{"id":37059,"date":"2024-03-10T11:29:51","date_gmt":"2024-03-10T09:29:51","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=37059"},"modified":"2024-03-10T11:29:51","modified_gmt":"2024-03-10T09:29:51","slug":"wit-bulle-skitter-in-kimberley","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=37059","title":{"rendered":"Wit Bulle skitter in Kimberley"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_37253\" aria-describedby=\"caption-attachment-37253\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-37253 size-medium\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/TL_2024240-400x295.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"295\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-37253\" class=\"wp-caption-text\">Reuben Pienaar, losskakel van Affies, in aksie tydens &#8216;n kragmeting verlede jaar. FOTO: Bertram Malgas\/Gallo Images<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die <strong>Afrikaanse Ho\u00ebr Seunsskool<\/strong> van Pretoria het die afgelope naweek behoorlik hul spiere gebult in Kimberley, ter voorbereiding van die nuwe seisoen.<\/p>\n<p>Behalwe vir <strong>Ho\u00ebrskool Diamantveld<\/strong> se o. 14 A-span, wat in &#8216;n riller van &#8216;n wedstryd met 9-8 gese\u00ebvier het, kon die besoekers uit Pretoria al hul wedstyde in die Diamantstad wen.<\/p>\n<p>Hulle het in die proses ook &#8216;n paar indrukwekkende tellings opgestapel.<\/p>\n<p>Beleef al die aksie weer op <strong>SuperSport Schools &#8211; <a href=\"http:\/\/bit.ly\/supersportschools\">Registreer nou<\/a> &#8211;<\/strong> <a href=\"https:\/\/bit.ly\/DiamantveldvsAffies2024\">Skakel na die wedstryd<\/a><\/p>\n<p>Die Wit Bulle het ook in die eerstespan-kragmeting met die Diamonds die botoon gevoer met &#8216;n oorwinning van 33-10.<\/p>\n<p>Nadat <strong>Janco Purchase<\/strong> (binnesenter), <strong>Theunz Marits<\/strong> (buitesenter), <strong>Muntingh Hamman<\/strong> (slot) en <strong>Albert Smit<\/strong> (flank) almal in die eerste helfte agter Diamantveld se doellyn kon gaan kuier het, het die tuisspan nietemin daarin geslaag om hul verdediging in die tweede helfte aansienlik op te skerp.<\/p>\n<p>Die Diamonds kon egter geen verdere punte aanteken in die tweede helfte nie, en <strong>Ruben Groenewald<\/strong> (heelagter) se drie het die span van Pretoria se oorwinning uiteindelik soet laat smaak. Groenewald is die seun van die voormalige Blou Bul-skrumskakel <strong>Coenraad Groenewald<\/strong>.<\/p>\n<p>Vir Diamonds het <strong>Simon Liversage<\/strong> (buitesenter) vroeg in die wedstryd &#8216;n strafdoel oorgeklits, terwyl <strong>Carel Viljoen<\/strong> (vleuel) uitstekend afgerond het vir &#8216;n drie, nadat heelagter, <strong>Kyle Taute<\/strong>, die Pretorianers se verdediging oopgekloof het.<\/p>\n<p>Liversage het daardie drie ook verdoel, maar dit was die laaste punte wat die span van Kimberley kon aanteken.<\/p>\n<p>Hamman se drie kort daarna het die tuisspan se punte gekanselleer, en die wyse waarop Affies vanaf hul eie doellyn aangeval het om, binne enkele fases, die groot slot oor die lyn te stuur, het die momentum hewig in hul guns laat swaai.<\/p>\n<p>Die Diamonds het hard gewerk om Affies na die breek in te perk, maar die besoekers was die beste span op die dag en kon hul tempo vir die meerderheid van die wedstryd op die tuisspan afdwing.<\/p>\n<p>Nes verlede jaar, toe Affies met 27-0 baas was, was <strong>Reuben Pienaar<\/strong> (losskakel) &#8216;n doring in Diamantveld se vlees. Hy het was suksesvol met vier doelskoppe en het &#8216;n groot hand gespeel in sy span se aanvalle.