{"id":37215,"date":"2024-03-10T16:09:28","date_gmt":"2024-03-10T14:09:28","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=37215"},"modified":"2024-03-10T16:09:28","modified_gmt":"2024-03-10T14:09:28","slug":"kampioene-byt-in-die-stof-in-springs","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=37215","title":{"rendered":"Kampioen byt in die stof in Springs"},"content":{"rendered":"<p><strong><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-37269\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/PHS-Rugby-365x500.jpg\" alt=\"\" width=\"365\" height=\"500\" \/>Ho\u00ebrskool Hugenote<\/strong> van Springs het die Noordvaal-rugbykringe aan die gons nadat hulle vir<strong> Ho\u00ebrskool Noordheuwel<\/strong> met &#8216;n telling van van 28-10 in die stof laat byt het.<\/p>\n<p>Herleef al die aksie weer op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; <a href=\"http:\/\/bit.ly\/supersportschools\">Skakel na die wedstryde<\/a>.<\/p>\n<p>Dit is slegs Noordheuwel se derde nederlaag in die reeks sedert 2019. Die vorige twee kere wat die Krugersdorpers vasgeval het, sedert 2019, was albei teen Ho\u00ebrskool Rustenburg. Die Nories het twee bepalings vir Saterdag vasgehad, wat sake vir die skool bemoeilik het.<\/p>\n<p>Nog &#8216;n span van Krugersdorp het teen Outeniqua in George is die hoofwedstryd van die Kwagga Sportdag te staan gekom. Hierdie wedstryd is deur Nories met 28-19 gewen.<\/p>\n<p><strong>Ruan van Biljon<\/strong>, Hugenote se buitesenter, het vroeg in die kragmeting reeds deurgebreek om die tuisspan se rekening met vyf punte oop te maak. Sy sentermaat, Vian van Dyk, het nie op hom laat wag om ook die doellyn oor te steek nie.<\/p>\n<p>Losskakel en skerpskutter, <strong>Corn\u00e9 Pretorius<\/strong>, het sy skopskoen aangehad en was in die kol met al vier sy span se doelskoppe.<\/p>\n<p>Voorlangs was dit die lewendige agtsteman, <strong>Hendrik Eybers<\/strong>, wat amok gemaak het. Eybers was deurgaans dreigend op die aanval en het met sy genadelose dryfspel die oog gevang. Hy is een van Hugenote se viertal wat met &#8216;n vyfpunter vir sy kragtige spel beloon is.<\/p>\n<p>Die blitsvinnige\u00a0 <strong>Musa Mhlangu<\/strong>,\u00a0op regtervleuel, het vir Noordheuwel die doodskoot toegedien, toe hy kort voor die eindfluitjie oorgegaan het om sy span se voorsprong na 18 punte te vergroot.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Pietersburg<\/strong> het die eerste hou geland teen<strong> Ho\u00ebrskool Die Anker<\/strong> om met &#8216;n telling van 23-17 in Polokwane te se\u00ebvier het. Die tuisspan se buitesenter, <strong>Hanno van Zyl<\/strong>, was ongetwyfeld sy span se grootste uitblinker en het sy indrukwekkende spelpeil van van die vorige naweek voortgesit.<\/p>\n<p>Hy het nie alleen weer die verdedigingslinie gebreek vir &#8216;n briljante tweekuns nie, maar ook &#8216;n strafdoel deur die pale gejaag om sy totaal vir die wedstryd op 13 te staan te bring.<\/p>\n<p>Die Pieties se ander staatmaker, <strong>Vincent Luckhoff<\/strong>, het ook goeie werk verrig. Dit was juis as gevolg van sy puik balverspreiding en visie dat Van Zyl Die Anker se verdediging so kon fnuik. Luckhoff was oudergewoonte ook die akkuraatheid van self met die stewel, en het twee doelskoppe en twee strafdoele bygedra om &#8216;n verdere 10 punte tot sy span se totaal van 23 te las.<\/p>\n<p>Die span van Brakpan het egter verseg om die handdoek in te gooi, en self &#8216;n paar blink individuele vertonings opgelewer. Die lostrio, bestaande uit <strong>Siya Shongwe<\/strong> (oopkantflank), <strong>Ander Fraser<\/strong> (steelkantflank) en <strong>Ruben Herbst<\/strong> (agtsteman), het aangedui dat hulle deur die loop van die seisoen &#8216;n doring in menige teenstanders se vlees kan wees.