{"id":36985,"date":"2024-03-08T18:11:41","date_gmt":"2024-03-08T16:11:41","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=36985"},"modified":"2024-03-08T18:11:41","modified_gmt":"2024-03-08T16:11:41","slug":"ou-vyande-pak-mekaar-in-polokwane","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=36985","title":{"rendered":"Ou vyande pak mekaar in Polokwane"},"content":{"rendered":"<p><strong><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft wp-image-16134\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/Potch-Volkies-skolerugby-300x230.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"306\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/Potch-Volkies-skolerugby-300x230.jpg 300w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/Potch-Volkies-skolerugby-768x588.jpg 768w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/Potch-Volkies-skolerugby.jpg 839w\" sizes=\"auto, (max-width: 400px) 100vw, 400px\" \/>Ho\u00ebrskool Pietersburg<\/strong> behoort op hul hoede wees wanneer hulle <strong>Ho\u00ebrskool Die Anker\u00a0<\/strong>Saterdag in Polokwane verwelkom.<\/p>\n<p>Al die aksie regstreeks op SuperSport Schools. <a href=\"http:\/\/bit.ly\/supersportschools\">Skakel vir die wedstryd<\/a><\/p>\n<p>Die twee spanne het onlangs nog in die 2023 SDC Noordvaal-reeks se Bowl-afdeling meegeding, en dit sal ook nie die laaste keer wees wat die twee mekaar vanjaar tussen die vier lyne raakloop nie. Albei spanne het van die Bowl- na die Skild-afdeling opgeskuif en hierdie sal dus maar slegs die eerste van &#8216;n paar kragmetings tussen die ou vyande wees.<\/p>\n<p>Die Pieties het soos &#8216;n wafferse atleet uit die blokke gespring met &#8216;n intrukwekkende oorwinning van 25-20 oor Ho\u00ebrskool Montana verlede naweek. Die span van Pietersburg se sege was grotendeels as gevolg van &#8216;n uitmuntende vertoning deur die senterpaar van <strong>Nick Jones<\/strong>\u00a0en <strong>Hanno van Zyl<\/strong>. Van Zyl was die groot gevaarman, en sal ook sy goeie ritme met die skopskoen wil voortsit.<\/p>\n<p>Voorlangs sal agtsteman, <strong>Hardus Otto<\/strong>, weer hand opsteek. Otto se bedrieglike spoed en venynige systappie sal Die Anker se vededigers deurgaans op hul tone hou. <strong>FC Smit<\/strong>, die Pieties se steelkantflank, wat verlede jaar reeds be\u00efndruk het, sal selfs &#8216;n groter bydrae hierdie slag wil lewer, vernaam op die verdediging.<\/p>\n<p>Die twee Pieties-senters kom egter teen die gesoute <strong>Branden Crous<\/strong> in die middeveld te staan. Crous, wat reeds verlede seisoen vir die span van Brakpan op binnesenter uitgedraf het, is welbekend vir sy goeie hardlooplyne en soliede verdedigeing.<\/p>\n<p>Onder die swaargewigte voor, behoort die agtsteman en kaptein, <strong>Ruben Herbst<\/strong>, prominent te vertoon. Indien die span van Brakpan met &#8216;n oorwinning kan wegstap Saterdag, sal dit hul eerste een van die jaar wees en heelwat druk van Herbst en kie afhaal. <strong>Siya Shongwe<\/strong> (oopkantflank) sal sy kaptein met ywer ondersteun, veral in die vaste los.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebr Volkskool Potchefstroom<\/strong> sou hul feesvieringe na verlede naweek se naelskraapse sege van 30-29 oor Ho\u00ebr Volkskool Heidelberg kortgeknip het, ten einde volledig voor te berei vir die reuse taak wat hierdie naweek op hulle wag. Volkies ontvang <strong>Ho\u00ebrskool Marais Viljoen<\/strong> Saterdag in Potchefstroom.