<\/p>\n<p>Affies kon nie gehoop het op &#8216;n beter begin vir die seisoen nie, vernaam aangesien hulle volgende naweek vir Helpmekaar pak en die week daarop die jaarlikse <strong>Noord\/Suid-<\/strong>toernooi aanbied.<\/p>\n<p>Hul vertoning in Kimberley dek die tafel vir opwindende bepalings teen Paul Roos Gimnasium en Stellenberg by daardie toernooi, teen die einde van Maart.<\/p>\n<p>Met gevaarmanne agterlangs, soos Purchase en Groenewald, en &#8216;n stewige voorry, bestaande uit <strong>Ruan Smuts<\/strong>, <strong>Ethan van Dyk<\/strong> en <strong>Werner Vrey<\/strong>, lyk die Wit Bulle oorgehaal om &#8216;n skouspel te lewer wanneer hulle die Kapenaars pak.<\/p>\n<p>Vir Diamantveld skuif die fokus eers terug na die Wesgrow-reeks, waar hulle volgende naweek vir Ho\u00ebrskool Trio in Kroonstad aandurf.<\/p>\n<p>Nadat hulle die eerste wedstryd van die jaar se reeks teen Voortrekker gewen het (18-6), sal die ligbloues gretig wees om hul momentum te herwin vir vanjaar se veldtog.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Affies 33 (26) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Janco Purchase, Hendr\u00e9 Schoeman, Muntingh Hamman, Albert Smit, Ruben Groenewald. Doelskoppe: Reuben Pienaar (4). <strong>Ho\u00ebrskool Diamantveld 10 (10) &#8211;<\/strong> Drie: Carel Viljoen. Doelskop: Simon Liversage. Strafdoel: Liversage.<\/p>\n<p><strong>Al die uitslae:<\/strong><\/p>\n<p><strong>o. 19: <\/strong>Affies II 22, Ho\u00ebrskool Upington 3; Affies III 38, Diamantveld II 18; Affies IV 27, Ho\u00ebrskool Upington II 6; Affies V 36, Diamantveld III 21; Affies VI 34, Wildeklawer 12; Affies VII 53, Kimberley Boys&#8217; High 0; Affies VIII 19, Diamantveld IV 3; Affies IX 66, Diamantveld V 0.<\/p>\n<p><strong>o. 16:<\/strong>\u00a0Affies 24, Diamantveld 10; Affies B 7, Ho\u00ebrskool Upington 3; Affies C 68, Diamantveld B 0; Affies D 53, Kimberley Boys&#8217; High 0; Affies E 15, Ho\u00ebrskool Upington 5; Affies F 12, Wildeklawer 7.<\/p>\n<p><strong>o. 15:<\/strong>\u00a0Affies 47, Diamantveld 0; Affies B 50, Ho\u00ebrskool Upington 5; Affies C 85, Kimberley Boys&#8217; High o.16 0; Affies D 90, Kimberley Boys&#8217; High 0; Affies E 66, Diamantveld B 0; Affies F 55, Upington B 0.<\/p>\n<p><strong>o. 14:<\/strong> Diamantveld 9, Affies 8; Affies B 88, Ho\u00ebrskool Upington 0; Affies C 62, Diamantveld B 0; Affies D 20 Diamanveld C 0; Affies E 68, Diamantveld D 0; Affies F 38, Wildeklawer 12.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunsskool van Pretoria het die afgelope naweek behoorlik hul spiere gebult in Kimberley, ter voorbereiding van die nuwe seisoen. Behalwe vir Ho\u00ebrskool Diamantveld se o. 14 A-span, wat in &#8216;n riller van &#8216;n wedstryd met 9-8 gese\u00ebvier het, kon die besoekers uit Pretoria al hul wedstyde in die Diamantstad wen. Hulle het [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":7,"featured_media":37253,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-37059","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37059","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/7"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=37059"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37059\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=37059"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=37059"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=37059"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}