<\/p>\n<p>Skrumskakel, <strong>Danie Smit<\/strong>, was uitstekend om en by die afbreekpunte, waar hy die Pietie-verdedigers deurentyd op hul tone gehou het, en is self daarvoor vergoed met twee drie\u00eb.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Wesvalia<\/strong> het, met die blaas van die eindfluitjie, gespog met &#8216;n oorwinning van 31-21 oor <strong>Ho\u00ebrskool Montana<\/strong>. Haker, <strong>Junior Kuhn<\/strong>, en agsteman, <strong>Hanre Venter<\/strong>, was aan die brand voorlangs en is elk met &#8216;n drie beloon.<\/p>\n<p>Agterlangs het <strong>Rickardt van Heerden<\/strong> spel uitstekend dikteer op losskakel, terwyl hy ook genadeloos was vanaf die skopkegel om met vier doelskoppe en &#8216;n strafdoel te slaag. Die buitesenter, <strong>Fafa Calitz<\/strong>, het op sowel die aanval as die verdediging uitgetroon en het met sy drie die laaste spyker in die opposisie se kis gemoker.<\/p>\n<p>Monties se linkervleuel, <strong>Sam Schoeman<\/strong>, het vir die tweede keer in soveel weke daarin geslaag om die doellyn vir sy span oor te steek, terwyl losskakel <strong>Ruwald Goosen<\/strong> met &#8216;n doelskop en drie strafdoele geslaag het om sy span in die wedloop te hou.<\/p>\n<p>Voorlangs was die Pretorianers se agtsteman en ander driedrukker, <strong>Richard Botha<\/strong>, woelig in die vaste los en het hy sy bes probeer om voorwaartse momentum vir sy span te bewerkstellig.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg <\/strong>se<strong> Lorenzo Snyers<\/strong> (buitesenter) en <strong>Xavier Steenkamp<\/strong> (haker) het die verdediging behoorlik blootgestel met &#8216;n tweekuns elk, om gesamentlik 20 van Rustenburg se 48 punte, teen <strong>Ho\u00ebrskool Oosterlig<\/strong> se agt, aan te teken. Awie Alberts was in die kol met vier doelskoppe.<\/p>\n<p>Die grondslag vir Rustenburg se sege was voor gel\u00ea deur hul groot, fisieke pak, met agsteman, <strong>MC Smit<\/strong>, aan die spits, en\u00a0 <strong>Pedrie Human<\/strong> (slot) en <strong>Erich Potgieter<\/strong> (slot) kort op sy hakke.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Jeugland<\/strong> het, met 38-14, met <strong>Ho\u00ebrskool Zwartkop<\/strong> afgereken.<strong> Jetao Jooste<\/strong> en <strong>Thando Ngomane<\/strong> het die Zwarries se verdedigers lelik laat les ops\u00ea om albei ook &#8216;n tweekuns te behaal, terwyl <strong>Sinenhlanhla Ndlovu<\/strong> sout in die Zwarries se wonde gesmeer het met vier doelskoppe.<\/p>\n<p>Die Zwarries se vaskopstut, <strong>Brogan Ackerman<\/strong>, het deurgaans hard probeer, sy lyf op die spel geplaas en is met &#8216;n kuiertjie agter Jeugland se doellyn beloon.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Lichtenburg<\/strong> het uitstekend teruggekom na hul nederlaag teen Bergsig Akademie verlede naweek, om Potchefstroom Gimnasium met &#8216;n telling van 39-19 af te stof. Die Liggies se voorspelers, met JJ Jonker (vaskopstut) en Abrie Coetzee (agtsteman) wat uitgestaan het, het Gimmies pal onder druk te plaas.<strong>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Jhanco de Beer<\/strong>, Gimmies se binnesenter, was sy span se groot uitblinker op die dag, met &#8216;n pragtige drie, en het ook twee van sy span se drie drie\u00eb verdoel.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Hugenote (Springs) 28 &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Ruan van Biljon, Hennie Eybers, Vian van Dyk, Musa Mahlangu. Doelskoppe: Corn\u00e9 Pretorius (4). <strong>Ho\u00ebrskool Noordheuwel 10 &#8211; <\/strong>Drie\u00eb: Christiaan Delport, Ettienne Smith.