{"id":38404,"date":"2024-03-20T09:48:17","date_gmt":"2024-03-20T07:48:17","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=38404"},"modified":"2024-03-20T09:48:17","modified_gmt":"2024-03-20T07:48:17","slug":"leeus-se-tande-ge-trek-in-bethlehem","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=38404","title":{"rendered":"Leeus se tande ge-&#8220;Trek&#8221; in Bethlehem"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_38443\" aria-describedby=\"caption-attachment-38443\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-38443 size-medium\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/Cecil-Parsons-Voortrekker-Foto-Willie-Kruger-400x500.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"500\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-38443\" class=\"wp-caption-text\">Cecil Parsons (Voortrekker) in aksie teen Fichardtpark. | FOTO: Willie Kruger<\/figcaption><\/figure>\n<p><strong>Voortrekker Ho\u00ebrskool<\/strong> se eerstespan het Saterdag die bordjies verhang teen <strong>Ho\u00ebrskool Fichardtpark<\/strong> met &#8216;n oortuigende sege van 33-5, tuis in Bethlehem .<\/p>\n<p>Fichardtpark was verlede jaar gekroon as die o. 19 A-kampioen met &#8216;n onoorwonne rekord, maar die Trekkers het as algehele wenners van die reeks ge\u00ebindig. Nadat die Fichies die vorige slag in Bloemfontein met 33-19 baas was, sal die naweek se uitslag ekstra soet smaak vir span van die Oos-Vrystaat.<\/p>\n<p>Beleef al die aksie weer op <strong>SuperSport Schools &#8211; <a href=\"http:\/\/bit.ly\/supersportschools\">Registreer nou<\/a> &#8211;<\/strong> <a href=\"https:\/\/bit.ly\/Wesgrow2024\">Skakel na die reeks<\/a><\/p>\n<p>Dit was inderdaad &#8216;n aksiebelaaide naweek wat die <strong>Wesgrow Sentrale Sportreeks<\/strong> betref.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Witteberg<\/strong> het &#8216;n skitterende 51-8 oorwinning oor <strong>Sentraal<\/strong> behaal, terwyl<strong>\u00a0<\/strong><strong>Diamantveld<\/strong> en <strong>Goudveld-Ho\u00ebrskool <\/strong> albei met hul tweede seges van die jaar se reeks, oor <strong>Ho\u00ebrskole Trio<\/strong> en <strong>Jim Fouch\u00e9<\/strong>, kan spog.<\/p>\n<p>Die Fichie-Leeus het eerste bloed getrek in Bethlehem deur hul kranige loskopstut, <strong>Zaine van Zyl<\/strong>, maar die ervare Trekkers-span het koelkop gebly en geduldig aanhou verdedig.<\/p>\n<p>Kort voor halftyd het die tuisspan se blitsige buitesenter, <strong>Frederik Fourie<\/strong>, &#8216;n gaping gewaar op die teenaanval en, teen die verloop van spel, &#8216;n pragdrie uit sy eie helfte afgerond. Skrumskakel, <strong>Christiaan van der Sandt<\/strong>, het aan\u00a0 hulle die voorsprong besorg deur die ekstras by te voeg.<\/p>\n<p>Dit was al wat die span van Bethlehem nodig gehad het om die momentum na hul kant toe te laat swaai, en na die breuk het hulle behoorlik die tempo gelig.<\/p>\n<p>Die sluise het van meet af in die tweede skof oopgemaak, met<strong>\u00a0Francois Maree<\/strong> wat binne 30 sekondes na rustyd oorgeduik het, en 10 minute later het <strong>Kaneng Komane<\/strong> nog &#8216;n skitterende drie bygevoeg.<\/p>\n<p>Die Trekkers se kaptein, <strong>Arnold Ras<\/strong>, en sy groot Cravenweek-stut,<strong> Cecil Parsons<\/strong>, het die veld vol gespeel, terwyl <strong>Kamohelo Moses<\/strong> en die res van die agterlyn aangedui het h\u00f3\u00e9 vernietigend hulle kan wees wanneer hulle toegelaat word om hul spelpatrone uit te voer.<\/p>\n<p>Moses het twee drie\u00eb tot sy naam gevoeg, terwyl heelagter, <strong>Tumi Khoza<\/strong>, ook weer deurlopend betrokke was vir Voortrekker. Dit is die derde jaar wat Khoza die eerstespantrui oor die kop trek.<\/p>\n<p>Fichardtpark-flank, <strong>Janel du Plessis<\/strong>, het nog een keer oor die doellyn gebeur vir &#8216;n troosdrie, maar die Bloemfonteiners sal die geleentheid moet benut om hul spel te verfyn by hierdie naweek se <strong>Danie Rossouw-rugbyweek <\/strong>in Witriver, voordat die Wesgrow-reeks weer in April hervat.<\/p>\n<p>Intussen moes Diamantveld sweet om in Kroonstad teen Trio deur te skraap.<\/p>\n<p>Nadat die tuisspan goed teruggeveg het om van agter te kom en Diamantveld se telling verby te steek, danksy &#8216;n pragdrie deur hul ster losskakel, <strong>Byron Biennas<\/strong>, moes die Diamonds staatmaak op die stewel van <strong>Charl Swanepoel,<\/strong> nadat <strong>Carel Viljoen<\/strong> se drie in die doodsnikke\u00a0 die spanne gelyk laat trek het, om naelskraaps met 29-27 te se\u00ebvier.