{"id":36587,"date":"2024-03-03T16:36:47","date_gmt":"2024-03-03T14:36:47","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=36587"},"modified":"2024-03-03T16:36:47","modified_gmt":"2024-03-03T14:36:47","slug":"ellisras-vuur-waarskuwingskote-pieties-te-sterk-vir-montana","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=36587","title":{"rendered":"Ellisras vuur waarskuwingskote; Pieties t\u00e9 sterk vir Montana"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_18224\" aria-describedby=\"caption-attachment-18224\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-18224\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Ellisras-FOTO-Irmi-Drotskie-300x237.jpeg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"316\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Ellisras-FOTO-Irmi-Drotskie-300x237.jpeg 300w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Ellisras-FOTO-Irmi-Drotskie-1024x808.jpeg 1024w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Ellisras-FOTO-Irmi-Drotskie-768x606.jpeg 768w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Ellisras-FOTO-Irmi-Drotskie.jpeg 1080w\" sizes=\"auto, (max-width: 400px) 100vw, 400px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-18224\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Irmi Drotskie<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die vreugdevure in die Limpopo het hoog gebrand nadat<strong> Ho\u00ebrskool Ellisras<\/strong> daarin kon slaag om vir <strong>Ho\u00ebrskool Zwartkop,<\/strong> op hul tuisveld, met 21-7 te troef.<\/p>\n<p>Die Rassies was van meet af in beheer en het &#8216;n daadwerklike waarskuwing gerig aan hul toekomstige opposisie.<\/p>\n<p>Die grondslag vir die sege was voorlangs gel\u00ea, met die agtsteman, <strong>Funi Simba<\/strong>, wat die kollig gesteel het met sy barslopies wat die besoekers deurentyd op die voorvoet gehou het. Simba het twee van sy span se drie drie\u00eb gedruk, terwyl die loskopstut, <strong>Wessel Strooh<\/strong>, ewe indrukwekkend was en vroeg reeds deurgebars het om die Rassies se eerste vyf punte aan te teken.<\/p>\n<p><strong>Anzio Swartbooi<\/strong> het in alle fasette van die spel uitgeblink, en al drie sy span se drie\u00eb maklik verdoel. Hy was &#8216;n katalisator vir die Rassies se aanskoulike spel, en het keer op keer spasie vir FJ Drorskie en die res van die agterlyn geskep.<\/p>\n<p>Vir die Zwarries l\u00ea daar heelwat werk voor, alvorens die Pretorianers die res van die SDC Noordvaal-beker se Plaat-Afdeling aanpak. Hul haker,<strong> Jaden-Lee Conwright<\/strong>, het goed vertoon en, vanaf &#8216;n kragtige dryfmaalbeweging, die tuisspan se enigste drie gedruk. Die losskakel, <strong>Luhardt Booyens<\/strong>, het die drie verdoel en ook belowend op die aanval vertoon.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Pietersburg<\/strong> het ook vir ietwat van &#8216;n opskudding gesorg deur <strong>Ho\u00ebrskool<\/strong> <strong>Montana<\/strong> met 25-20 af te stof. Die Pieties, wat vanjaar in die SDC Noordvaal-beker se Skild-Afdeling meeding, se selfvertroue sou &#8216;n taamlike hupstoot met hierdie vertoning gekry het.<\/p>\n<p>Die senterpaar, <strong>Nick Jones<\/strong> (binnesenter) en <strong>Hanno van Zyl<\/strong> (buitesenter), het gewoel in die middeveld en, met hul venynige aanvalslyne, groot vraagtekens oor die Montie-verdediging laat hang. Jones, in besonder, het die besoekers druk besig gehou en is met &#8216;n vyfpunter van sy eie beloon, na &#8216;n uitstekende lopie vanuit sy eie halfgebied.<\/p>\n<p>Van Zyl het ook sy skopskoene aangehad en twee van die Pieties se drie drie\u00eb, waarvan hy self een gedruk het, verdoel, asook &#8216;n strafdoel deur die pale gejaag. Die agtsteman, <strong>Hardus Otto<\/strong>, kon ook na &#8216;n uitstekende lopie met vyf punte agter sy naam spog.<\/p>\n<p>Die Monties het nietemin &#8216;n verbete stryd opgesit. Voorlangs het agtsteman, <strong>Richard Botha<\/strong>, heelwat probleme vir die Pieties se verdedigers veroorsaak en ook sy lyf op die spel geplaas met &#8216;n paar groot duikslae. Die Monties se agterlyn het met rukke en stoote onkeerbaar gelyk. <strong>Sam Schoeman<\/strong>, die besoekers se linkervleuel, het daarop gekapitaliseer om kort na rustyd sy span terug in die wedstryd te kry deur een so &#8216;n beweging mooi af te rond.