{"id":37053,"date":"2024-03-10T08:04:48","date_gmt":"2024-03-10T06:04:48","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=37053"},"modified":"2024-03-10T08:04:48","modified_gmt":"2024-03-10T06:04:48","slug":"boland-tem-opwindende-milnerton","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=37053","title":{"rendered":"Boland Landbou tem opwindende Milnerton"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_37154\" aria-describedby=\"caption-attachment-37154\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-37154\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/D4S_4458-400x267.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-37154\" class=\"wp-caption-text\">Retagan van Rooi, Boland Landbou (Absa Wildeklawer 2023) FOTO: Marnus Prinsloo<\/figcaption><\/figure>\n<p><strong>Devon Damons<\/strong> (skrumskakel) en <strong>Milnerton <\/strong>het vir <strong>Boland LAndbou<\/strong> laat sweet by hul AFGRI-Rugbydag die naweek, maar die boere het goed gekonsolideer om hul seisoen af te skop met &#8216;n sege van 29-18.<\/p>\n<p>Beleef al die aksie weer op <strong>SuperSport Schools &#8211; <a href=\"http:\/\/bit.ly\/supersportschools\">Registreer nou<\/a> &#8211;<\/strong> <a href=\"https:\/\/bit.ly\/BolandLandbouAfgri2024\">Skakel na die toernooi<\/a><\/p>\n<p>Die tuisspan het die wedstryd vol vertroue begin met hul ster losskakel, <strong>Retagan van Rooi<\/strong>, wat vir vleuel, <strong>Wehan Lume<\/strong>, in die hoekie oorgesit het vir die eerste drie, na slegs drie minute.<\/p>\n<p>Kort daarna het van Rooi self agter die besoekers se doellyn gaan kuier, en het dit gelyk asof daar &#8216;n lang dag vir Milnerton voorl\u00ea.<\/p>\n<p>Damons het egter geduldig die tuisspan se voorsprong verklein met twee agtereenvolgende strafdoele.<\/p>\n<p>&#8216;n Derde poging, van bykans 60m, was n\u00e9t kort, maar Boland het beslis gesukkel om die bal te beheer en n\u00f3g &#8216;n strafskop reg voor hul pale afgestaan.<\/p>\n<p>Milnerton het egter besluit om hul momentum te probeer ontgin, eerder as om weer pale toe aan te l\u00ea. Di\u00e9 besluit sou later by hulle kom spook, aangesien hulle nie daarin kon slaag om die druk in punte om te skakel nie.<\/p>\n<p>Boonop het van Rooi kort voor halftyd sy tweede drie van die dag gaan druk.<\/p>\n<p>Damons het &#8216;n strafskop afgestaan wat vir hom &#8216;n geelkaart beteken het net voor die drie, en dus het dit weer gelyk asof Boland aan die stuur van sake is.<\/p>\n<p>Kort na rustyd het van Rooi en Lume weer gekombineer vir &#8216;n spie\u00eblbeeld van die eerste drie, maar toe Damons weer teruggelaat is op die veld om die losskakel posisie in te neem, het die besoekers werklik ritme begin vind.<\/p>\n<p>Damons het feitlik onmiddelik gaan druk, en met &#8216;n bietjie meer as drie minute speeltyd oor het hy &#8216;n Boland-aangee onderskep om weer tussen die pale oor te duik en die agterstand tot 18-22 te laat krimp.<\/p>\n<p>Milnerton se sterte was die lug, maar Boland Landbou het steeds die laaste gelag toe <strong>Hans Verster<\/strong> oorgebars het vir &#8216;n drie in die doodsnikke.<\/p>\n<p>Boland het goed gevaar om die vurige Milnerton te tem, maar sal wel voel dat hulle &#8216;n paar geleenthede om verdere punte aan te teken deur hul vingers laat glip het. Dit is egter die doel van hierdie voorseisoense wedstryde; om spanne &#8216;n kans te gun om die roes van die afseisoen af te skud voordat die ligas in alle erns begin.<\/p>\n<p>Volgende naweek is Boland Landbou in George waar hulle vir <strong>Ho\u00ebrskool Outeniqua<\/strong> aandurf, terwyl Milnerton so gou as moontlik op die wenpad sal wil kom wanneer hulle vir <strong>St Charles College<\/strong> in Pietermaritzburg pak.<\/p>\n<p>In die voorlaaste wedstryd by die byeenkoms het<strong> HTS<\/strong> <strong>Bellville <\/strong>die oorhand geniet teen die <strong>Ho\u00ebrskool Monument Park<\/strong> van Kraaifontein.<\/p>\n<p><strong>Jeandr\u00e9 Smith<\/strong>, buitesenter van Bellville, het &#8216;n skitterende wedstryd beleef in sy span se oortuigende sege van 38-17 .<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:<br \/>\n<\/strong><\/p>\n<p><strong>Boland Landbou 29 (15) &#8211;<\/strong> Driee: Wehan Lume (2), Retagan van Rooi (2), Hans Verster. Doelskoppe: Van Rooi (2).<strong> Milnerton 18 (6) &#8211;<\/strong> Driee: Devon Damons (2). Doelskop: Chadwin Sellidon. Strafdoelle: Damons (2).<\/p>\n<p><strong>Ander tellings:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Eerstespanne:<\/strong> HTS Bellville 38, Monumentpark 17.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Devon Damons (skrumskakel) en Milnerton het vir Boland LAndbou laat sweet by hul AFGRI-Rugbydag die naweek, maar die boere het goed gekonsolideer om hul seisoen af te skop met &#8216;n sege van 29-18. Beleef al die aksie weer op SuperSport Schools &#8211; Registreer nou &#8211; Skakel na die toernooi Die tuisspan het die wedstryd vol [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":7,"featured_media":37154,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-37053","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37053","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/7"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=37053"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37053\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/37154"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=37053"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=37053"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=37053"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}