<\/p>\n<p>Na hul sege oor Voortrekker in die eerste ronde van vanjaar se kompetisie, is die Diamonds van die vroe\u00eb aanspraakmakers op die Wesgrow-titel, met twee welverdiende seges reeds agter hul naam.<\/p>\n<p>Goudveld is die enigste ander span wat ook met twee oorwinnings kan spog na die afgelope naweek.<\/p>\n<p>Die Gouties het verlede week vir Fichardtpark geklop, en Saterdag het hulle vir nog &#8216;n span uit die Rosestad afgestof deur vir Jim Fouch\u00e9 met le\u00eb hande huistoe te stuur. Die eindtelling was 20-13 in die span van Welkom se guns.<\/p>\n<p>Witteberg het hul spiere gebult teen Sentraal, met losskakel <strong>Sydwell Sethi<\/strong> wat 21 punte kon aanteken in hul eensydige oorwinning van 51-8.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Voortrekker 33 (7) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Kamohelo Moses (2), Frederik Fourie, Kaneng Komane, Francois Maree. Doelskoppe: Christiaan van der Sandt (4). <strong>Ho\u00ebrskool <\/strong><strong>Fichardtpark 10 (5) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Zaine van Zyl, Janel du Plessis.<\/p>\n<p><strong>Goudveld-Ho\u00ebrskool 20 (3) &#8211; <\/strong>Drie\u00eb: Jan Coetzee, Hannes Fouche, Ru-Bran Kock. Doelskop: JM Rensburg. Strafdoel: Ruben Crous. <strong>Ho\u00ebrskool <\/strong><strong>Jim Fouch\u00e9 13 (6) &#8211;\u00a0<\/strong>Drie: Bendr\u00e9 Vermaak. Doelskop: Alldrick Johnson. Strafdoelle: Johnson, Christian Strydom.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Witteberg 51 (22) &#8211;\u00a0<\/strong>Drie\u00eb: Sydwell Sethi (3), Sakkie Brits, Lesego Mosikidi, Colin van der Merwe, Jacques van der Merwe, Tshepo Motloung, Kenyon Morat. Doelskoppe: Sethi (3), Motloung (2). <strong>Ho\u00ebrskool <\/strong><strong>Sentraal 8 (0) &#8211;\u00a0<\/strong>Drie: Steven Smith. Strafdoel: SJ Coetzee.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Diamantveld 29 (17) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: De Wet du Plooy, Jayden de Klerk, Kyle Taute, Simon Liversage, Carel Viljoen. Doelskoppe: Simon Liversage, Charl Swanepoel.<strong>\u00a0Ho\u00ebrskool Trio 27 (8) &#8211; <\/strong>Drie\u00eb: Strafdrie, Killian Kriek, Aaron Kriek, Byron Bienas. Doelskop: Bienas. Strafdoel: Biennas.<\/p>\n<p><strong>Ander tellings:<\/strong><\/p>\n<p><strong>o. 19 &#8211;\u00a0<\/strong>Voortrekker II 41, Fichardtpark II 14; Witteberg II 43, Sentraal II 19; Goudveld II 15, Jim Fouch\u00e9 II 12; Diamantveld II 41, Trio II 10; Diamantveld III 54, Trio III 0; Jim Fouch\u00e9 III 26, Goudveld III 12; Voortrekker III 70, Fichardtpark III 8; Witteberg III 47, Sentraal III 19.<\/p>\n<p><strong>o. 16 &#8211;\u00a0<\/strong>Voortrekker A 32, Fichardtpark A 17; Sentraal A 8, Witteberg A 7; Jim Fouch\u00e9 A 27, Goudveld A 26; Diamantveld A 31, Trio A 14; Diamantveld B 33, Trio B 0; Voortrekker B 50, Fichardtpark B 10; Sentraal B 26, Witteberg B 0.<\/p>\n<p><strong>o. 15 &#8211;\u00a0<\/strong>Voortrekker A 36, Fichardtpark A 0; Witteberg A 12, Sentraal A 0; Jim Fouch\u00e9 A 46, Goudveld A 0; Trio A 50, Diamantveld A 0; Trio B 48, Diamantveld B 0; Jim Fouch\u00e9 B 56, Goudveld B 5; Voortrekker B 32, Fichardtpark B 22; Sentraal B 34, Witteberg B 14.<\/p>\n<p><strong>o. 14 &#8211;\u00a0<\/strong>Voortrekker A 52, Fichardtpark A 7; Jim Fouch\u00e9 A 52, Goudveld A 5; Diamantveld A 42, Trio A 5; Diamantveld B 29, Trio B 0; Goudveld B 25, Jim Fouch\u00e9 B 5; Voortrekker B 29, Fichardtpark B 10; Witteberg B 19, Sentraal B 19.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Voortrekker Ho\u00ebrskool se eerstespan het Saterdag die bordjies verhang teen Ho\u00ebrskool Fichardtpark met &#8216;n oortuigende sege van 33-5, tuis in Bethlehem . Fichardtpark was verlede jaar gekroon as die o. 19 A-kampioen met &#8216;n onoorwonne rekord, maar die Trekkers het as algehele wenners van die reeks ge\u00ebindig. Nadat die Fichies die vorige slag in Bloemfontein [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":7,"featured_media":38443,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-38404","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38404","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/7"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=38404"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38404\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=38404"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=38404"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=38404"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}