{"id":37055,"date":"2024-03-11T11:15:36","date_gmt":"2024-03-11T09:15:36","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=37055"},"modified":"2024-03-11T11:15:36","modified_gmt":"2024-03-11T09:15:36","slug":"wessel-maree-steel-kollig-by-pieter-swanepoel-sportdag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=37055","title":{"rendered":"Wessel Maree steel kollig by Pieter Swanepoel-sportdag"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-37320\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/Wessel-Maree-vs-Brandfort-2024-400x267.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" \/>Die jaarlikse <strong>Pieter Swanepoel-sportdag<\/strong> by<strong> Ho\u00ebrskool SPS Brandfort<\/strong> het die afgelope naweek oudergewoonte gesorg vir heerlike plattelandse rugby uit die boonste rakke.<\/p>\n<p>Die hoofwedstryd het &#8216;n klipharde stryd afgegee tussen die manne van Brandfort se groot krag voorlangs en <strong>Wessel Maree Ho\u00ebrskool<\/strong> se opwindende, aanvallende benadering agterlangs. Die besoekers het in die doodsnikke daarin geslaag om die wendrie te druk, en sodoende hul gashere met 16-12 te troef.<\/p>\n<p>Beleef al die aksie weer op<strong> SuperSport Schools &#8211; <a href=\"http:\/\/bit.ly\/supersportschools\">Registreer nou<\/a> &#8211;<\/strong> <a href=\"https:\/\/bit.ly\/PieterSwanepoelSportDag2024\">Skakel na die wedstryd.<\/a><\/p>\n<p>SPS Brandfort het die enigste drie in die eerste helfte aangeteken, deur haker, <strong>Xander van Heerden<\/strong>.<\/p>\n<p>Met albei skole wat rotsvas was op die verdediging, het Wessel Maree wyslik besluit om punte te vat waar hulle dit ookal kon kry, soos &#8216;n waardevolle strafdoel deur agsteman, <strong>Ntute Tsotsotso<\/strong>.<\/p>\n<p>Dit was duidelik dat die tweede helfte op &#8216;n uiters spannende klimaks afgestuur het.<\/p>\n<p>Spel het van een hoek van die veld na die ander gesnel, maar deurkomkans op die doellyn was min en dit het 10 minute geneem voordat Wessel Maree &#8216;n deurbraak kon bewerkstellig.<\/p>\n<p>Buitesenter, <strong>Junior Moroke<\/strong>, het langs die kantlyn af genael en &#8216;n skopaangee dwars oor die veld gestuur vir <strong>Mpumelelelo Dumako<\/strong>\u00a0(flank) om op te raap en oor die doellyn te val.<\/p>\n<p>Tsotsotso het &#8216;n verdere strafdoel oorgeklits om hul voorsprong te verstewig, maar dit was nie lank nie voordat Brandfort se groot pak met &#8216;n skrum na aan die besoekers se doellyn vir agsteman, <strong>Greyven Dempsey<\/strong>, die geleentheid gebied het om bo-oor &#8216;n paar verdedigers te dryf vir sy span om die voortou te neem.<\/p>\n<p>Met slegs drie minute se speeltyd oor, het Wessel Maree se plaasvervanger,<strong> Kamohelo Ntaje<\/strong>, egter oorgeduik vir die wendrie om SPS Brandfort se trotse rekord by hul fees &#8216;n knou toe te dien.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Bloemfontein<\/strong> het vroe\u00eb waarskuwingskote afgevuur met hul oorwinning van 26-0 oor <strong>Winburg Ho\u00ebrskool<\/strong>. Van al die spanne wat aan die Vrystaat Ho\u00ebrskole B-Liga deelneem vanjaar, was dit slegs die seuns uit die noorde van Bloemfontein wat as oorwinnaars kon wegstap na Saterdag se sportdag.<\/p>\n<p>SPS Brandfort, <strong>St Andrew&#8217;s School<\/strong>, <strong>Ho\u00ebrskole<\/strong> <strong>Sand du Plessis<\/strong> en <strong>Hendrik Potgieter<\/strong> (<strong>Reddersburg)<\/strong> het almal tweede gekom in hul onderskeie wedstryde, dus geniet die Bloemfonteiners &#8216;n ekstra mate van momentum wanneer die ligabepalings eersdaags afskop.<\/p>\n<p>Bloemfontein-losskakel<strong> Jano Jackson<\/strong> en sy senters, <strong>Keanu van Heerden<\/strong> en <strong>Kenslin Collins<\/strong>, het heelwat ondernemingsgees agterlangs tentoongestel, terwyl hul lostrio ook vir Winburg kopsere besorg het by die afbreekpunte.<\/p>\n<p>Vasberade verdediging het voorts beteken dat die puntevloei slegs in een rigting beweeg het, met Bloemfontein wat vier keer Winburg se doellyn kon oorsteek sonder om &#8216;n enkele punt af te staan.<\/p>\n<p><strong>Bokang Maichu<\/strong>, <strong>Wessel van der Merwe<\/strong>, <strong>Brandon Erasmus<\/strong>\u00a0en <strong>Ferlin Rulf<\/strong> het hul name op die telkaart gekry, terwyl Jackson met drie doelskoppe geslaag het.<\/p>\n<p>St Andrew&#8217;s en Reddersburg het altwee moedig teruggeveg in hul onderskeie kragmetings, maar <strong>Ho\u00ebrskool Parys<\/strong> en <strong>Ho\u00ebrskool Bothaville<\/strong> kon uithou vir naelskraapse seges van onderskeidelik 24-19 en 34-26.