{"id":36294,"date":"2024-03-01T17:10:20","date_gmt":"2024-03-01T15:10:20","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=36294"},"modified":"2024-03-01T17:10:20","modified_gmt":"2024-03-01T15:10:20","slug":"mbombela-kan-uitsien-na-nellies-secunda-stryd","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=36294","title":{"rendered":"Mbombela kan uitsien na Nellies-Secunda-stryd"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft wp-image-14305\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/News-Nelspruit-300x176.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"235\" \/>Mbombela sal aan die gons wees met nog &#8216;n opwindende skolerugbyseisoen wat voorl\u00ea.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit<\/strong> loods hulle seisoen, op tuisbodem, teen <strong>Ho\u00ebrskool Secunda<\/strong>. Die twee skole het mekaar ook vroeg verlede jaar in di\u00e9 jaarlikse vriendskaplike wedstryd gepak. Dit was die begin van &#8216;n moeilike jaar vir die Nellies en hulle moes met 0-15 die aftog blaas.<\/p>\n<p>Vanjaar sal egter waarskynlik &#8216;n ander storie wees en die span van Secunda sal alles in die stryd moet werp om n\u00f3g &#8216;n sege oor die Nellies te verseker.<\/p>\n<p><strong>Regard Vermaak<\/strong> sak in die voorry op haker vir die tuisspan, en behoort die nodige vonk te verskaf met sy woelwater spel. Wat die fisieke stryd betref, sal die slotpaar, <strong>Banele Ngwenya<\/strong> en <strong>Ronaldo van Rensburg<\/strong>, kort op Vermaak se hakke wees.<\/p>\n<p>Agterlangs sal die Nellies se losskakel, <strong>Theuns Meyer<\/strong>, met &#8216;n valkoog dopgehou moet word. Meyer is nie net &#8216;n uitstekende verspreider van besit nie, maar ook lief daarvoor om self die verdediging aan te vat. Sy senters, <strong>Divan de Kock<\/strong> en <strong>Ian Wood<\/strong>, gaan die Secunda verdedigers ook op hul hoede h\u00ea met vernuftige aanvalslyne. Albei is ook rotsvas op verdediging.<\/p>\n<p>Steelkantflank, <strong>Zander Scheepers<\/strong>, voer die Secunda-span aan, terwyl <strong>Bakkies Bezuidenhout<\/strong>, een van die span se uitblinkers verlede jaar, ook &#8216;n welkome terugkeer maak op agtsteman. Bezuidenhout is bekend vir sy fisieke spel, maar beskik ook oor bedrieglike vaart en puik balvaardighede.<\/p>\n<p><strong>Jarno Haarhoff<\/strong> maak ook sy terugkeer om vir die tweede jaar die nr. 9-trui oor sy kop te trek. Haarhoff se visie en, belangrikste, volwassenheid onder druk is wat van hom so &#8216;n waardevolle skakel maak. <strong>Alozon Blakenberg<\/strong> het groot skoene om vol te staan, wanneer hy sy plek op losskakel inneem.<\/p>\n<p>In die ander groot wedstryd van die naweek kruis <strong>Ho\u00ebrskool Middelburg<\/strong> en <strong>Ho\u00ebrskool Eldoraigne<\/strong> swaarde. Die Middelburgers het vanajaar &#8216;n jong span, maar kan beslis nie ligtelik opgeneem word nie.<\/p>\n<p>Die voorry, bestaande uit <strong>Wian Olwagen<\/strong> (loskopstut), <strong>Roux Grobler<\/strong> (haker) en <strong>Wandisa Mthombeni<\/strong> (vaskopstut), sal hul stempel vroeg in die wedstryd wil afdruk. Grobler is ook by die afbreekpunte uitstekend en sal sy lyf rondgooi om die Eldo&#8217;s van vinnige bal te weerhou.<\/p>\n<p>Agterlangs sal die span se generaal, <strong>Matthew Abbey<\/strong>, koelkop wil bly om sy blitsige driekwarte op die voorvoet te plaas. <strong>Lesego Rakale<\/strong>, die Middies se heelagter, sal uitsien na die geleentheid om sy vaart tentoon te stel wanneer hy van agter aanval.