{"id":36823,"date":"2024-03-03T12:17:32","date_gmt":"2024-03-03T10:17:32","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=36823"},"modified":"2024-03-03T12:17:32","modified_gmt":"2024-03-03T10:17:32","slug":"wesvalia-stamp-die-fichie-leeus-terwyl-tralies-die-keer-vir-northerns-hard-laat-werk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=36823","title":{"rendered":"Wesvalia stamp die Fichie Leeus, terwyl Tralies die keer vir Northerns hard laat werk"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_36825\" aria-describedby=\"caption-attachment-36825\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-36825\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/WhatsApp-Image-2024-03-02-at-17.26.55-400x267.jpeg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-36825\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Marnus Prinsloo<\/figcaption><\/figure>\n<p>BLOEMFONTEIN. \u2013 Die derde keer was toe nie skeepsreg nie.<\/p>\n<p>Die Ho\u00ebrskool Fichardtpark het sy rieme met 13-27 teen Wesvalia van Klerksdorp in die hoofwedstryd van sy jaarlikse <strong>Standard Bank Fichardtpark Sportdag<\/strong> vasgeloop.<\/p>\n<p>Kyk die wedstryde tydens die sportdag weer op <a href=\"https:\/\/bit.ly\/FichardtparkSportDag2024\"><strong>SuperSport Schools<\/strong><\/a> (<a href=\"https:\/\/bit.ly\/FichardtparkSportDag2024\">www.supersportschools.com<\/a>).<\/p>\n<p>Dit was die derde keer wat die twee spanne mekaar die afgelope drie jaar op die rugbyveld ontmoet. Die Fichies se Leeus was in 2022 (29-3) en 2023 (17-5) baas.<\/p>\n<p>Die besoekers het egter reeds vroeg dit duidelik gemaak dat hulle van plan was op die bordjies te verhang. Dit was veral die stormlope deur die agtsteman, <strong>Hanr\u00e9 Venter<\/strong>, asook die haker, <strong>Junior Kuhn<\/strong>, wat die tuisspan probleme besorg het.<\/p>\n<p>Venter was voorlangs die groot doring in Fichies se vlees en het telkens die voordeellyn oorgesteek. Die Leeus het egter nooit moed opgegee nie. Dit was veral hul loskopstut, <strong>Zaine van Zyl<\/strong>, wat voorlangs die vonk verskaf het.<\/p>\n<p>Van Zyl het die bal goed gedra asook op verdediging sy lyf op die spel geplaas. Sy mede voorryman, <strong>Nathan Swanepoel<\/strong>, was ook \u2018n geval van hoe later hoe kwater. Swanepoel het al hoe meer die bal begin dra asook met sy skoonmaakwerk by die afbreekpunte.<\/p>\n<p>Wesvalia was sonder twyfel die beste span op die veld. Die besoekers het waarskynlik \u2018n groter voorsprong verdien as wat die telling van 12-8 teen rustyd aangedui het. Sy kantman <strong>Franco Dumond<\/strong> het kort na die aanvang van die tweede helfte gaan druk om sy voorsprong tot 19-8 te rek.<\/p>\n<p>Fichies se skrumskakel, <strong>Devant\u00e9 Claasen<\/strong>, en sy direkte teenstander, <strong>Chad Hofmeyer<\/strong>, het mekaar ook behoorlik opgekeil. Dit was Claasen se derde kragmeting teen Wesvalia vir die Fichie Leeus.<\/p>\n<p>Vir die <strong>Ho\u00ebrskool Sentraal<\/strong> was dit so amper stamper of hulle het die bordjies teen die Ho\u00ebrskool Noord-Kaap verhang. Northerns het uiteindelik met 28-22 as oorwinnaars van die veld gestap.<\/p>\n<p>Die Tralies het eerste bloed geruik in die negende minuut toe sy binnesenter, <strong>SJ Coetzee<\/strong>, oor die doellyn gebars het.<\/p>\n<p>Northerns kon eers met slegs 11 minute oor in die kragmeting vir die eerste keer die voortou danksy \u2018n drie deur sy flank <strong>Tyron China<\/strong> (19-17). Dit was veral die span van Kimberley se heelagter, <strong>Jonaden Links<\/strong>, wat \u2018n groot doring in die Tralies se vlees was.<\/p>\n<p>Links is goed op die aanval deur die regtervleuel, Aphiwe Siyona, ondersteun. Die twee het telkens daarin geslaag om bresse te slaan.<\/p>\n<p>Die Tralies het verlede jaar op die einste sportdag \u2018n drag slae van 0-43 teen Noord-Kaap op die lyf geloop. Vanjaar se span het egter gewys dat hy oor heelwat meer durf beskik.<\/p>\n<p>Buiten Coetzee kan die losskakel, <strong>Pat Cloete<\/strong>, asook die flank <strong>Juandr\u00e9 Jardim<\/strong> meer as tevrede met hul vertonings voel.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Wesvalia 27 (12) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Ben Bierman, Hanr\u00e9 Venter, Franco Dumond, Junior Kuhn. Doelskoppe: Rickardt van Heerden (2). Strafdoel: Van Heerden. <strong>Fichardtpark 13 (8) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Ayanda Qinisa, Martin Kalp. Strafdoel: Devant\u00e9 Claasen.<\/p>\n<p><strong>Noord-Kaap 28 (7) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: JP Alexander, Jonaden Links, Abdul Fischer, Tyron China. Doelskoppe: Abdul Fischer (4). <strong>Sentraal 22 (10) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Pat Cloete, SJ Coetzee, Liam Pretorius, CJ Hertzog. Doelskop: Aiden Gotsch.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>BLOEMFONTEIN. \u2013 Die derde keer was toe nie skeepsreg nie. Die Ho\u00ebrskool Fichardtpark het sy rieme met 13-27 teen Wesvalia van Klerksdorp in die hoofwedstryd van sy jaarlikse Standard Bank Fichardtpark Sportdag vasgeloop. Kyk die wedstryde tydens die sportdag weer op SuperSport Schools (www.supersportschools.com). Dit was die derde keer wat die twee spanne mekaar die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":36825,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-36823","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36823","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=36823"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36823\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=36823"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=36823"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=36823"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}