<\/p>\n<p>Saints se agsteman, <strong>Eduan van den Heever<\/strong>, het kort voor \u00e9n na rustyd drie\u00eb gedruk om die telling met 12-12 gelyk te laat trek. Senter, <strong>Naud\u00e9 Botha<\/strong>, het die tweede drie van teenaan die kantlyn verdoel om die Bloemfonteiners tydelik te laat voorloop.<\/p>\n<p>Parys het weer die voortou geneem met &#8216;n drie deur hul breker op binnesenter, <strong>Qenan Bekker<\/strong>, maar St Andrew&#8217;s se haker, <strong>Lucien Hugo<\/strong>, het teruggeslaan om die telling weer gelyk te maak.<\/p>\n<p>Met skaars &#8216;n paar sekondes oor, het Parys die uitklophou gelewer met hul groot haker, <strong>Rom\u00e9 Pretorius<\/strong>, wat met brute krag deur die verdedigingslinie gebars het vir die wendrie.<\/p>\n<p><strong>Grey-kollege<\/strong> se verteenwordigers het ook skoonskip gemaak in hul onderskeie krangmetings met <strong>Ho\u00ebrskool Ficksburg<\/strong>, <strong>HTS Louis Botha<\/strong> en Sand du Plessis.<\/p>\n<p>Dit was slegs die Ficksburg-manne wat enige punte kon aanteken teen die Bloemfonteinse reuse.<\/p>\n<p><strong>Boitumelo Hlalele<\/strong> (senter), en <strong>Brian Samuels<\/strong> (losvoorspeler) kon daarin slaag om bresse te slaan in die Grey-verdediging vir &#8216;n drie elk, maar Ficksburg moes steeds met 12-17 die knie buig teen Grey se sesdes.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Wessel Maree Ho\u00ebrskool 16 (3) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Kamohelo Ntaje, Mpumelelelo Dumako. Strafskoppe: Ntute Tsotsotso (2) <strong>Ho\u00ebrskool SPS Brandfort\u00a012 (7) &#8211; <\/strong>Drie\u00eb: Greyven Dempsey, Xander van Heerden. Doelskop: Amolang Maloisane.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Parys 24 (12) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Sibusiso Mmlutsi, Qenan Bekker (2), Rom\u00e9 Pretorius. Doelskoppe: Marnus Roets (2) <strong>St Andrew&#8217;s School 19 (7) &#8211;\u00a0<\/strong>Drie\u00eb: Eduan van den Heever (2), Lucien Hugo. Doelskoppe: Naud\u00e9 Botha (2).<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Bothaville 34 (29) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Paul Verwey (2), Josh Pietersen de Andrade, Hanco van der Walt, Francois Rossouw, Richter Scholtz. Doelskoppe: Pietersen de Andrade (2). <strong>Ho\u00ebrskool Hendrik Potgieter (Reddersburg)<\/strong> <strong>26 (7) &#8211; <\/strong>Drie\u00eb: Denver Jacobs, Waylon Strydom, Sterling Batties, Unathi Ngeyakhe. Doelskoppe: Boitshepo Nthipe (2), Ensley van Wyk.<\/p>\n<p><strong>Grey-kollege VI 17 &#8211; Ho\u00ebrskool Ficksburg 12 &#8211; <\/strong>Drie\u00eb: Boitumelo Hlalele, Brian Samuels. Doelskop: Oratilwe Shata.<\/p>\n<p><strong>Grey-kollege IV 26 (12) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: JG Badenhorst (2), Marx van Wyk, Stephan Jacobs. Doelskoppe: Van Wyk.<strong>\u00a0HTS Louis Botha 0.<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Ladybrand 31 (12) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Ithuteng Diphoko (2), Katleho Ramakone, Lucky Ratutubala, Isaaq Maqelepo. Doelskoppe: Calvin Molete (2), Katleho Ramakone.<strong> Ho\u00ebrskool President Steyn 7 (0) &#8211;\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Grey-kollege V 76 (50) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Stephan Meintjies (2), Arno du Plessis (2), Jatin Marais, CM Opperman, Luke Wolhuter, Juan Erasmus, Ruben Kruger, Burger Horn. Doelskoppe: Juan Erasmus (8).<strong>\u00a0Ho\u00ebrskool Sand du Plessis 0.<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Bloemfontein 26 &#8211; <\/strong>Drie\u00eb: Bokang Maichu, Wessel van der Merwe, Brandon Erasmus, Ferlin Rulf. Doelskoppe: Jano Jackson (3).<strong> Winburg Ho\u00ebrskool 0.\u00a0<\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die jaarlikse Pieter Swanepoel-sportdag by Ho\u00ebrskool SPS Brandfort het die afgelope naweek oudergewoonte gesorg vir heerlike plattelandse rugby uit die boonste rakke. Die hoofwedstryd het &#8216;n klipharde stryd afgegee tussen die manne van Brandfort se groot krag voorlangs en Wessel Maree Ho\u00ebrskool se opwindende, aanvallende benadering agterlangs. Die besoekers het in die doodsnikke daarin geslaag [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":7,"featured_media":37320,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-37055","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37055","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/7"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=37055"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37055\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=37055"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=37055"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=37055"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}