<\/p>\n<p>Volkies-losskakel, <strong>Johandre Maree<\/strong>, sal van meet af poog om die span van Alberton onder druk te plaas, terwyl die oopkanflank, <strong>Henre Nel,<\/strong> tesame met sy lostrio-maters, Christof Nel en Dewald Groenewald, onder die groot manne behoort te woel.<\/p>\n<p>Dit wil blyk asof die besoekers reeds vroeg-vroeg lekker ritme begin vind het. Kaptein, <strong>Rekkie Gerber <\/strong>(losskakel)<strong>,<\/strong> en onderkaptein, <strong>Dian Scheepers <\/strong>(flank), neem met hul voorbeeld die leiding, en die Volkies sal ver\u00e1l op hul dissipline wil let aangesien Gerber die bal uit alle hoeke van die veld deur die pale kan jaag.<\/p>\n<p>Scheepers is uiters waardevol vir sy span in aanvallende situasies, met &#8216;n lekker systappie, terwyl sy verdediging ook uit die boonste rakke is.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Ben Vorster<\/strong> durf die pad Lydenburg toe aan waar <strong>Ho\u00ebrskool Lydenburg<\/strong> vir hulle inwag. Dit sal albei spanne se openingswedstryd van die seisoen wees. Die Tzaneeners het &#8216;n strawwe seisoen deurgemaak in 2023, maar kan moed skep uit die feit dat hulle &#8216;n groot gros van verlede jaar se groep behou het.<\/p>\n<p>Die veelsydige haker, <strong>Christopher Janse van Vuuren<\/strong>, neem weer leiding onder die Tzaneen-pak, en geniet vanjaar ekstra ondersteuning in <strong>Tumi Ramohlale<\/strong>, wat op agtsteman diens doen. Ramohlale, &#8216;n uitstekende 400 m-atleet, se lopies laat &#8216;n mens nogal dink aan di\u00e9 van Pierre Spies in sy fleur.<\/p>\n<p><strong>Aza Mabe<\/strong>, wat verlede jaar die nr. 8-trui gedra het, draf vanjaar op binnesenter uit, met, aan sy buitekant, die bekende gesig van <strong>Tihandre Reyneke<\/strong>, wat van die Vossies se middeveld &#8216;n uiters gedugte een maak.<\/p>\n<p>Die twee kom te staan teen Lydenburg se vlugvoetige buitesenter, <strong>Curtleigh Koetzee<\/strong>, wie se spoed en vaardighede beduidende gevaar vir die Vossies inhou. Losskakel, <strong>Milandre Lodewyk<\/strong>, se vermo\u00eb om die bal effektief te versprei sal dus &#8216;n deurslaggewende rol speel indien die span van Lydenburg hoop om die Vossies te pootjie.<\/p>\n<p>Voorlangs behoort die agsteman, <strong>Lesedi Mahlangu<\/strong>, beslis die mas te kan opkom met sy brute krag, op sowel die aanval as verdediging. Haker,<strong> FJ Terblanche, <\/strong>sal ook geensins terugstaan vir die Tzaneeners nie.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Lichtenburg<\/strong> behoort uit te sien na die geleentheid om op te maak vir sy nederlaag van 14-17 teen Bergsig Akademie verlede naweek. Die span van Lichtenburg is in Potchefstroom in aksie, waar hulle vir <strong>Potchefstroom Gimnasium<\/strong> die stryd aans\u00ea.<\/p>\n<p>Losskakel, <strong>Albert Joubert<\/strong>, sal al sy ervaring inspan om sy span op die voorvoet te plaas, en sal heelwat op <strong>Benre Pollard<\/strong>, wat op binnesenter diens doen, staatmaak.<\/p>\n<p>Onder die voorspelers sal die flankpaar, <strong>Tiaan Booysen<\/strong>\u00a0en <strong>Kgolagano Legodi<\/strong>, hul deel met oorgawe doen, terwyl haker, Juan van Ryhn, \u00e0 la &#8220;Akker van der Merwe&#8221;, in die vaste los sal wil werskaf.<\/p>\n<p><strong>Die spanne:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Pietersburg t. Die Anker om 12:45 in Polokwane:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Pietersburg:<\/strong> 15 Brydan Retief, 14 Lerisch Duba, 13 Hanno van Zyl, 12 Nick Jones, 11 AJ Loots, 10 Vincent Luckhoff, 9 Divan Brown, 8 Hardus Otto, 7 FC Smith, 6 Tiaan Vermeulen, 5 Juan Jansen van Vuuren, 4 Etienne van Jaarsveld, 3 Elardus Erasmus, 2 Dewald de Beer, 1 Floris Venter.