<\/p>\n<p>Die Eldo&#8217;s beskik self oor &#8216;n effektiewe pak voorspelers. Die vaskopstut, <strong>Jaco Fourie<\/strong>, sal met sy skrumwerk die Middies onder druk wil plaas, en is self woelig in die vaste los. Om die waarheid te s\u00ea, hy kan bykans as &#8216;n vierde losvoorspeler beskou word. Sy slot, <strong>Rikus Rheeder<\/strong> en steelkantflank, <strong>SW Engelbrecht,<\/strong> sal hom bystaan in die fisieke stryd wat voorlangs op die Pretorianers wag.<\/p>\n<p><strong>JP Meyer<\/strong>, wat verlede op heelagter vir die Eldo&#8217;s diens gedoen het, trek vanjaar die Nr. 10-trui oor sy kop, met <strong>Darren Bruwer<\/strong>, die kookwater, buksie van &#8216;n skrumskakel, wat vir Eldoraigne &#8216;n uitstekende skakelpaar voltooi. Bruwer, nou eers in Graad 11, het verlede jaar by Durbanville se o. 16-span diens gedoen, maar het vinnig sy pad terug na die Jakarandastad gevind.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Lichtenburg<\/strong> reis Saterdag na Rustenburg, waar hulle teen <strong>Bergsig Akademie<\/strong> te staan kom. <strong>Tjaart Bernard<\/strong> (loskopstut) en <strong>Dewald Potgieter<\/strong> (steelkantflank) behoort die Liggie-voorspelers op hulle tone te hou.<\/p>\n<p>Agterlangs sal die skakelpaar, <strong>Paulo dos Santos<\/strong> (skrumskakel) en <strong>Simeon Botha<\/strong> (losskakel), die tuisspan se aanvalle loods. Dit sal die heelagter, <strong>Siya Buthelezi<\/strong>, die nodige geleenthede bied om by die agterlyn aan te sluit en die Liggie-verdediging te teister.<\/p>\n<p>Ho\u00ebrskool Lichtenburg se senterpaar, <strong>Benre Pollard<\/strong> en <strong>Dundre Demper<\/strong>, sal waarskynlik ander planne h\u00ea. Albei is rotsvas op die verdediging, maar ook uiters gevaarlik op die aanval met kraglopies van hul eie.<\/p>\n<p><strong>Kgolagano Legodi<\/strong>, die Liggies se oopkantflank, sal onder die voorspelers woel. Hy is op sy gelukkigste in gebroke spel, waar hy blitsvinning op die losbal is.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Jeugland<\/strong> durf die tog Meyerton toe aan, waar <strong>Ho\u00ebrskool Dr. Malan<\/strong> op hulle wag. Die span van Meyerton het &#8216;n moeilike jaar in 2023 beleef en sal vanjaar op &#8216;n beter noot wil afskop.<\/p>\n<p><strong>Luka Pretorius<\/strong> sal die generaal van die span wees wanneer hy die Nr. 10-trui oor die kop trek. Hy sal egter ook staatmaak op die spoedvrate aan sy buitekant, <strong>Dillon Gouws<\/strong> (regtervleuel) en <strong>Willem Taylor<\/strong> (linkervleuel), om af te rond.<\/p>\n<p>Voorlangs behoort die haker, JJ Bester, die pap dik aan te maak, terwyl Liam Giacomozzi ook sy fisiekheid na die tafel toe sal bring.<\/p>\n<p>Gouws en Taylor sal egter nie &#8216;n maklike taak h\u00ea nie. Die twee Dr. Malan-vleuels sal hulle hande vol h\u00ea met Jeugland se twee spoedvrate, <strong>Oregopotse Shilubane<\/strong> en <strong>Jetao Joost<\/strong>. Shilubane het verlede seisoen reeds waardevolle ervaring op eerstespanvlak opgedoen.<\/p>\n<p><strong>Die spanne:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Nelspruit t. Secunda om 12:20 in Nelspruit:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit:<\/strong> 15 Christiaan van Heerden, 14 Tinyiko Silubane, 13 Ian Wood, 12 Divan de Kock, 11 Jordan Pretorius, 10 Theuns Meyer, 9 Liam Pringle, 8 Vaughn van Zyl, 7 Bradley Claasen, 6 Tiaan de Beer, 5 Ronaldo van Rensburg, 4 Banele Ngwenya, 3 Gert Cloete, 2 Regard Vermaak, 1 Siya Gama.