linde<\/strong> hom uitgeboul het. Linde het 3\/38 gevat, maar <strong>Xavier Garvs<\/strong> het die kollig gesteel deur van vier van die besoekers ontslae te raak.<\/p>\n<p>Op 166\/7 was die span van Pretoria nog binne trefafstand, maar toe het <strong>Luke Kleinsmith<\/strong> twee paaltjies met agtereenvolgende balle platgetrek.<\/p>\n<p><strong>Joshua Prince<\/strong> het die oorwinning vir Wynberg verseker deur die laaste paaltjie in die 47ste beurt te neem.<\/p>\n<p>Die besoekers moes hulself vinnig regruk en hergroepeer om Sondag hul derde wedstryd van die naweek, teen Rondebosch, te speel.<\/p>\n<p>Divan de Villiers en <strong>Ruben Groenewald<\/strong> het met venyn geboul om vir Rondebosch van meet af onder druk te plaas. Na 19 beurte was Rondebosch teen die toue op 49\/4.<\/p>\n<p><strong>Daniel Bosman<\/strong> het nietemin weerstand gebied om 89 balle te absorbeer vir 48 lopies, voordat de Villiers hom ook kon terugstuur kleedkamer toe.<\/p>\n<p>Met &#8216;n doelwit van slegs 126 lopies het dit gelyk asof die besoekers die oorhand geniet, maar hierdie Rondebosch-span het al keer op keer hierdie jaar bewys dat hulle nooit ophou baklei nie.<\/p>\n<p><strong>Raeeq Daniels<\/strong> het die eerste twee paaltjies binne die eerste drie beurte laat val, en Affies moes sweet om die tuisspan se lae telling in te haal.<\/p>\n<p>De Villiers het die leiding geneem met &#8216;n beurt van 32, vanaf 57 balle, maar die res van Affie-kolwers kon nie hul voete vind teen Rondebosch se meedo\u00ebnlose boulaanval nie.<\/p>\n<p>Daniels en <strong>Hlumelo Mgweba<\/strong> het gesamentlik ses besoekende kolwers laat sneuwel, terwyl <strong>Nathan Ball<\/strong> en <strong>Declan Gillespie<\/strong> elk ook &#8216;n paaltjie kon neem. <strong>Daniel Murray<\/strong> (19*) en <strong>Petrus Rautenbach<\/strong> (14*) het nietemin genoeg gedoen om die tuisspan se telling verby te steek vir &#8216;n tweede oorwinning in die Kaap.<\/p>\n<p><strong>Beknopte telkaarte:<\/strong><\/p>\n<p><strong>18 Februarie<\/strong><\/p>\n<p><strong>Rondebosch Boys&#8217; High: 125 <\/strong>(Daniel Bosman 48, Noah Heath 28; Divan de Villiers 3\/24, Ruben Groenewald 2\/13, Wian Munnik 2\/21, Jorich van Schalkwyk 2\/21). <strong>Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool:<\/strong><strong>\u00a0129\/8\u00a0<\/strong>(Divan de Villiers 32, Ekstras 22; Hlumelo Mgweba 3\/14, Raeeq Daniels 3\/27). <strong>Affies wen met twee paaltjies.<\/strong><\/p>\n<p><strong>17 Februarie<\/strong><\/p>\n<p><strong>Wynberg Boys&#8217; High: 181 <\/strong>(Beni Hansen 54, Shadley Allie 39, Ekstras 27, Xavier Garvs 20; Divan de Villiers 2\/23, Petrus Rautenbach 2\/26, Armin Snyman 2\/28). <strong>Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool:<\/strong><strong>\u00a0169\u00a0<\/strong>(Jorich van Schalkwyk 44, Henr\u00e9 Smith 32, Daniel Murray 21; Xavier Garvs 4\/32, Divan Linde 3\/38, Luke Kleinsmith 2\/21).\u00a0<strong>Wynberg wen met 12 lopies.<\/strong><\/p>\n<p><strong>16 Februarie<\/strong><\/p>\n<p><strong>Paul Roos Gimnasium: 97 <\/strong>(Riley Norton 22; Divan de Villiers 3\/5, Andru van Zyl 3\/30, Petrus Rautenbach 2\/19, Armin Snyman 2\/19); <strong>Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool:<\/strong><strong>\u00a098\/5\u00a0<\/strong>(Jorich van Schalkwyk 29*, Ruben Groenewald 24; Luca Plekker 3\/42, Dian Winkel 2\/26).\u00a0<strong>Affies wen met 5 paaltjies.<\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool kon hul naweek in die Wes-Kaap afsluit met twee goeie seges, oor Paul Roos Gimnasium en Rondebosch Boys&#8217; High School, maar Wynberg Boys&#8217; High School het Saterdag opgemaak vir hul nederlaag verlede maand teen die Pretorianers by die Old Mutual Peninsula-krieketfees. Beleef die wedstryde weer op SuperSport Schools &#8211; Registreer nou &#8211; [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":7,"featured_media":35342,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-35154","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35154","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/7"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=35154"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35154\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=35154"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=35154"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=35154"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}