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Middelburg<\/strong> het, selfs so vroeg in die seisoen, ook na &#8216;n goed afgeronde span gelyk. Die Middies het hulle rekening vanjaar met &#8216;n sege van 26-20 teen <strong>Ho\u00ebrskool Eldoraigne<\/strong> oopgemaak. Losskakel, Matthew Abbey, was uitstekend en het nie alleen sekuur pale toe gemik nie, maar dikwels ook die Eldo&#8217;s met slim taktiese skopwerk laat omdraai.<\/p>\n<p>Die steelkantflank, <strong>Khensani Buthelezi<\/strong>, het self puik vertoon, en, na &#8216;n stukkie vernuftige voetwerk, agter die besoekers se doellyn gaan kuier. <strong>Wandisa Mtembeni<\/strong> (vaskopstut) was egter die groot uitblinker. Hy was oral op die veld in aksie en het, na &#8216;n vinnige tikskoppie, ook oor die Eldo&#8217;s se doellyn gebars vir &#8216;n drie.<\/p>\n<p>Die Eldo&#8217;s het egter gewys waar hulle krag l\u00ea. Die span van die Jakarandastad het tot die bittereinde aanhou veg.<\/p>\n<p>Hul plaasvervanger-haker, <strong>Jhuandre Meyer<\/strong>, het die terugvegpoging gelei deur die doellyn eerste oor te steek, voordat die steelkantflank, <strong>SW Liebenberg<\/strong>, beloon is vir &#8216;n ywerige vertoning met &#8216;n drie van sy eie. Losskakel, <strong>JP Meyer<\/strong>, het altwee drie\u00eb verdoel en ook met twee strafdoele geslaag.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Jeugland<\/strong> het welverdiend met 38-10 as oorwinnars teen <strong>Ho\u00ebrskool Dr. Malan<\/strong> uit die stryd getree. Die span se slotpaar,<strong> Shammah Nsenda<\/strong> en <strong>Sharon Nsenda<\/strong>, het die vuur voorlangs aangesteek. Shammah het oor Dr. Malan se doellyn gebars vir &#8216;n tweekuns, terwyl Thando ook &#8216;n drie gedruk het.<\/p>\n<p><strong>Dian van der Berg<\/strong> was Dr. Malan se beste speler. Hy het die Jeugland-verdedigers deurgaans aangevat en sy span se enigste drie gedruk, wat hy ook self verdoel het.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Ellisras: 21 (14)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Funi Simba (2), Wessel Strooh. Doelskoppe: Anzio Swartbooi (3)<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Zwartkop: 7 (7)<\/strong> &#8211; Drie: Jaden-Lee Conwright. Doelskop: Luhardt Booyens.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Pietersburg: 25 (14)<\/strong> &#8211; Driee: Hardus Otto, Nick Jones, Hanno van Zyl. Doelskoppe: Van Zyl (2). Stranfdoele: Vincent Luckhoof, Van Zyl.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Montana: 20 (17)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Richard Botha, Sam Schoeman. Doelskoppe: Ruwald Goosen (2). Strafdoele: Goosen (2).<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Middelburg: 26 (13)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Khensani Buthelezi, Wandis Mtombeni. Doelskoppe: Matthew Abbey (2). Strafdoele: Abbey (4).<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Eldoraigne: 20 (3)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Jhuandre Meyer, SW Liebenberg. Doelskoppe: JP Meyer (2). Strafdoele: Meyer (2).<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Jeugland: 38 (26)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Shammah Nsenda (2), Jayden Hoskins, Thando Ngomane, Sinenhlanhla Ndlovu, Sharon Nsenda. Doelskoppe: Ruan Steenkamp (4).<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrkool Dr. Malan: 10 (3)<\/strong> &#8211; Drie: Dian van der Berg. Doelskop: Van der Berg. Strafdoel: Van der Berg.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die vreugdevure in die Limpopo het hoog gebrand nadat Ho\u00ebrskool Ellisras daarin kon slaag om vir Ho\u00ebrskool Zwartkop, op hul tuisveld, met 21-7 te troef. Die Rassies was van meet af in beheer en het &#8216;n daadwerklike waarskuwing gerig aan hul toekomstige opposisie. Die grondslag vir die sege was voorlangs gel\u00ea, met die agtsteman, Funi [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":18224,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-36587","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36587","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=36587"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36587\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/18224"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=36587"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=36587"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=36587"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}