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Secunda:<\/strong> 15 Damien de Beer, 14 Brink La Grange, 13 Martin Pretorius, 12 EJ Venter, 11 Divan Mulder, 10 Alonzo Blakenberg, 9 Jarno Haarhoff, 8 Bakkies Bezuidenhout, 7 Zander Scheeper, 6 Zander van der Merwe, 5 Franko Rossouw, 4 Reghardt du Preez, 3 Stefan Bezuidenhout, 2 Xander Bezuidenhout, 1 Nathan Erasmus.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Middelburg t. Eldoraigne om 13:00 in Middelburg:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Middelburg:<\/strong> 15 Lesego Rakale, 14 Janco Erasmus, 13 Jaco Trutter, 12 Marko Mulder, 11 Jacques Greyling, 10 Matthew Abbey, 9 Keabetswe Nkgadima, 8 Jabu Mathebula, 7 Khensani Buthelezi, 6 CW Hanekom, 5 Joseph Loretz, 4 Rogan van der Walt, 3 Wandisa Mthombeni, 2 Roux Grobler, 1 Wian Olwagen.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Eldoraigne:<\/strong> 15 Hendru van Zyl, 14 Ian Bosch, 13 Ivan Vermeulen, 12 Kevin Earl, 11 Divan-Mitchell van Rooyen, 10 JP Meyer, 9 Darren Bruwer, 8 Justin Meintjies, 7 SW Liebenberg, 6 Cameron Killian, 5 Ruben le Roux, 4 Rikus Rheeder, 3 Jaco Fourie, 2 Victor Koopmans, 1 Marnes Prinsloo.<\/p>\n<p><strong>Bergsig Akademie t. Lichtenburg om 12:10 in Rustenburg:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Bersig Akademie:<\/strong> 15 Siya Butelezi, 14 Marlon Mowers, 13 MJ Pretorius, 12 Steven Grobler, 11 Alzandro Dos Santos, 10 Simeon Botha, 9 Paulo Dos Santos, 8 Johandre Steyl, 7 Dewald Potgieter, 6 Jacque du Plooy, 5 Luyanda Taffa, 4 Caleb Kihoro, 3 Libhongo Sakie, 2 Christian de Abreu, 1 Tjaart Bernard.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Lichtenburg:<\/strong> 15 Luan SNyman, 14 Lukie Benson, 13 Dundre Dempers, 12 Benre Pollard, 11 Rea Motsusi, 10 Albert Joubert, 9 Willem van Niekerk, 8 Abrie Coetzee, 7 Tiaan Booysen, 6 Kgolagano Legodi, 5 John Kleynhans, 4 Regardt Jacobs, 3 JJ Jonker, 2 Juan van Ryhn, 1 Donovan Rosato.<\/p>\n<p><strong>Dr. Malan t. Jeugland om 12:00 in Meyerton:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Dr Malan:<\/strong> 15 Flippie Blignaut, 14 Dillon Gouws, 13 Dian van den Berg, 12 Andreas Botha, 11 Willem Taylor, 10 Luka Pretorius, 9 Herman du Plessis, 8 Juan Jardin, 7 Joshua Correira, 6 JT Swart, 5 Enrico van Zyl, 4 Liam Giacomozzi, 3 Franco Barns, 2 JJ Bester, 1 Devan Fouche.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Jeugland:<\/strong> 15 Thando Ngomane, 14 Oregopotse Shilubane, 13 Sinenhlanhla Ndlovu, 12 Ruan Steenkamp, 11 Jetao Joost, 10 King Aganzo, 9 Jorden Verhoef, 8 Jayden Kleyn, 7 Josep Ngoma, 6 Lebo Letlata, 5 Sharon Nsenda, 4 Shammah Nsenda, 3 Khumo Maimane, 2 Siyanda Mbanwa, 1 Jayden Hoskins.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Mbombela sal aan die gons wees met nog &#8216;n opwindende skolerugbyseisoen wat voorl\u00ea. Ho\u00ebrskool Nelspruit loods hulle seisoen, op tuisbodem, teen Ho\u00ebrskool Secunda. Die twee skole het mekaar ook vroeg verlede jaar in di\u00e9 jaarlikse vriendskaplike wedstryd gepak. Dit was die begin van &#8216;n moeilike jaar vir die Nellies en hulle moes met 0-15 die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":14305,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-36294","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36294","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=36294"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36294\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=36294"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=36294"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=36294"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}