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Die Anker:<\/strong> 15 Paul Schutte, 14 Ruan Smith, 13 Troy Joubert, 12 Branden Crous, 11 Jayden Steenkamp, 10 Callum Nel, 9 Danie Smit, 8 Ruben Herbst, 7 Xander Fraser, 6 Siya Shongwe, 5 Brendan van Lutterfield, 4 Gerhard Oosthuizen, 3 Zander Nel, 2 Rico Goosen, 1 Branden Sauerman.<\/p>\n<p><strong>Volkskool Potchefstroom t. Marais Viljoen om 12:30 in Potchefstroom:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebr Volkskool Potchefstroom<\/strong>: 15 Diaan van der Merwe, 14 Ethan Leggat, 13 Hennie Pretorius, 12 Francois Smit, 11 Berno de Klerk, 10 Johandre Maree, 9 Juhan Geldenhuys, 8 Dewald Groenewald, 7 Christoff Nel, 6 Henre Nel, 5 Konrad Pretorius, 4 Altus de Jager, 3 Jaco van der Merwe, 2 Marlu du Preez, 1 Daniel Strydom.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Marais Viljoen<\/strong>: 15 Tyron Bouw, 14 Tiaan Joubert, 13 Brandon Els, 12 Claudo do Couto, 11 Ethan Weideman, 10 Rekkie Gerber, 9 Weon van der Vyver, 8 Rio Tshimbalanga, 7 Divan Scheepers, 6 Lloyd Shoko-Shenck, 5 Rynier Welgemoed, 4 Bjorn Pieterse, 3 Sifiso Shongwe, 2 Tiaan Bruyns, 1 Clayton Gagiano.<\/p>\n<p><strong>Lydenburg t. Ben Vorster om 12:40 in Lydenburg:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Lydenburg:<\/strong> 15 Pieter Maritz, 14 Tlologelo Makola, 13 Curtleigh Koetzee, 12 Pogisho Mohlala, 11 Candice Kok, 10 Milandre Lodewyk, 9 Elje Kok, 8 Lesedi Mahlangu, 7 Kobus Oosthuizen, 6 Diego Mbanjwa, 5 PP Malan, 4 Leam Fourie, 3 AJ van Deventer, 2 FJ Terblanche, 1 Phillip Pienaar.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Ben Vorster:<\/strong> 15 Caleb Mokgalabata, 14 Nikelo Moyo, 13 Tihandre Reyneke, 12 Aza Mabe, 11 Damain Bye, 10 Nkateko Ngoveni, 9 Pontsho Selowa, 8 Tumi Ramohlale, 7 Chifu Banda, 6 Lethabo Sejake, 5 Lourens Harmse, 4 Raluano Ramano, 3 Makondolelele Musekene, 2 Christopher Janse van Vuuren, 1 Ewald Kirstein.<\/p>\n<p><strong>Potchefstroom Gimnasium t. Ho\u00ebrskool Lichtenburg om 12:20 in Potchefstroom:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Potchefstroom Gimnasium: TBC<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Lichtenburg:<\/strong> 15 Luan Snyman, 14 Tyrell Schalkwyk, 13 Dundre Dempers, 12 Benre Pollard, 11 Rea Motsusi, 10 Albert Joubert, 9 Willem van Niekerk, 8 Abrie Coetzee, 7 Tiaan Booysen, 6 Kgolagano Legodi, 5 John Kleynhans, 4 Regardt Jacobs, 3 JJ Jonker, 2 Juan van Ryhn, 1 Dononvan Rosato.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ho\u00ebrskool Pietersburg behoort op hul hoede wees wanneer hulle Ho\u00ebrskool Die Anker\u00a0Saterdag in Polokwane verwelkom. Al die aksie regstreeks op SuperSport Schools. Skakel vir die wedstryd Die twee spanne het onlangs nog in die 2023 SDC Noordvaal-reeks se Bowl-afdeling meegeding, en dit sal ook nie die laaste keer wees wat die twee mekaar vanjaar tussen [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":16134,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-36985","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36985","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=36985"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/36985\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/16134"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=36985"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=36985"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=36985"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}