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Klerksdorp 19 (7)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Deacon Loots (2), Janu de Wet. Doelskoppe: Loots (2). <strong>Heidelberg Volkskool 19 (7)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Botshelo Motsepe, Ruben Bierman, Kayle Venter. Doelskoppe: Venter (2).<\/p>\n<p><strong>Wesvalia 31 (14)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Junior Kuhn, Hanre Venter, Rickardt van Heerden, Fafa Calitz. Doelskoppe: Van Heerden (4). Strafdoel: Van Heerden. <strong>Montana 21 (9)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Sam Schoeman, Richard Botha. Doelskop: Ruwald Goosen. Strafdoele: Goosen (3).<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg 48 (31)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Lorenzo Snyers (2), Xavier Steenkamp (2), Dirk Huisamen, MC Smit, Jon-Re Jefthas, Hendr\u00e9 Robinson. Doelskoppe: Awie Alberts (4).<strong>\u00a0<\/strong><strong>Oosterlig 8 (3)<\/strong> &#8211; Drie: Nathan Botha. Strafdoel: Tristan Else.<\/p>\n<p><strong>Jeugland 38 (24)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Jetao Joost (2), Thando Ngomane (2), King Aganzo, Jaydon Kleyn. Doelskoppe: Sinenhlanhla Ndlovu (4).<strong>\u00a0<\/strong><strong>Zwartkop 14 (7)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Brogan Ackerman, Strafdrie. Doelskop: Layton Wilson.<\/p>\n<p><strong>Lichtenburg 39 (3) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: JJ Jonker, Abrie Coetzee, Rea Motsusi, Tyrell van Schalkwyk, KG Legodi, Willem van Niekerk. Doelskoppe: Luan Snyman (3). Strafdoel: Albert Joubert. <strong>Potchefstroom Gimnasium 19 (19) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Tobias van Dyk, Jhanco de Beer, David Ndlala. Doelskoppe: De Beer (2).<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Pietersburg 23 &#8211;<\/strong> Hanno van Zyl (2). Doelskoppe: Vincent Luckoff (2). Strafdoel: Luckhoff (2), Van Zyl. <strong>Die Anker 17 &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Danie Smit (2), Ruben Herbst. Doelskop: Brandon Crous.<\/p>\n<p><strong>Ander spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>o. 16:<\/strong> Hugenote 39, Noordheuwel 5; Zwartkop 15, Jeugland 12; Potch Volkies 34, Marais Viljoen 5; Rustenburg 55, Oosterlig 6; Wesvalia 24, Montana 7; Pietersburg 34, Die Anker 20; Potch Gimmies 54, Lichtenburg 7.<\/p>\n<p><strong>o. 15:<\/strong> Hugenote 31, Noordheuwel 7; Zwartkop 9, Jeugland 5; Marais Viljoen 17, Potch Volkies 15; Rustenburg 26, Oosterlig 7; Wesvalia 15, Montana 7; Pietersburg 31, Die Anker 0; Lichtenburg 25, Potch Gimmies 3.<\/p>\n<p><strong>o. 14:<\/strong> Hugenote 24, Noordheuwel 19; Zwartkop 21, Jeugland 0; Marais Viljoen 25, Potch Volkies 12; Rustenburg 54, Oosterlig 0; Wesvalia 40, Montana 0; Pietersburg 39, Die Anker 0; Lichtenburg 14, Potch Gimmies 12.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ho\u00ebrskool Hugenote van Springs het die Noordvaal-rugbykringe aan die gons nadat hulle vir Ho\u00ebrskool Noordheuwel met &#8216;n telling van van 28-10 in die stof laat byt het. Herleef al die aksie weer op SuperSport Schools &#8211; Skakel na die wedstryde. Dit is slegs Noordheuwel se derde nederlaag in die reeks sedert 2019. Die vorige twee [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":37269,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-37215","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37215","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=37215"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/37215\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=37215"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=37215"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=37215"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}