{"id":35382,"date":"2024-02-19T13:41:35","date_gmt":"2024-02-19T11:41:35","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=35382"},"modified":"2024-02-19T13:41:35","modified_gmt":"2024-02-19T11:41:35","slug":"woeries-skok-menlo-met-n-enkele-paaltjie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=35382","title":{"rendered":"Woeries skok Menlo met &#8216;n enkele paaltjie"},"content":{"rendered":"<p><strong><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-35396\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/Centurion-cricket-2-400x266.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"266\" \/>Ho\u00ebrskool Centurion<\/strong> het Saterdag in die finale ronde van die Finsbury-reeks se A Afdeling vir &#8216;n groot opskudding gesorg deur vir <strong>Ho\u00ebrskool Menlopark<\/strong> met n\u00e9t een paaltjie te klop.<\/p>\n<p><strong>Wouter Kielblock<\/strong> en <strong>Charl Prinsloo<\/strong> was die Woeries se vernaamste uitblinkers.<\/p>\n<p>Kielblock het die aanslag met die bal gelei, en met puik boulsyfers van drie paaltjies vir 58 lopies die Menlo-kolwers op die agtervoet gehad. Morn\u00e9 Prinsloo (2\/18) en Rehan Lues (2\/46) het die verdere skade met die bal aangerig.<\/p>\n<p><strong>Charl Prinsloo <\/strong>het sy bestendige spelpeil met die kolf voortgesit, en &#8216;n deurslaggewende 67 lopies van 87 aflewerings aangeteken. <strong>Louniel Prins<\/strong> het ook die wilgerlat ingel\u00ea vir sy bydrae van 32 lopies, terwyl <strong>Stefan de Villiers<\/strong> (24) en <strong>Rehan Lues<\/strong> (23) hul staal getoon het onder taamlike druk.<\/p>\n<p>Vir Menlopark het <strong>Pierre de Villiers<\/strong> se konstante lyn en lengte vir hom vier paaltjies in die sak besorg, en hy is effektief bygestaan deur die bybreekbouler, <strong>Gerhard Engelbrecht<\/strong>, wat self met twee paaltjies kon spog.<\/p>\n<p><strong>Morn\u00e9 Koekemoer<\/strong> en <strong>James Bronkhorst<\/strong> was Menlopark se uitblinkers met die kolf, en hul onderskeie bydraes van 41 en 40 lopies het hul totaal op &#8216;n aanvegbare 189 te staan gebring.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebr Volkskool Potchefstroom<\/strong> het hul reeks met &#8216;n wegholsege van 103 lopies teen<strong> Ho\u00ebrskool Rustenburg<\/strong> afgesluit. Volkies se sterkolwer <strong>Themba Sontjane<\/strong> het einde ten laaste sy ritme gevind en vernuftig gekolf aan sy 72 lopies vanaf slegs 65 aflewerings.<\/p>\n<p><strong>Kobus Pienaar<\/strong> se onoorwonne 51 en <strong>Ruan Smit<\/strong> se 36 lopies het die nodige ondersteuning gebied om Volkskool tot &#8216;n bevredigende telling van 231 te neem.<\/p>\n<p>Die Rusties se <strong>Zander Diedricks<\/strong> het op die dag kop en skouers bo die res van die boulers uitgetroon, en het aan die einde van sy skof met &#8216;n vyftal paaltjies, vir slegs 33 lopies, gespog. Die alsydige speler het sy uitmuntende boulvertoning opgevolg met &#8216;n netjiese beurt in die middelorde en sy span se hoogste telling van 37 lopies aangeteken.<\/p>\n<p>Die draaier, <strong>Wessel Oosthuizen<\/strong>, was ook lekker op dreef vir die Rusties, en het vir Diedricks mooi ondersteun met drie paaltjies vir 52 lopies.<\/p>\n<p>Die Volkies se goed afgeronde boulaanval was egter eenvoudig t\u00e9 sterk vir die Rusties. Hul twee aanvangsboulers , <strong>Dian Liebenberg<\/strong> (3\/18) en <strong>Berno de Klerk<\/strong> (3\/29), het die aanvanklike skade berokken, en die baan geweg vir die draaier <strong>Diaan van der Merwe<\/strong> om met twee paaltjies van sy eie af te sluit.<\/p>\n<p><strong>Beknopte telkaarte:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Menlopark: 189<\/strong> (Morn\u00e9 Koekemoer 41, James Bronkhorst 40, Daniel Pienaar 29, Ekstas 25; Wouter Kielblock 3\/58, Morn\u00e9 Prinsloo 2\/18, Rehan Lues 2\/46). <strong>Ho\u00ebrskool Centurion: 190\/9<\/strong> (Charl Prinsloo 67, Louniel Prins 32, Stefan de Villiers 24, Rehan Lues 23; Pierre de Villiers 4\/26, Gerhard Engelbrecht 2\/41). <strong>Centurion wen met een paaltjie<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebr Volkskool Potchefstroom: 231<\/strong> (Themba Sontjane 72, Kobus Pienaar 51*, Ruan Smit 36, Diaan van der Merwe 22; Zander Diedricks 5\/33, Wessel Oosthuizen 3\/52). <strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg: 128<\/strong> (Zander Diedricks 37; Dian Liebenberg 3\/18, Berno de Klerk 3\/29, Diaan van der Merwe 2\/18). <strong>Volkskool wen met 103 lopies.<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ho\u00ebrskool Centurion het Saterdag in die finale ronde van die Finsbury-reeks se A Afdeling vir &#8216;n groot opskudding gesorg deur vir Ho\u00ebrskool Menlopark met n\u00e9t een paaltjie te klop. Wouter Kielblock en Charl Prinsloo was die Woeries se vernaamste uitblinkers. Kielblock het die aanslag met die bal gelei, en met puik boulsyfers van drie paaltjies [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":35396,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-35382","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35382","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=35382"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/35382\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=35382"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=35382"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=35382"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}