{"id":36485,"date":"2024-03-02T21:18:20","date_gmt":"2024-03-02T19:18:20","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=36485"},"modified":"2024-03-02T21:18:20","modified_gmt":"2024-03-02T19:18:20","slug":"nellies-leer-secunda-n-rugbyles-marais-viljoen-sink-die-anker","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=36485","title":{"rendered":"Nellies leer Secunda &#8216;n rugbyles; Marais Viljoen sink Die Anker"},"content":{"rendered":"<p><strong><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft wp-image-36493\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/Nelspruit-rugby-400x207.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"207\" \/>Ho\u00ebrskool Nelspruit<\/strong> het vir <strong>Ho\u00ebrskool Secunda<\/strong> &#8216;n behoorlike rugbyles in hul kragmeting in Nelspruit geleer.<\/p>\n<p>Die Nellies het oortuigend as oorwinnaars uit die stryd getree\u00a0met &#8216;n telling van 41-5. Met di\u00e9 kliniese vertoning het die tuisspan &#8216;n duidelike waarskuwing aan toekomstige teenstanders gerig.<\/p>\n<p><strong>Divan de Kock<\/strong>, die Nellies se binnesenter, was uitstekend met die stewel, en het al vyf die Nelspruiters se drie\u00eb met gemak verdoel. Hy het ook twee strafdoele, om sy span se rekening mee oop te maak, deur die mikke gejaag.<\/p>\n<p>Die grondslag vir die Nellies se sukses was egter deur die groot manne voorlangs gel\u00ea. <strong>Regard Vermaak<\/strong> (haker) en <strong>Vaughn van Zyl<\/strong> (agtsteman) het albei vroeg reeds agter Secunda se doellyn gaan kuier.<\/p>\n<p><strong>Liam Pringle<\/strong> was ook op sy stukke in die Nr. 9-trui en het die Secunda-verdedigers voortdurend aan die raai gehou, totdat hy uiteindelik deurgebreek het om vyf punte vir sy span by te dra. Daarna het die linkervleuel, <strong>Jordan Pretorius<\/strong>, en <strong>Ian Wood<\/strong> (buitesenter) verdere sout in die besoekers se wonde gesmeer met &#8216;n drie elk.<\/p>\n<p>Vir Secunda het niemand beter vertoon as hul oopkantflank, <strong>Zandre van der Merwe<\/strong>, nie. Van der Merwe het sy lyf op die spel gesit, en was veral doeltreffend op die verdediging. Hy het ook be\u00efndruk in die vaste los en is met Secunda se enigste drie beloon.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Marais Viljoen<\/strong> het, soos verwag, redelik maklik met <strong>Ho\u00ebrskool Die Anker<\/strong> van Brakpan afgereken. Die span van Alberton was vroeg aan die stuur van sake, met die telling reeds 28-7 toe die fluitjie vir rustyd blaas.<\/p>\n<p>Die Marais Viljoen-pak het behoorlik gewoel en Die Anker onder meedo\u00ebnlose druk geplaas. Hul steelkantflank, <strong>Dian Scheepers<\/strong>, was die groot uitblinker en is welverdiend met &#8216;n tweekuns drie\u00eb beloon. <strong>Rynier Welgemoed<\/strong> (slot) en loskopstut, <strong>Clayton Gagiano<\/strong>, het ook goed vertoon en elkeen deurgebars om vyf punte vir hul span aan te teken.<\/p>\n<p>Die kaptein en losskakel, <strong>Rekkie Gerber<\/strong>, was die spreekwoordelike skerpskutter van die kegel af, het al vier sy span se drie\u00eb verdoel en ook &#8216;n skepskop deur die pale gejaag.<\/p>\n<p>Die Anker het egter nooit gaan l\u00ea nie. Om die waarheid te s\u00ea, die span van Brakpan het na &#8216;n totaal ander span na rustyd gelyk. <strong>Ruben Herbst<\/strong>, Die Anker se agtsteman, het die terugvegpoging gelei. Hy was oudergewoonte uiters fisiek en het op die verdediging sy lyf behoorlik op die spel geplaas.<\/p>\n<p><strong>Ruan Smith<\/strong> (buitesenter) en die skrumskakel, <strong>Danie Smit<\/strong>, het ook hard probeer om hul span terug in die wedstryd te kry. Smith het &#8216;n uitstekende agterlynbeweging afgerond om die doellyn oor te steek, terwyl Smit ook met vyf punte beloon is vir sy besielende vertoning.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit: 41<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Liam Pringle, Jordan Pretorius, Regard Vermaak, Vaughn van Zyl, Ian Wood. Doelskoppe: Divan de Kock (5). Strafdoele: De Kock (2)<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool: Secunda 5<\/strong> &#8211; Drie: Zander van der Merwe.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Marais Viljoen: 36 (28)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Dian Scheepers (2), Rynier Welgemoed, Clayton Gagiano, Brandon Els. Doelskoppe: Rekkie Gerber (4). Skepskop: Gerber.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Die Anker: 21 (7)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Ruben Herbst, Ruan Smith, Danie Smit. Doelskoppe: Brandon Crous.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ho\u00ebrskool Nelspruit het vir Ho\u00ebrskool Secunda &#8216;n behoorlike rugbyles in hul kragmeting in Nelspruit geleer. Die Nellies het oortuigend as oorwinnaars uit die stryd getree\u00a0met &#8216;n telling van 41-5. Met di\u00e9 kliniese vertoning het die tuisspan &#8216;n duidelike waarskuwing aan toekomstige teenstanders gerig. Divan de Kock, die Nellies se binnesenter, was uitstekend met die stewel, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":36493,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-36485","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36485","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=36485"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36485\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=36485"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=36485"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=36485"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}